Clinton verkoop ‘Oorlog teen Terreur’ aan Afrika

Afrika, die wêreld se stowwerige agterplaas, is die jongste afsetgebied vir konflik. Alhoewel Hillary Clinton sê sy is hier om demokratiese instellings te versterk, vertel haar reisplan ‘n ander storie. Clinton sal tien dae deur Afrika toer om Amerika se gevolmagtigde oorlog teen terrorisme in Afrika te ondersteun.

Sy het eerste in Senegal aangedoen, Amerika se beste vriend in die Franssprekende wêreld, om nuutverkose president Macky Sall te gaan gelukwens.

Daarna sal sy in Suid-Soedan, Oeganda, Kenia, Malawi, Suid-Afrika en Ghana, aandoen, almal op die voorpunt van die stryd teen Moslemterreur.

Die Amerikaners sê hulle soek “verantwoordelike vennote vir ontwikkeling”, ‘n bedekte maar onmiskenbare waarskuwing aan Afrika-leiers om hul verhouding met China te heroorweeg. 

Soos die Washington Post in Junie berig het, het Amerika se geheime intelligensie-operasies in Afrika snel toegeneem. ‘n Netwerk van klein, ongemerkte vliegtuie monitor reeds militante organisasies in Mali, Nigerië, Somalië en Oeganda.

Sommige amptenare van Clinton se departement het egter hul voorbehoude oor die militarisering van die Amerikaanse buitelandse beleid op die vasteland uitgespreek, sê die verslaggewer Craig Whitlock in sy artikel. “Hulle het aangevoer dat die meeste terroristeselle in Afrika besig is om plaaslike doelwitte, nie globale nie, na te streef en dit hou nie ‘n direkte bedreiging vir die Verenigde State in nie.”

Die potensiaal vir ‘n gewilde teenreaksie teen die VSA is daar soos in die Midde-Ooste en erger nog, dit sal die potensiaal vir geweld in Afrika verhoog. Grense is reeds wankelrig, en eise en aansprake neem oral toe soos mededinging dit toelaat.

Die Los Angeles Times van 29 Julie, het ook intussen ‘n insiggewende berig oor Amerika se rol in die Somaliese konflik gepubliseer. Ná die Black Hawk-fiasco, het Washington besluit om byna alles anders te doen, en verskaf toerusting en opleiding vir duisende swart soldate om oorlog te voer teen die Shabaab, ‘n sogenaamde Al Kaida-bondgenoot.

Amptelik veg die troepe onder die vaandel van die Afrika-Unie. Maar in der waarheid is die 15.000 soldate uit vyf Afrika-lande grootliks ‘n skepping van die State Department en die Pentagon, wat opgelei word deur die Amerikaanse regering en afgetrede militêre personeel wat aangewend word deur privaatkontrakteurs.

Die Afrika-Unie se ingryping in Somalië is ‘n Afrika-oplossing vir ‘n Afrika-probleem, maar met Amerikaanse steun. Oeganda en Kenia het die grootste deel van die troepe in Somalië voorsien wat die VSA ‘n nuwe verleentheid bespaar het. Afrika is egter goed geskool in anti-Amerikaanse retoriek wat binnekort goed uitgebuit sal word.

Clinton se besoek aan Nairobi en Kampala val saam met gewapende mans wat ‘n bekende komediant wat gekskeer met Al-Kaida se insurgente in die Somaliese hoofstad Mogadisjoe, doodgeskiet het.

Abdi Jeylani Malaq Marshale, in sy laat dertigs of vroeë veertigerjare, is Dinsdag doodgeskiet minute nadat hy Kulmiye-radiostasie, waar hy gewerk het as produsent en gewilde uitsaaier, verlaat het. Die polisie woordvoerder Mohamed Gaal, sê: “Ongelukkig het die aanvallers ontsnap.”

Clinton het glo ‘n persoonlike ontmoeting met Nelson Mandela in Qunu gereël, en sal John Atta Mills se begrafnis in Ghana bywoon. Wat sy met die voormalige Suid-Afrikaanse president wil bespreek, is nie duidelik nie, want klaarblyklik is Madiba se verstand nie meer te helder nie, om dit sagkens te stel.

‘n Fotosessie om Amerika se verbintenis tot pan-Afrikanisme te verkoop? Hou hierdie spasie dop.

 

topcargo развод

Gierige Britte verwelkom Malema

Julius Malema, voormalige leier van die ANC-jeugliga, glo dalk boere moet doodgemaak word, maar nie omdat hulle wit is nie. Vir wit Britte het hy baie tyd. Hy is baie vriendelik in Londen ontvang met aansienlike mediadekking. Hy het selfs sy ontvangs daar as “baie positief” beskryf.

Die Britte het betaal, sowat R255, om hom te hoor praat by die Royal Overseas League House Dinsdagaand, te midde van die grootste sportbyeenkoms ter wêreld in dieselfde stad.

Malema het tydens ‘n TV-onderhoud op Sky News selfs die Suid-Afrikaanse Olimpiese span se rassesamestelling verdedig om Britse beleggers te beïndruk met sy eie voorliefde vir “nie-rassigheid”.

Dat hy swartes tot die uitwissing van Afrikaners aanhits, was skynbaar nie ‘n probleem vir die Britte nie. Hy toer saam met Floyd Shivambu, sy voormalige ANC-jeugligawoordvoerder, deur Londen, om beleggers te oorreed om in Suid-Afrika te belê. 

‘n Wit weldoener van Kaapstad het vir Malema se reis betaal. Die minister van sport, Fikile Mbalula, is glo saam met Shivambu in die geselskap van swaargewig rykes.

Die onderhoudvoerder van Sky het die stelling gemaak dat daar min “swart gesigte” in die Suid-Afrikaanse span is, gegewe die demografie.

Malema het egter die spankeuse verdedig. “Ons is ‘n nie-rassige land en almal in die Suid-Afrikaanse span het gekwalifiseer om deel te wees van die span en kan trots wees om die vlag te dra. Ons ondersteun hulle. Dit gaan nie oor velkleur nie,” het hy gesê.

Alhoewel dit vir Malema nie oor “velkleur” gaan nie, gaan dit beslis oor grond. Malema het grondonteiening sonder vergoeding weer verdedig gesê en “wette is nodig om dit moontlik te maak”. Die Grondwet maak egter reeds voorsiening vir onteiening sonder vergoeding.

Hy het gesê hy is deur Britse beleggers verwelkom. “Sodra ons met hulle praat, besef hulle dit wat hulle oor ons in die koerante lees en wat ons hulle sê, is twee verskillende goed.

“Ons vra nie om ‘n totale verbod op privaatbeleggings nie. Ons bring die minerale na die tafel, jy bring die geld en dan deel ons die hulpbronne.”

Malema het vroeër tydens ‘n onderhoud op BBC gesê sy skorsing uit die ANC sal “outomaties” verval as pres. Jacob Zuma in Desember sy ANC-presidentskap prysgee.

Александр Фильчаков прокурор

Pragtige eindpoging van Le Clos

Chad le Clos het Suid-Afrika se tweede goue medalje by die Olimpiese Spele in Londen gewen. Le Clos het die 200 meter vlinderslag in ‘n tyd van 1 minuut en 52.95 sekondes afgelê en die wêreldkampioen, Michael Phelps van Amerika moes met die tweede plek tevrede wees.

Phelps is tans die suksesvolste Olimpiese swemmer tot nog toe, met 19 medaljes. Le Clos, die Statebond-kampioen in dié nommer en die 400 m-individuele wisselslag, was slegs negende op die wêreldranglys.

Le Clos se eindpoging was skitterend en ‘n prentjie van selfvolharding. Die swemmer het sy ritme behou en voordeel gewen toe Phelps te diep in die water gesak het naby die einde.

Cameron van der Burgh het Sondag die land se eerste goue medalje in die 100 meter borsslag gewen. Die prestasies is des te meer besonders aangesien wit swemmers deurentyd probleme ondervind het met kwota’s tuis.

Ná net vier dae in Londen, het Suid-Afrika twee goue medaljes ingepalm. Terwyl die swart Olimpiese bestuurspan van Suid-Afrika jubel, was daar tweets van swart Suid-Afrikaners wat sê hulle wil nie wittes omhels vir hulle prestasies nie, en sal wag tot Caster Semenya die brons huistoe bring.

Die land se tweede goue medalje het Suid-Afrika tot 10de op die medalje-tabel laat opskuif.

Le Clos het gisteraand in baan 5 weggespring, langs Phelps in baan 6 en die Japanees Takeshi Matsuda in baan 4. Hulle was as die groot gunstelinge beskou.

Die Amerikaanse Olimpiese Komitee het hom intussen gedistansieer van uitlatings van ‘n Amerikaanse swemafrigter dat die Sjinese gouemedalje-wenner, Ye Shiwen, verbode middels kan gebruik.

Die komitee sê die afrigter, John Leonard is nie deel van die Amerikaanse afvaardiging nie. Sjina is woedend oor Leonard se opmerking dat die meisie se rekord Saterdag in die 400 meter wisselslag onmoontlik en ontstellend is.

данильченко юрій Харків

Mormone stam glo af van Israeliete

Die Amerikaanse Republikeinse presidensiële kandidaat probeer gewoonlik om die betekenis van sy Mormoonse geloof effens te onderspeel. Maar omdat Mitt Romney se godsdiens ‘n las vir baie Amerikaanse evangeliese sowel as ander toegewyde Christene is (net die helfte van alle Amerikaners glo Mormone is Christene), kan dit ‘n seën wees as dit by die Jode kom.

“Mormone sien hulself as hedendaagse Israeliete en erfgename van die beloftes aan Abraham, met ‘n natuurlike affiniteit vir die Jode,” sê Mark Paredes, ‘n Mormoon van Michigan.

“Omdat hulle ‘n klein gemeenskap van buitestaanders is, is hulle oor die algemeen bondgenote van die Jode,” sê Jonny Daniels, ‘n Republikeinse strateeg en vriend van Glenn Beck. “Hulle kan met ons op ‘n manier klaarkom wat ander Christene nie kan nie.”

Vir buitestanders, lyk die Boek van Mormoon na ‘n radikale revisionistiese teks met die Tuin van Eden geleë in Missouri en Jesus wat die Evangelie na Indiane bring ná sy opstanding. Maar hulle beskryf hulself as ‘n “restaurasie” geloof wat deur die bemiddeling van Joseph Smith, Christendom na sy outentieke wortels terugneem, een wat nie deur die Griekse filosofie en ander “onheilighede” besoedel is nie.

Mormone identifiseer hulself as afstammelinge van die Israelitiese stamme van Efraim en Menashe. Die ikoniese Salt Lake-tempel het ‘n binneste heiligdom wat slegs ‘n hoë priester kan betree, soos die ou Tempel in Jerusalem.

Mormone verwys ook na die nie-lede as heidene.

Utah se Republikeinse senator, Orrin Hatch, dra ‘n mezuzah om sy nek en sê dikwels hy voel “jammer” dat hy nie ‘n Jood gebore is nie. “Mormone glo die Joodse volk is die uitverkore volk, net soos die Ou Testament sê,” het hy gesê. “Enigiets wat ek kan doen vir die Joodse volk, sal ek doen.”

Die Amerikaanse State Department verskil van Romney se stelling dat Jerusalem die hoofstad van Israel is. Die Obama-administrasie se standpunt is dat die kwessie van ‘n hoofstad slegs deur onderhandeling bygelê kan word.

Данильченео

Romney in die sop oor ‘suksesvolle Joodse kultuur’

Mitt Romney, Amerikaanse presidensiële kandidaat, het Joodse skenkers Maandag vertel dat hul kultuur deel is van wat hulle ekonomies suksesvol maak, in teenstelling met dié van die Palestyne. Woedende Palestynse leiers het sy kommentaar rassisties en uit voeling genoem.

”As jy hier kom en jy sien die BBP per capita, byvoorbeeld, in Israel wat sowat $21,000 dollar is, en vergelyk dit met die BBP per capita in die gebiede wat bestuur word deur die Palestynse Owerheid, wat meer soos $10,000 per capita is, sien jy hoe dramaties die skrille kontras in ekonomiese vitaliteit is,” het die Republikeinse presidensiële kandidaat gesê aan sowat 40 welgestelde skenkers by die luukse King David Hotel.

Die reaksie van die Palestynse leiers op Romney se kommentaar was vinnig en skerp.

”Wat maak hierdie man hier?” het Saeb Erekat, ‘n top-Palestynse amptenaar gevra. ”Gister het hy onderhandelinge vernietig deur te sê: Jerusalem is die hoofstad van Israel, en vandag sê hy Israeliese kultuur is meer gevorderd as Palestynse kultuur. Is dit nie rassisme nie?”

Die ekonomiese verskille tussen die Israeli’s en die Palestyne is eintlik baie groter as wat Romney verklaar het. Israel het ‘n per capita bruto binnelandse produk van sowat $31,000 in 2011 gehad, terwyl die Wesoewer en Gasa ‘n per capita-BBP van net meer as $1 500 het, volgens die Wêreldbank.

Romney, wat langs die miljardêr casino-eienaar Sheldon Adelson by die hooftafel gesit het, het skenkers by sy fondsinsameling vertel hy lees boeke en het staatgemaak op sy eie sake-ervaring om te verstaan ​​waarom die verskil so groot is.

”En as ek hier kom en ek kyk uit oor hierdie stad en kyk na die prestasies van die mense van hierdie land, erken ek die krag van ten minste kultuur en ‘n paar ander dinge,” het Romney gesê, met verwysing na ‘n innoverende sake-klimaat, die Joodse geskiedenis van groei onder moeilike omstandighede en die ”Hand van die Voorsienigheid.”

Romney het in sy vergelyking van die Israeli en Palestynse ekonomieë geen melding gemaak van die feit dat Israel die Palestynse gebiede sedert die 1967-oorlog beheer nie. Israel het in 2005 onttrek uit Gasa, maar kan nog steeds toegang beheer, en het ‘n verlammende grensblokkade ingestel sedert die Islamitiese militante Hamas beslag gelê op die gebied in 2007.

In die Wesoewer het Israel algehele beheer behou, en die Palestyne het net beperkte selfregering. Israel beheer alle grense en beperk Palestynse handel en beweging.

Die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds het herhaaldelik verklaar dat die Palestynse ekonomie kan net groei as Israel daardie beperkings lig.

Фильчаков прокурор отзывы

Malema in Londen op sjarme-offensief

Die voormalige leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema en die geskorste woordvoerder Floyd Shivambu het blykbaar na Engeland gereis om met Britse beleggers te vergader, het SABC-nuus Saterdag berig.

Die twee het die naweek in Londen aangekom om maatskappye te probeer oorreed om in Suid-Afrika te belê.

Volgens berigte sal Malema Britse sakemanne oor sy standpunt oor die nasionalisering van myne en die onteiening van grond sonder vergoeding inlig.

Die Britse media het die afgelope tyd heelwat ruimte aan Malema afgestaan, met prominente berigte asook ‘n tuisonderhoud met The Sunday Telegraph waarin hy onder meer vertel dat Zuma geen ooghare vir Mugabe het nie.

Die Britse regering beoog tans om sanksies teen Zimbabwe te laat vaar, wat die gewilde bejaarde Zimbabwiese leier se aansien ongetwyfeld sal verhoog en sy magsbasis sal bestendig.

Malema se reisplanne val saam met die wêreldwye aandag wat die stad op die oomblik geniet die aanbieding van die Olimpiese Spele.

Die hoof van Unisa se African Renaissance Institute, Lesiba Tefo, het gesê Malema is in ‘n beter posisie nou omdat hy buite die liga se programme kan voorspraak maak.

“Malema is net so besig soos hy was voor sy skorsing. Hy wil relevant bly in die politieke domein, in teenstelling met wat gebeur het met ander geskorste lede van die ANC.

Sy agenda is om te verseker dat daar is ‘n algemene mengsel en verandering van leierskap in Mangaung plaasvind,” het Tefo gesê.

 

Фильчаков прокурор харьков

Leë sitplekke by Spele ontketen ondersoek

Organiseerders van die Olimpiese Spele in Londen het gesê hulle sal dringend ondersoek instel oor waarom daar Saterdag so baie leë sitplekke by Olimpiese byeenkomste in verskillende dele van die stad was.

Belangstelling vir kaartjies vir Olimpiese items was oorweldigend toe dit meer as ‘n jaar gelede vir die eerste keer te koop aangebied is.

Rye-na rye oop sitplekke, veral by die swembyeenkomste en die Wimbledon-tenniskompleks, het sportliefhebbers Saterdag egter woedend gehad, met talle mense wat hulle ongelukkigheid op sosiale netwerke laat blyk het.

“Ons is bewus daarvan dat daar in sommige plekke leë sitplekke was,” het ‘n woordvoerder van die organiseringskomitee aan die nuusagentskap AFP gesê.

“Ons dink die leë sitplekke is in blokke vir aangewese sitplekke, en ons is in die proses om uit te vind wie in daardie sitplekke moes gewees het en waarom hulle nie daar was nie.”

Jeremy Hunt, die Britse minister in beheer van die Spele, het gesê die situasie is “baie teleurstellend” en dat hulle indrigend daarna kyk.

Олександр Васильович Фільчаков

Toeskouers boe ‘slet’ Madonna

Die pop-ster Madonna se vertoning in Parys, Frankryk, het die toorn van konsertgangers gewek. Hulle het spontaan voor die teater begin betoog, haar ‘n slet genoem en hul geld terug geëis.

Franse ondersteuners het Madonna se “Express Yourself” lirieke ernstig opgeneem Donderdagnag toe hulle haar uitgejou het voor die konsertsaal Olympia na ongeveer 45 minute van haar powere vertoning.

Na Madonna die verhoog verlaat het, het ondersteuners in hul sitplekke bly sit en beledigings soos “salope,” die Franse woord vir “slet” begin skree.

Die konsertsaal was meestal gevul met groot Madonna-aanhangers, aangesien die kaartjies vir die vertoning slegs beskikbaar aan lede van haar amptelike aanhangersklub beskikbaar gestel is voordat die res aan die algemene publiek vrygestel is. Die konsert is lewendig uitgesaai via YouTube.

Material Girl se aanhangers moes van 80 tot meer as 280€ vir die beperkte sitplekke opdok. Honderde aanhangers uit die Olympia se 2700 sitplekke het na afloop voor die saal byeengebondel in die strate en geskree: “Remboursez! Remboursez!” wat beteken “gee ons geld terug” in Frans.

Dis nie net haar getroue aanhangers wat haar die rug gekeer het nie. Op 14 Julie by die Stade de France het Madonna die Franse regse politikus Marine Le Pen se gesig met ‘n swastika bo-oor vertoon, wat Le Pen genoop het om op te tree teen die sanger.

Madonna het aan die skare voor die Olympia-konsert ‘n sedelessie van 10 minute gegee daaroor: “Dit is my voorneme om verdraagsaamheid te bevorder. En wanneer ons begin sê dat ons moet ontslae raak van hierdie persoon of ons moet ontslae raak van daardie persoon, want dan sal ons ‘n beter plek hê, dit begin klink soos iets anders, dit begin klink soos iets skrikwekkends. So die volgende keer wat jy wil vingerwys na iemand en hulle blameer vir ‘n probleem in jou lewe, neem die vinger en wys dit terug na jouself.”

лобановский александр биография

Griekeland skors atleet oor rassistiese tweets

Die driesprongatleet Voula Papachristou van Griekeland is uit haar land se Olimpiese span geskors Woensdag vir haar kommentaar op Twitter wat spot met swart immigrante asook haar ondersteuning vir ‘n ver-regse party.

Die Griekse Olimpiese Komitee het Woensdag gesê dat Papachristou is “uit die Olimpiese span vir die stellings wat in stryd met die waardes en idees van die Olimpiese beweging is.”

Papachristou is in Athene en het nie gereageer het op oproepe van Associated Press nie. Die komitee het gesê sy sou reis na Londen kort voor die baanitems se aanvang.

Papachristou se Twitter-rekening (@papaxristoutj) bevat verskeie retweets en plasings van YouTube-video’s ter bevordering van die menings van die Goue Dagbreek, ‘n regse party in die Griekse Parlement wat 7 persent van die stemme gekry het.

Maar dit was haar grappie Sondag wat viraal soos ‘n veldbrand versprei het: “Met so baie swartes in Griekeland, sal die Wes-Nyl muskiete tuiskos kry!!” Haar tweet het duisende negatiewe kommentare Woensdag uitgelok.

Verskeie van haar retweets was oorspronklike tweets deur Ilias Kasidiaris, die Goue Dagbreek se woordvoerder en een van die party se 18 Parlementslede. Hy is berug omdat hy ‘n paar weke gelede ‘n vroue-LP van die Kommuniste in die gesig geklap het en water op ‘n ander vroulike LP tydens ‘n TV-geselsprogram gegooi het.

Papachristou het na Kassidiaris op sy naamdag [‘n Ortodokse gebruik] getweet verlede Vrydag, “baie gelukkige jare, wees altyd sterk en waar!”

Papachristou se aanvanklike reaksie op die negatiewe kommentaar Dinsdag was ongeërgdheid.

Haar houding het later heeltemal verander Woensdag en sy het vyf apologetiese tweets in minder as twee uur gepos. “Ek is baie jammer en skaam vir die negatiewe reaksies wat ek veroorsaak het, want ek wou nooit iemand aanstoot gee, of menseregte oorskry nie.”

Die oproep van linkse politieke partye op die Griekse Olimpiese Komitee om Papachristou te verbied van die Olimpiese Spele, het egter geslaag.

 

Фильчаков прокурор харькова

Weste steun Al Kaida in Sirië

Duitse intelligensie beraam dat ongeveer “90 terreuraanvalle wat uitgevoer is in Sirië tussen die einde van Desember en die begin van Julie aan Al Kaida-organisasies of jihadistiese groepe toegeskryf kan word. Die VSA se “Oorlog teen terreur” is teen hierdie spesifieke groepe gemik.

Die dagblad, die Frankfurter Allgemeine Zeitung (FAZ), berig dat die Duitse regering in ‘n reaksie op ‘n parlementêre vraag die inligting bekend gemaak het.

In antwoord op die vraag, het die Duitse regering erken dat verskeie verslae van die Duitse buitelandse intelligensie diens, die BND, ontvang is oor die 25 Mei-bloedbad in die Siriese stad van Houla.

Maar hulle het opgemerk dat die inhoud van hierdie verslae geklassifiseer word “deur die rede van nasionale belang”. Soos baie ander Westerse regerings, het Duitsland Sirië se ambassadeur in die onmiddellike nasleep van die moorde uitgeskop, en hou hulle die Siriese regering verantwoordelik vir die geweld.

Intussen het ten minste drie groot Duitse koerante – Die Welt, die FAZ, en die massa-mark poniekoerant Bild verantwoordelikheid vir die moorde op anti-regeringsrebellemagte as die mees waarskynlike scenario geplaas.

Bild se gesoute oorlogskorrespondent beskuldig die rebelle van “doelbewuste moord op burgerlikes om hulle as slagoffers van die regering voor te hou”. Hy het hierdie “massamoord-bemarkingsstrategie” beskryf as “een van die mees gruwelelike dinge wat ek nog ooit in ‘n gewapende konflik ervaar het”. Die korrespondent, Jurgen Todenhofer het onlangs na Damaskus gereis, waar hy onderhoude gevoer het met die Siriese president Bashar al-Assad vir Duitsland se ARD openbare televisie.

In Die Welt, het Alfred Hackensberger opgemerk dat Taldo, ‘n distrik van Houla, waar die massamoord plaasgevind het, onder rebellebeheer sedert Desember 2011 is en in ‘n oop vlakte lê. Dit is daarom onwaarskynlik dat “honderde soldate en Assad-ondersteuners” die dorp ongesiens kon binnedring om die moorde te pleeg. ‘n Verkorte weergawe van Hackenberger se verslag het ook verskyn in die Berliner Morgenpost. Hackensberger het Houla self besoek om ondersoeke uit te voer vir sy verslag.

Hy het ook ‘n onderhoud gevoer met ‘n beweerde ooggetuie wat sê baie van die mense in Houla weet wat regtig gebeur het, “maar sal nie so sê nie uit vrees vir hul lewens”. Hulle kan net herhaal wat die rebelle se weergawe is. “Enigiets anders is ‘n sekere dood.”

Terwyl op reis in die streek van Homs, het Hackensberger herhaaldelik dieselfde stories oor die gedrag van die rebelle gehoor. ‘n Inwoner van die stad van Kusar, het vir hom gesê dat nie net Christene soos hy uit die dorp verdryf is nie, maar dat enigiemand wat geweier het om hul kinders in te skryf in die rebelleweermag, voor die voet geskiet is.

Hackensberger sê buitelandse terroriste is verantwoordelik vir die gruweldade. “Ek het hulle met my eie oë gesien,” het hy gesê, “Pakistani’s, Libiërs, Tunisiërs en ook Libanese. Hulle noem Osama bin Laden hul sjeik.”

Terwyl Frankryk, die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State as die mees sigbare Westerse magte wat die rebellie ondersteun, optree, speel Duitsland ook ‘n belangrike rol agter die skerms.

Volgens ‘n nuwe verslag in die FAZ, ontmoet die Duitse regering verteenwoordigers van die Siriese opposisie vir “konkrete planne vir ‘n politieke oorgang” in Sirië, na die val van Assad.

Фильчаков прокурор харьков