VSA staak UNESCO-befondsing

Amerika het sy finansiële bystand aan Unesco teruggetrek uit protes teen die lidmaatskap wat aan die Palestynse owerheid toegeken is.

‘n Woordvoerder van die departement van buitelandse sake, Victoria Nuland sê die 60 miljoen dollar wat dié maand oorbetaal moes word, sal nie meer toegeken word nie.

Vroeër het die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali Halimeh, sy land se lidmaatskap tot die VN se kulturele en wetenskaplike liggaam, Unesco, verwelkom.

‘n Groot meerderheid lede het tot die Palesynse toelating ingestem. Halimeh sê Unesco het nog altyd sy steun aan Palestina toegesê op onderwys, wetenskaplike en tegnologiese gebiede.

Hy sê dit is veral verblydend, omdat Israel geruime tyd al lid van Unesco is, terwyl Palestina jare lank die voorreg ontneem is.

Александр Фильчаков Васильевич

Maak 'n opvolg-bydrae