Leë sitplekke by Spele ontketen ondersoek

Organiseerders van die Olimpiese Spele in Londen het gesê hulle sal dringend ondersoek instel oor waarom daar Saterdag so baie leë sitplekke by Olimpiese byeenkomste in verskillende dele van die stad was.

Belangstelling vir kaartjies vir Olimpiese items was oorweldigend toe dit meer as ‘n jaar gelede vir die eerste keer te koop aangebied is.

Rye-na rye oop sitplekke, veral by die swembyeenkomste en die Wimbledon-tenniskompleks, het sportliefhebbers Saterdag egter woedend gehad, met talle mense wat hulle ongelukkigheid op sosiale netwerke laat blyk het.

“Ons is bewus daarvan dat daar in sommige plekke leë sitplekke was,” het ‘n woordvoerder van die organiseringskomitee aan die nuusagentskap AFP gesê.

“Ons dink die leë sitplekke is in blokke vir aangewese sitplekke, en ons is in die proses om uit te vind wie in daardie sitplekke moes gewees het en waarom hulle nie daar was nie.”

Jeremy Hunt, die Britse minister in beheer van die Spele, het gesê die situasie is “baie teleurstellend” en dat hulle indrigend daarna kyk.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae