Twee klein aardbewings wat die Lancashirekus van noordwes-Engeland en die nabygeleë stad van Blackpool vroeër vanjaar geskud het, was waarskynlik veroorsaak deur ‘n hidrouliese breking, of “fracking”.
Dit is ‘n omstrede skaliegasontginningstegniek wat algemeen gebruik word en nou ook deur die energiemaatskappy Cuadrilla Resources. Hulle het met ‘n eksperimentele booroperasie ‘n halwe kilometer van die episentrum in Maart begin.
Breking veroorsaak kommer oor die potensiële gesondheids-en omgewings-impak wat dit mag hê.
Kritici in sommige lande beskuldig energiemaatskappye dat hulle drinkwater met die gas en die chemikalieë besoedel en dit word in sommige lande en sommige state van die VSA verbied. Dit is Cuadrilla se eerste brekingsoperasie in die Verenigde Koninkryk.
Geoloë wys die vinger na Cuadrilla as die moontlike oorsaak van die aardbewing. In ‘n studie het hulle tot die gevolgtrekking gekom dat dit “hoogs waarskynlik” is dat die skudding veroorsaak is deur Cuadrilla se breking vanweë hoëdrukinspuiting van vloeistowwe in die rotse vir die vrystelling van skaliegas.
Maar die skudding was ‘n gelukskoot, lui die verslag, want die geologie van die streek is baie ongewoon om mee te begin.
Die seismoloog Brian Baptie van die Britse Geologiese Opname, wat nie betrokke was met die opstel van die verslag nie, sê hierdie is die eerste keer dat hidrouliese breking toon dat aardbewings daardeur veroorsaak kan word, maar dit is nie heeltemal verrassend nie.
Vloeistofinspuiting, verduidelik hy, skep klein splete in die rotse wat toelaat dat hulle meer maklik verby mekaar gly, of “smeer” hulle in ‘n sekere sin. In dié geval, het die verslag gesê, het dit plaasgevind naby ‘n reeds gespanne rotsspleet. Die vloeistof versprei oor ‘n tydperk van 10 uur na die inspuiting en het veroorsaak dat die skudding plaasvind.
‘n Aardbewing van 2,3 is op 1 April gevoel en ‘n 1.5-grootte aardbewing op 27 Mei. Cuadrilla het vrywillig hul boor- en brekingbedrywighede op 31 Mei opgeskort.
Dit is later weer hervat, maar intussen weer gestaak op die vooraand van ‘n konferensie oor breking in Londen.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.