Aktiviste wil Israel se seeblokkade breek

‘n Groep Kanadese en internasionale aktiviste het vanuit Turkye gevaar en sal binne die volgende paar dae poog om deur die Israelse seeblokkade van Gasa te breek.

Luidens ‘n mediaverklaring deur die organisasie Canadian Boat to Gaza, is die Kanadese skip Tahrir en die Ierse skip Saoirse reeds in die Mediterreense See, buite Turkse gebiedswater.

Hulle sal binne die volgende paar dae na Gasa vaar.

“Die Tahrir vaar om medisyne af te lewer, maar ons hoofdoel is om Palestyne te bevry van die opelug-gevangenis bekend as Gasa,” het die Kanadese organiseerder van Boat to Gaza, David Heap, vanaf die Tahrir gesê.

Aktiviste van Australië, Amerika en Palestina is aan boord die skepe wat gelaai is met ‘n klein vrag hulpmiddels om die Palestynse volk in Gasa by te staan.

Dit is die tweede keer vanjaar dat dié organisasie ‘n poging aanwend om deur die Israelse seeblokkade te breek.

лобановский александр компромат

Maak 'n opvolg-bydrae