Hillary kom SA toe

Hillary Clinton, die VSA se sekretaris van buitelandse sake, sal Suid-Afrika in Augustus besoek, het die departement van internasionale betrekkinge Sondag gesê.

Clinton en Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sal op 7 Augustus samesprekings voer, het Clayson Monyela, woordvoerder van die departement gesê.

“[Gedurende] die vergadering sal daar na verwagting verskeie sake van gemeenskaplike belang bespreek word,” het hy in ‘n verklaring gesê.

Monyela het gesê die verhouding tussen Suid-Afrika en die VSA is sterk, en dat die Amerikaanse administrasie daarin belangstel om op plaaslike en streeksvlak met Suid-Afrika saam te werk.

“Hoëvlak besoeke… deur adjunk-president Joe Biden aan Suid-Afrika in 2010 en die besoek deur adjunk-president Kgalema Motlanthe in 2011 aan die VSA, dui op die sterk verhouding tussen die twee lande, het hy gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae