Beste staatsamptenaar is glo Jeugliga-kader

Die ANC-jeugliga het Clifford Motsepe vir sy aanwysing as die beste Openbare Sektor-bestuurder in Suid-Afrika gelukgewens.

Motsepe is by die jaarlikse Black Business Quarterly (BBQ)-toekennings vir 2011 vereer. Kameraad Motsepe, ‘n Jeugliga-man en leier van die ANC in Limpopo is een van die beste, indien nie die beste nie, staatsamptenaar in die hele Suid-Afrika, sê die liga in ‘n persverklaring.

Oor die afgelope 3 jaar, het Motsepe 19 toekennings van uitnemendheid ontvang en al die staatsdepartemente en munisipaliteite wat hy gelei het, het skoon verslae gekry. Dit sluit in die Departement van Samewerkende Regering, nedersettings en Tradisionele Sake, waar hy tans as hoof van die departement dien.

Die ANC-jeugliga het gesê hy kom sy verpligtinge teenoor die mense van Suid-Afrika na.

Die liga het Motsepe geprys as een van hul eie, ‘n uitstaande staatsamptenaar en ‘n ​​ware kader van die ANC. Die ANC Jeugliga is trots op hulle lede, het die liga se verklaring afgesluit.

топкарго кидалы

Maak 'n opvolg-bydrae