Skokkende mishandeling by Britse Moslemskole

Die getalle is ysingwekkend. Oor die afgelope drie jaar, is meer as 400 klagtes ingedien by Britse plaaslike owerhede vir die mishandeling van kinders wat in die madrassa, of by ‘n Islamitiese skool studeer.

Van hierdie 400 klagtes, is net tien deur die howe hanteer, en ‘n skamele twee het gelei tot vervolgings.

Dit is waar dat lyfstraf wettig is in die Verenigde Koninkryk vir deeltydse onderwysinrigtings wat nie meer as twaalf ure per week les gee nie. Dit is die geval in Britse madrassas, waarvan ongeveer 2 000 nie amptelik geregistreer is nie, en sonder enige regulasie funksioneer. Dit sluit nie net fisiese geweld teen kinders in nie, maar ook in sommige gevalle seksuele mishandeling.

“Ons moet ‘n moniteringstelsel in plek kry om te verseker dat daar slegs een owerheid is wat oor hierdie skole aanegstel word, en nie fisiese en seksuele mishandeling duld nie,” sê Ghayasuddin Siddiqui, stigter van die Mosleminstituut.

Hy het gewaarsku teen die verspreiding van madrassas wat “onwettig” in garages oopmaak, en dus heeltemal buite die gesag van moskees en dus owerheidsregulering val. In totaal onderrig hierdie skole ten minste 250 000 studente in die Verenigde Koninkryk.

In 2008, het plaaslike owerhede 89 klagtes aangeteken. Die getal het gestyg tot 178 in 2010, en sedert die begin van hierdie jaar, is 146 klagtes ingedien. Hierdie syfers is verkry deur die BBC Radio deur die reg op vryheid van inligting, wat die publikasie van die amptelike data toelaat.

Die voorsitter van die Nasionale Raad van Moskees en imams, Shahid Mohammed Raza, het gesê dat hierdie syfers “baie ontstellende en skokkend” is. Die Moslemgemeenskap meen die Britse regering moet ingryp. Hulle bly onwillig om self hulle volgelinge tot orde te roep.

лобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae