Griekeland skors atleet oor rassistiese tweets

Die driesprongatleet Voula Papachristou van Griekeland is uit haar land se Olimpiese span geskors Woensdag vir haar kommentaar op Twitter wat spot met swart immigrante asook haar ondersteuning vir ‘n ver-regse party.

Die Griekse Olimpiese Komitee het Woensdag gesê dat Papachristou is “uit die Olimpiese span vir die stellings wat in stryd met die waardes en idees van die Olimpiese beweging is.”

Papachristou is in Athene en het nie gereageer het op oproepe van Associated Press nie. Die komitee het gesê sy sou reis na Londen kort voor die baanitems se aanvang.

Papachristou se Twitter-rekening (@papaxristoutj) bevat verskeie retweets en plasings van YouTube-video’s ter bevordering van die menings van die Goue Dagbreek, ‘n regse party in die Griekse Parlement wat 7 persent van die stemme gekry het.

Maar dit was haar grappie Sondag wat viraal soos ‘n veldbrand versprei het: “Met so baie swartes in Griekeland, sal die Wes-Nyl muskiete tuiskos kry!!” Haar tweet het duisende negatiewe kommentare Woensdag uitgelok.

Verskeie van haar retweets was oorspronklike tweets deur Ilias Kasidiaris, die Goue Dagbreek se woordvoerder en een van die party se 18 Parlementslede. Hy is berug omdat hy ‘n paar weke gelede ‘n vroue-LP van die Kommuniste in die gesig geklap het en water op ‘n ander vroulike LP tydens ‘n TV-geselsprogram gegooi het.

Papachristou het na Kassidiaris op sy naamdag [‘n Ortodokse gebruik] getweet verlede Vrydag, “baie gelukkige jare, wees altyd sterk en waar!”

Papachristou se aanvanklike reaksie op die negatiewe kommentaar Dinsdag was ongeërgdheid.

Haar houding het later heeltemal verander Woensdag en sy het vyf apologetiese tweets in minder as twee uur gepos. “Ek is baie jammer en skaam vir die negatiewe reaksies wat ek veroorsaak het, want ek wou nooit iemand aanstoot gee, of menseregte oorskry nie.”

Die oproep van linkse politieke partye op die Griekse Olimpiese Komitee om Papachristou te verbied van die Olimpiese Spele, het egter geslaag.

 

Фильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae