Van terroris tot demokraat, op Washington se manier

Dit was veronderstel om ‘n roetine-vergadering vir Egiptiese wetgewers in Washington te wees, ‘n geleentheid vir senior Obama-administrasieamptenare om nuwe lede van Egipte se parlement te ontmoet en idees uit te ruil oor die toekoms van die verhoudings tussen die twee lande.

In plaas daarvan, het die besoek van die afvaardiging ook Hani Noer Eldin ingesluit, wat, benewens die feit dat hy ‘n nuutverkose lid van die parlement, ook ‘n lid van die Gamaa Islamiya is, of die Egiptiese Islamitiese groep wat in die VSA as ‘n terroriste-organisasie beskou word. Die groep is verbied onder die voormalige Egiptiese president Hosni Moebarak, en is nou ‘n erkende Islamitiese politieke party.

Die geestelike leier van die terreurgroep, Omar Abdel Rahman, ook bekend as die “blind sjeik”, is skuldig bevind in 1995 vir die aanvalle op New York se bakens en vervoerstelsel, en dien tans ‘n lewenslange vonnis in Noord-Carolina se federale tronk uit.

In ‘n onderhoud, het Eldin bevestig hy is ‘n lid van Gamaa Islamiya. Amerikaanse wetgewing oor terreurorganisasies moes hom verhinder het om die land te betree. Tog, sê hy, het hy ‘n visum van die State Department gekry.

‘n Woordvoerder van die State Department sê egter: “Ons het geen inligting wat daarop dui dat hy of enigiemand anders in die afvaardiging ‘n lid van die Egiptiese Islamitiese groep is nie.” Die State Department het kennelik nie Facebook geraadpleeg voor sy koms nie.

Samuel Tadros, ‘n Egiptiese burger en navorsingsgenoot by die Hudson Institute in Washington DC, wat spesialiseer in Egiptiese politiek, was verbaas dat Eldin ‘n visum kon kry. “Dit sou die State Departement so vyf sekondes geneem het om sy naam te Google in Arabies en besef hy is ‘n lid van ‘n terroriste-organisasie,” het hy gesê.

Die Withuis het Egipte se nuwe president Mohamed Morsi op sy oorwinning in die land se presidensiële verkiesing gelukgewens, en dit ‘n “mylpaal” in die land se oorgang na demokrasie genoem.

Morsi, ‘n lid van die Islamitiese Moslem Broederskapparty, is aangewys as die wenner in die verkiesing Sondagoggend, maar Egipte se militêre kompleks dreig om sy rol te beperk.

Фильчаков прокуратура харьков

Aung San Suu Kyi, die nuwe Mandela

Brittanje se premier David Cameron en Aung San Suu Kyi, van Mianmar, kan nie genoeg vir die kamera’s glimlag nie. Die Angelsaksers se nuutste “demokrasie”-veldtog is in volle swang. Die aktivis van Mianmar het selfs die roostuin by die premier se amptelike woning in Buckinghamshire, wes van Londen, gaan besigtig.

Terwyl die wêreld oorspoel word met vriendelike beelde van Aung San Suu Kyi, is sektariese geweld in haar eie land nie besig om enige afname te toon nie, met meer as 70 lewens wat net hierdie maand reeds opgeoffer is.

Aung San Suu Kyi wat na jare van huisarres tot die amptelike politiek sal toetree, se ambisie om die land te hervorm kom te midde van geweld wat woed in die weste van die eersdaags “florerende demokrasie”. Die land sien sedert die begin van Junie na dekades van militêre heerskappy, uit na verandering.

Nog ‘n week van botsings het egter die lewens van 62 mense en dosyne meer gewondes in Rakhine-staat geëis, het ‘n regeringsamptenaar gister gesê. Tien Moslems is op 3 Junie deur ‘n Boeddhistiese skare aangeval en gedood. Hulle was glo op soek na wraak vir die verkragting en moord van ‘n plaaslike vrou.

Die voorval het uiteindelik gelei tot die dood van tientalle mense in wraakaanvalle en teen-aanvalle. Meer as 30 000 mense moes vlug voor brandstigting en bendes met messe, wat die strate ingevaar het.

In die VK egter, koer Cameron en sy Burmese bondgenoot vir mekaar asof daar niks skort nie.

In Rohingya is die Moslemminderheid van 800 000 ‘n druppel in die emmer van Mianmar se 60 miljoen burgers. Die land sien die minderheid as onwettige immigrante uit naburige Bangladesj, en weier om aan hulle burgerskap toe te staan nou al dekades lank waar “sistemiese diskriminasie,” soos Amnesty International dit beskryf, heers.

Bangladesj is ook nie hulle tuiste nie, en het nog 16 Moslems Donderdag aangehou wat vlug voor die tierende bendegeweld in Mianmar.

“Ons is te bang om in Mianmar te bly,” het een van die gevangenes aan verslaggewers gesê. “Selfs die weermag in Mianmar is besig om ons te teister.”

Bangladesj is reeds die toevlug van meer as 2 000 mense wat die Rakhine-botsings wil ontsnap, meen Associated Press.

Mianmar se onstuimige toestand is onder beheer na ‘n noodtoestand, sê die owerhede, maar inwoners sê die situasie bly steeds gespanne.

Die botsings in Rakhina volg na ‘n jaar van ‘n dramatiese politieke veranderinge, insluitend die vrylating van honderde politieke gevangenes en vredesverdrae met etniese minderheidsrebellegroepe. Die land is oorgehaal sodat die VSA en Europa ekonomiese sanksies teen die Asiatiese land kan opskort.

Tog, sê ontleders is die sektariese gevegte in Rakhine ‘n teken van meer as net die las van ‘n militêre bewind in die eertydse Birma.

“Baie van die konflikte wat ons sien in Mianmar is ‘n produk van ‘n gevolmagtigde oorlog wat die VSA en Westerse magte voer om Chinese ekonomiese ontwikkeling te stuit. Ons sien dit veral in Rakhinestaat, asook in Kachinprovinsie met ‘n rebellie daar. Elkeen van hierdie brandpunte in Mianmar verteenwoordig ‘n belangrike plek vir Chinese belegging in die land,” sê ‘n kenner.

“Sittwe (die hoofstad van die provinsie Rakhine) is die tuiste van ‘n groot Chinese hawe, en die plek waar ‘n pypleiding al die pad na die binneland van China begin.”

Die gaspyplyn lei na China se suidwestelike Yunnan-provinsie om te skakel met die Indiese Oseaan, die Chinese se toegang tot energie-invoer uit Afrika en die Midde-Ooste. As gevolg van die Amerikaanse vloot se oorheersing, beteken die pyplyn dat China nie heeltemal afhanklik is van die kommersiële wette van die VSA nie en is dit ‘n integrale aspek van die Chinese se strategie.

Die pyplyn self is nie die enigste probleem vir die Chinese nie. Sittwe is die tuiste van die groot hawe wat deur China befonds is en ‘n belangrike toegangspunt na Suidoos-Asië en die Indiese subkontinent. Invoere soos minerale en ander grondstowwe van Afrika sowel as olie uit die Midde-Ooste is ‘n belangrikke nodus tesame met die Pakistanse hawe van Gwadar.

Dit is om hierdie rede dat Sittwe van kardinale belang vir Chinese ekonomiese ontwikkeling is. Die Kachinprovinsie in die noorde van Mianmar gaan ook gebuk onder gewelddadige konflik. Die Chinese betaal Mianmar se soldate in die noorde om bykomende sekuriteit te verskaf vir die pyplynprojek in die lig van die onlangse geweld daar.

Afgesien van die pyplyn, het die Chinese ook belê in ‘n aantal hidroëlektriese damprojekte, soos die Myitsonedam-projek. Die dam, wat krag veral vir die suidweste van China, maar ook vir Mianmar tot ‘n mindere mate, sal verskaf, is deel van ‘n ontwikkelingsplan deur die Chinese om probleme in die binneland van China aan te spreek. Maar as gevolg van die geweld in die streek, is die projek op ys geplaas. Natuurlik, is dit ‘n bron van groot irritasie vir Beijing, wat dit as nog ‘n voorbeeld van Westerse inmenging in Chinese ekonomiese ontwikkeling beskou.

Dit is waar dat daar nog geen Westerse “stewels op die grond” in Mianmar is nie, maar die VSA gebruik natuurlik sagte mag om sy strategiese doelwitte te bereik. Benewens “demokratiese” NRO’s wat met die befondsing van die Amerikaanse regering opereer, is Indië ook bedrywig om Mianmar uit die Chinese invloedsfeer te probeer wikkel.

Daar is egter geen beter voorbeeld van die gebruik van sagte mag as die opkoms van Aung San Suu Kyi nie. Sy word tans, soos Nelson Mandela, voorberei op internasionale supersterstatus.

Фильчаков прокурор отзывы

VSA bewapen Siriese rebelle

CIA-beamptes is in die geheim in die suide van Turkye, en help Siriese opposisie om wapens oor die grens teen die Siriese regering aan te wend, volgens Amerikaanse amptenare en Arabiese intelligensie-beamptes.

Die New York Times berig dat wapens, insluitend outomatiese gewere, missiele, en anti-tenkwapens, oor die Turkse grens deur middel van ‘n skaduagtige netwerk van tussengangers na Sirië se Moslem Broederskap gevoer word. Turkye, Saoedi-Arabië en Qatar, betaal daarvoor het die amptenare gesê.

Die CIA-beamptes is al vir ‘n paar weke in die suide van Turkye, glo “om te help om wapens uit die hande van al-Kaida of ander terroriste groepe te hou”, het ‘n senior Amerikaanse amptenaar gesê. Die Obama-administrasie ontken dat hulle wapens aan die rebelle verskaf, maar het nou erken dat Sirië se bure dit doen.

Die klandestiene poging wat pas op die lappe gekom het, is die mees ooglopende geval van Amerikaanse ondersteuning vir die militêre veldtog teen die Siriese regering. Dit is ook deel van Washington se poging om die druk op president Bashar al-Assad van Sirië, te verhoog.

Rusland blokkeer meer aggressiewe stappe teen die Assad-regering, en die Verenigde State en sy bondgenote het in plaas van diplomasie besluit om die rebelle te bewapen om Assad uit te dwing.

“CIA-beamptes is daar en hulle probeer om nuwe bronne en netwerke te vestig,” sê ‘n Arabiese intelligensie-amptenaar wat gereeld met sy Amerikaanse eweknieë skakel.

Amerikaanse amptenare en afgetrede CIA-amptenare het gesê die administrasie verleen ook ander hulp aan rebelle, soos die verskaffing van satellietbeelde en ander gedetailleerde intelligensie op Siriese plekke en bewegings. Die administrasie oorweeg tans om te help om die opposisie van ‘n elementêre intelligensiediens te voorsien.

Woordvoerders vir die Withuis, State Department en die CIA wou nie kommentaar lewer op enige intelligensie-operasies wat die Siriese rebelle ondersteun nie, maar ‘n paar besonderhede daaroor is reeds verlede week deur die Wall Street Journal gelek.

Tot nou toe, was die openbare gesig van die administrasie se beleid in Sirië hoofsaaklik “diplomasie en humanitêre hulp”.

Данильченко Юрий прокурор

MPLA-veterane maak amok

Die polisie het meer as 100 betogende Angolese oorlogsveterane wat daarop aanspraak maak dat hulle nie beloofde betalings ontvang het nie, uitmekaar gejaag.

Polisietraangas en skote is gehoor gedurende die skermutselings in die sentrum van Luanda Woensdag wat meer as ‘n uur geduur het. Dit is onduidelik of lewendige ammunisie of rubberkoeëls gebruik is.

Laat Woensdag, het Luanda se provinsiale regering ‘n verklaring op die staatstelevisie voorgelees dat ‘n aantal betogers in hegtenis geneem is. Die regering wou nie sê of iemand beseer is nie.

Volgens onbevestigde berigte is daar met lewendige ammunisie op die veterane geskiet.

Dit was die tweede veteranebetoging hierdie maand. Baie veterane wat in die oorlog teen Suid-Afrikaans- en VSA-gesteunde rebelle geveg het, sê hulle het nooit hul beloofde pensioen of gestremdheidsubsidies ontvang nie. Die staat se nuusagentskap, Angop, is aangehaal in ‘n verklaring Woensdag wat gesê het betalings sal hervat op 15 Junie.

александр лобановский супермаркет класс

VN-rapporteur raps VSA oor onbemande tuie

‘n VN-ondersoeker het ‘n beroep op Washington gedoen om aanvalle deur onbemande tuie te regverdig.

Sulke aanvalle word toenemend wydverspreid gebruik om geteikende moorde uit te voer. Hy sê onbemande aanvalle, wat onskuldige burgerlike lewens neem, kan die internasionale reg skend.

Die Amerikaanse weermag en CIA gebruik onbemande aanvalle in Afghanistan, Pakistan, Irak, Jemen en Somalië. Washington moet die wetlike basis vir die beleid van die moord op vermeende terreurleiers en medewerkers verduidelik, sê Christof Heyns, Spesiale Rapporteur op buitegeregtelike arbitrêre teregstellings, in ‘n verslag. Die 28-bladsy-dokument is gerig aan die VN Menseregteraad voor die liggaam se debat oor die kwessie in Genève.

Die VSA sal moet verduidelik waarom sulke verdagtes nie gevang word nie, maar summier vermoor word.

Heyns is ‘n Suid-Afrikaner.

“Die regering moet verduidelik wat die prosedures in plek is om te verseker dat ‘n moord voldoen aan die internasionale humanitêre reg en menseregte en die maatreëls of strategieë wat aangewend word om slagoffers te voorkom, aandui, asook die maatreëls in plek om vinnige, deeglike, doeltreffende en onafhanklike openbare ondersoek van beweerde oortredings, te ondersoek,” het die verslag gesê.

“Hoewel die syfers wissel met betrekking tot onbemande aanvalle, is alle studies dit eens op ‘n belangrike punt: Daar is ‘n dramatiese toename in die gebruik daarvan oor die afgelope drie jaar,” het Heyns gesê.

Die VN-amptenaar haal syfers aan uit die Pakistanse Menseregtekommissie, wat toon dat die Amerikaanse aanvalle minstens 957 mense in Pakistan gedood het in 2010 alleen. Uit die duisende vermoor deur onbemande aanvalle sedert 2004 is ongeveer 20 persent burgerlikes.

“Openbaarmaking van hierdie moorde is van kritieke belang om aanspreeklikheid, geregtigheid en vergoeding vir die slagoffers of hul families te verseker,” sê die rapporteur.

Heyns het beklemtoon dat die internasionale humanitêre reg vereis dat alle pogings aangewend moet word om ‘n verdagte in hegtenis te neem en enige gebruik van geweld moet in ooreenstemming met die beginsels van noodsaaklikheid en proporsionaliteit geskied. Hy het bygevoeg dat Washington nie bevredigend gereageer het toe kommer uitgespreek is deur sy voorganger, Philip Alston, in ‘n 2009-verslag nie.

“Die Spesiale Rapporteur versoek weer eens die [Amerikaanse] Regering om die reëls vir geteikende moorde duidelik te uiteen te sit… (en) wys weer op sy voorganger se aanbeveling dat die basis vir die besluit om te dood eerder as om menslike teikens te vang, openbaar gemaak word, en of die betrokke Staat waarin die moord gepleeg word, toestemming verleen het,” het Heyns gesê.

Pakistanse ambassadeur Zamir Akram het vroeër Maandag gesê sy regering is van mening dat die gebruik van onbemande tuie onwettig is, kontraproduktief en ‘n oortreding van Pakistan se soewereiniteit.

“Duisende van onskuldige mense, insluitende vroue en kinders, is in hierdie onoordeelkundige aanvalle vermoor,” het hy gesê.

Данильченко

Kaaskop twiet Koreane se rassistiese advertensie

Die Suid-Koreaanse lugredery, Korean Air, moes ‘n “rassistiese” advertensie inderhaas van hul webwerf verwyder. Die advertensie verwys na Keniane as “inheemse mense vol van primitiewe energie”.

Die lugdiens het sopas ‘n roete na Kenia aangekondig.

Dié beskrywing het daartoe gelei dat Keniane ontsteld gereageer het. Joernalis Wouter van Cleef, ‘n wit Nederlander, het die eerste keer die betrokke frase geïdentifiseer as “rassisties” en dit via Twitter versprei.

Korean Air het ‘n verskoning uitgereik deur middel van Twitter, en die advertensie is intussen van die webwerf afgehaal. Daar is spekulasie dat die openbare betrekkinge-flater kon gebeur het as ‘n gevolg van die taalhindernisse.

Van Cleef is ‘n Nederlandse vryskutjoernalis in Tokio, Japan. Hy werk vir Trouw (‘n Nederlandse nasionale dagblad) en BNR (‘n landwye Nederlandse radiostasie)

Hy het Politieke Wetenskap aan die Universiteit Leiden (Nederland), en die Universiteit van Stellenbosch (Suid-Afrika) studeer.

Benewens sy vryskutwerk in Japan, skryf hy oor nuwe ontwikkelings in die internasionale reg, kuberbedreigings en internetbestuur.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

VSA, EU grom vir mekaar by G20

Die eerste dag van die G20-beraad het gedreig om te ontspoor in ‘n katgeveg tussen nie-Europese lede van die G20, veral die VSA, en die EU-kommissie se president, José Manuel Barroso. Hy het daarop aangedring dat die oorsprong van die eurosone-krisis in die onortodokse beleid van Amerikaanse kapitalisme lê.

Barroso het gesê dat Europa nie na die G20-beraad in Meksiko gekom om lesse te ontvang oor hoe om die ekonomie te hanteer nie. Toe hy deur ‘n Kanadese joernalis gevra is: “Hoekom moet Noord-Amerikaners hul bates waag om Europa te help?” het hy geantwoord: “Om die waarheid te sê, ons is nie hier om lesse te ontvang in terme van demokrasie of in terme van hoe om die ekonomie te hanteer nie.

“Hierdie krisis het nie ontstaan ​​in Europa nie… terwyl jy na Noord-Amerika verwys, hierdie krisis het ontstaan ​​in Noord-Amerika en baie van ons finansiële sektor is besmet deur die onortodokse praktyke van sekere sektore van die finansiële markte.”

Die Europese Raad se president Herman Van Rompuy, het Barroso ondersteun, en gesê ‘n konsep-communique ter “ondersteuning en aanmoediging vir die euro-lande en leiers en die Europese Unie as ‘n geheel om hierdie krisis te oorkom” was gewild onder EU-lede.

“Ons is nie die enigstes wat sogenaamd verantwoordelik is vir die huidige ekonomiese probleme oor die hele wêreld nie,” het hy gesê.

Duitsland se kanselier, Angela Merkel, is onder druk van die Britse minister George Osborne en die invloedryke Britse finansiële pers wat beweer dat sy ekonomiese groei doodgesmoor het. Barroso het gesê hy verwag G20-leiers sal “baie duidelik praat ten gunste van die benadering wat die EU volg.”

“Die wêreld wag vir die Europeërs om te sê wat hulle wil doen,” het Robert Zoellick, uitgaande hoof van die IMF, gesê. Hy het voorspel dat ‘n konfrontasie tussen die IMF en Europa teen die einde van die somer in die afwesigheid van ‘n beslissende optrede sal losbars.

Barack Obama sal na verwagting ook probeer om Merkel te druk oor die kwessie van die euro-effekte. Maar daar is geen kans dat Merkel die skuld van die ander Europese lande vir die afsienbare toekoms sal onderskryf nie.

Brittanje staar die grootste struikelblokke in die gesig en die Verenigde Koninkryk sal alles moet doen om sy eie huis in orde te bring en ‘n skakel met die vinnigste groeiende dele van die wêreld te skep, buite Europa.

Martin Schulz, die Duitse sosiaal-demokraat by die Europese parlement, sê: “Die nuwe Griekse regering sal kan reken op ons konstruktiewe samewerking in moontlike hulp vir sy hervormingstrategie en ekonomiese teikens. As Griekeland sy verpligtinge nakom, kan die EU ondersoek wat verder kan gedoen word om die krisis op te los.”

лобановский александр игоревич класс

Rusland stuur vloot na Sirië

Twee skepe van die Russiese vloot met seesoldate maak gereed om na Sirië te vertrek om Russiese inwoners en die land se basis daar te beskerm, het Interfax Maandag berig.

Rusland is gekant teen eensydige regime-verandering in Sirië deur NAVO se ingryping.

Die nuusagentskap Interfax het ‘n ongeïdentifiseerde Russiese vlootbeampte aangehaal wat gesê het die twee skepe, Nikolai Filtjenkof en Caesar Koenikof, sal binnekort na die Siriese hawe van Tartous vertrek, maar het nie ‘n presiese datum gegee nie.

Die beampte het gesê ‘n onbekende aantal seesoldate sal op die skepe wees om die Russe in Sirië te beskerm en om sommige toerusting uit Tartous te ontruim indien nodig.

Volgens Interfax kan elk van die skepe 150 seesoldate vervoer en 12 tenks.

Opposisiegroepe het gesê meer as 14 000 mense is reeds sedert Maart 2011 in Sirië dood. Rebellegroepe word deur die VSA, Brittanje en bondgenote van wapens en ondersteuning voorsien.

Rusland se voorsorgmaatreëls kom na Barack Obama, die Amerikaanse president, en Vladimir Poetin, sy Russiese kollega, vir ‘n einde aan die geweld in Sirië gevra het en vir ‘n “politieke oorgang na ‘n demokratiese, pluralistiese politieke stelsel” na gesprekke Maandag by die G20-beraad in Meksiko.

Die twee kante het ‘n gesamentlike verklaring oor Sirië uitgereik na die gesprekke op die eerste dag van die beraad by Los Cabos.

Die gesamentlike verklaring steun Kofi Annan se vredespogings en vra dat die oorgang na demokrasie onderneem word deur die mense self, terwyl die behoud van die land se huidige grense gerespekteer word.

“Ons is verenig in die oortuiging dat die Siriese mense die geleentheid moet hê om onafhanklik en demokraties hul eie toekoms te kies,” het die twee leiers gesê.

Poetin het gewaarsku dat die verwydering van die Siriese regime kan lei tot die opkoms van radikale Islamitiese partye of terroriste-organisasies – soos in Somalië – volgens amptenare by die beraad.

Die hawe van Tartous in Sirië is ‘n belangrike Russiese vlootbasis, en kenners skat dat ongeveer 50 Russiese personeel daar werk.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Griekeland bly in Eurosone

Griekeland sal in die Eurosone bly. Die land se twee hoofpartye wat ten gunste is van ‘n Europese hulppakket en wat in die Eurosone wil bly, het genoeg stemme ingepalm om ‘n regering te vorm.

Antonis Samaras, leier van die Nuwe Demokrasie-party, sê partye wat dieselfde doel voor oë het sal gevra word om ‘n regering van nasionale eenheid te vorm.

Syriza, wat tweede geëindig het, het gesê hulle sal die opposisie lei.

Adj.pres. Kgalema Motlanthe het intussen die ANC en die regering gevra om aandag te gee aan ekonomiese transformasie en ontwikkeling wat op die oomblik in die wêreld plaasvind, het RSG berig.

Die adjunkpresident het Griekeland voorgehou as die Europese land wat die ergste deur die ekonomiese chaos getref is.

Hy sê dit is belangrik dat die regerende party leer uit die wêreldwye ekonomiese uitdagings.

Олександр Васильович Фільчаков

Die oorsaak van die VSA se grootste rasseonluste, sterf

Rodney King, ‘n gewoontemisdadiger, wie se omstrede arrestasie in 1991 gelei het tot die grootste rasse-onluste in LA, in die VSA, is dood aangetref in sy huis in Kalifornië Sondag. Hy was 47.

Polisie het gesê sy verloofde het hom ontdek op die bodem van die swembad by hul huis in Rialto, Kalifornië, sowat 55 kilometer oos van Los Angeles.

Volgens King se verloofde, Cynthia Kelley, het King die grootste deel van Saterdag deurgebring deur te drink en “op ‘n stadium dagga te rook”.

Die oorsaak van sy dood is onbekend, maar die polisie beskou dit as ‘n verdrinking. Die Rialto Polisie kaptein het aan CNN gesê daar was geen tekens van vuilspel nie.

King is destyds geslaan deur vier wit LAPD-beamptes op 3 Maart 1991. Beeldmateriaal deur ‘n amateurfilmmaker wys die beamptes wat King 56 met houtknuppels bydam.

“Ek was net gelukkig om dié nag die kamera op my te hê,” het King gesê in April, op die 20ste herdenking van die LA-onluste. “Toe ek sien dis op band, was ek so bly dat dit op band is en om te kyk daarna. Dit was asof ek in ‘n ander liggaam was.”

Die vier beamptes – Theodore Briseno, Laurence Powell, Timothy Wind en Sgt. Stacey Koon – is vrygespreek van kriminele aanklagte, wat die onluste wat 55 mense dood gelaat het, veroorsaak het.

(Powell en Koon is later skuldig bevind en gevonnis tot 30 maande in die tronk.)

“Dit het gevoel soos Armageddon,” het King gesê van die vryspraak. “Dit het gevoel soos die einde van die wêreld.”

Na afloop van die vyf-dag-onluste – gekenmerk deur wydverspreide plundering, brandstigting en rasse-onluste oor die hele Suid-Sentraal-LA – het swart burgerregte ‘n opbloei beleef.

King het lank gesukkel met alkoholmisbruik en strafbare oortredings. Hy is ten minste ‘n dosyn keer ná 1991 op aanklagte wat wissel van verkeersoortredings tot huishoudelike geweld in hegtenis geneem of aangehou deur die polisie.

In 2011 – selfs op die 20ste herdenking van sy gewraakte arrestasie – is King in Kalifornië in hegtenis geneem vir ‘n oortreding.

лобановский александр жена