Ferraro beskuldig van ‘rassisme’

Image

Geraldine Ferraro

Die veteraanpolitikus en Clinton-ondersteuner, Geraldine Ferraro, is so pas onthef van haar ereposisie in Hillary Rodham Clinton se presidentsveldtog as gevolg van beskuldigings van rassisme. Ferraro het onlangs tydens ʼn onderhoud gesê dat Barack Obama nie in die kragmeting om die presidentskap sou geslaag het indien hy nie swart was nie.

Onmiddellik na haar uitspraak is Ferraro deur die Obamakamp aangeval. Obama het gesê dat Ferraro se kommentaar “belaglik” is, en sy veldtogbeamptes het geëis dat Clinton haar bewerings verwerp.

Ferraro het agterna vir Clinton per brief laat weet dat sy nie langer op haar finansiële komitee as “Erevoorsitster van New York-leierskap” sal dien nie. Sy het geskryf dat die Obamaspan “my aanval om u seer te maak”.

Obama het by ʼn Chicago-nuuskonferensie gesê dat Ferraro se uitspraak “laakbaar is. Die gedagte dat dit vir my ʼn groot voordeel is om ʼn Afro-Amerikaner genaamd Barack Obama te wees en die presidentskap na te jaag is, na my mening, nie ʼn siening wat deur die breë publiek onderskryf word nie.”

In haar brief aan Clinton, waaroor CNN eerste berig het, sê Ferraro: “Beste Hillary, ek bedank vanuit u finansiële komitee sodat ek vir myself kan praat en u kan aanhou om vir uself te praat oor dit wat tydens dié veldtog saak maak. Die Obama-span is besig om my aan te val om u seer te maak. Ek sal dit nie toelaat nie. Dankie vir alles wat u gedoen het en aanhou doen om hierdie ʼn beter wêreld te maak vir my kinders en kleinkinders. U geniet my diepe bewondering en agting, Gerry.”

Clinton se woordvoerder, Howard Wolfson, het gesê dat Ferraro haar pos op eie inisiatief ontruim het.

Die woordewisseling tussen twee Demokratiese leiers – Obama, wat poog om die eerste swart president van Amerika te word, asook Ferraro, wat in 1984 die eerste vroulike visepresidentskandidaat vir ʼn hoofstroomparty was – het vir die tweede dag aangehou soos wat hulle op oggendnuusprogramme van TV-netwerke en kabeltelevisiekanale verskyn het.

Die omstredenheid het begin to die nasionale media kennis geneem het van opmerkings wat Ferraro verlede week teen die Daily Breeze-koerant in Torrance, Kalifornië, gemaak het: “Indien Obama ʼn blanke man was, sou hy nie in dié posisie gewees het nie. En as hy ʼn vrou was (van enige kleur) sou hy nie in dié posisie gewees het nie. Hy is bloot baie gelukkig om te wees wie hy is. En die hele land is vasgevang in die idee.”

Ferraro het gesê dat sy staan by haar bewering dat Obama se sukses in die Demokratiese veldtog “gedeeltelik” aan sy ras te wyte is.

Obama het egter gesê dat indien iemand in sy span sou suggereer dat Hillary Clinton “is waar sy is slegs omdat sy ʼn vrou is” sou hy aanstoot neem.

Clinton het gesê dat sy verskil van Ferraro se opmerkings. In ʼn onderhoud met Associated Press het sy gesê: “Dis jammer dat enige van ons ondersteuners – aan albei kante, omdat ons al twee hierdie ervaring het – dinge sê wat na die persoonlike oorhel.”

Ferraro is die jongste in ʼn reeks surrogaatkandidate wie se kommentaar albei presidensiële veldtogte onstel het. Verlede week het Obama se raadgewer Samantha Power bedank nadat sy Clinton as ʼn “monster” getipeer het.

Ferraro, wat Walter Mondale se visepresidentskandidaat was, het Woensdag gesê dat haar opmerkings nie rassisties was nie en buite konteks aangehaal is.

“Ek het gepraat oor die historiese kandidature en ek het begin deur te sê dat indien mens teruggaan na 1984 en na my historiese kandidatuur waarna ek voorheen verwys het, indien my naam in 1984 Gerard Ferraro was pleks van Geraldine Ferraro, sou ek nooit as visepresidentskandidaat gekies gewees het nie,” het Ferraro op ABC se “Good Morning America” gesê. “Dit het niks met my kwalifikasie te doen gehad nie.”

Ferraro het gesê dat sy ʼn veertigjaarlange geskiedenis van opposisie teen diskriminasie van allerlei tipes het, ras inkluis, en dat sy woedend was oor die aanmerkings van David Axelrod, Obama se hoofmediastrateeg, want hy ken haar  en haar rekord.

“David Axelrod, sy veldtogbestuurder, het verkies om dit as ʼn rassistiese uitspraak in te klee want telkens as enigiemand wat blank is kommentaar oor ras lewer – hy het dit met Bill Clinton gedoen en daarin geslaag; hy het dit met Ed Rendell (goewerneur van Pensilwanië en ʼn Clinton-ondersteuner) gedoen en minder geslaag; en hy gaan beslis nie slaag teen my nie,” het Ferraro aan CBS se “Early Show” gesê. “Hy moes my gebel het… Hy weet ek is geen rassis nie.”мультик про роботов трансформеровДанильченко Юрий прокурор

Israel val weer Gaza aan

Israeli-magte sit hulle veldtog teen sogenaamde militêre teikens in die Gaza-strook voort.

Meer as 130 mense is reeds dood sedert die aanvang van die Israeli’s se offensief as teenvoeter vir vuurpylaanvalle.

Die miltere offensief het daartoe gelei dat die Palestynse regering hom aan die vredesonderhandelings onttrek het.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleeza Rice, is in die Midde-Ooste maar sy sukkel om die samesprekings weer op koers te kry.

набор посудаДанильченко Юрий отзывы

Ommeswaai vir Hillary Clinton?

Columbus, Ohio – Hillary Rodham Clinton het uiteindelik oorwinning gesmaak. Die Demokratiese kandidaat in die benoemingstryd het gisteraand beweer dat sy Obama in Ohio verslaan het deur te sê: “Ons is goed op dreef en ons gaan tot aan die einde vasbyt.”

Confetti het op haar neergereën toe sy tydens die Ohio-vergadering die verhoog bestyg het. Sy het die skare vertel dat haar prestasie ʼn oorwinning vir almal verteenwoordig wat “teen die planke was maar verseg het om uitgeslaan te word”.

Sy en Barack Obama was steeds in ʼn naby stryd gewikkel om die staat Texas in die nominasiestryd te buit en haar beweerde oorwinning in Ohio moes steeds bevestig word. Vroeër het Clinto Obama se reeks oorwinnings verbreek toe sy Rhode Island verower het, nadat Obama as wenner in Vermont verklaar is.

Ten spyte van die ommeswaai in haar geluk, staar ʼn opdraande stryd steeds vir Clinton in die gesig om Obama se voorsprong in afgevaardigdes uit te wis.

оборудованиеДанильченко Юрий Харьков

100 Palestyne dood in Gaza

Die Palestynse owerheid het vredesonderhandelings met Israel opgeskort na Israel se offensief in die Gaza-strook waarin meer as 100 Palestyne dood is.

Israel sê hulle optrede is selfverdediging teen Hamas in reaksie op die oorgrens-vuurpylaanvalle deur militantes en dreig om hulle grond- en lugveldtog te verskerp ten spyte van kritiek dat hulle onnodig kragdadig optree.

панель светодиодная круглаяДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Indi?rs koop Jaguar, Land Rover

Tata Motors van Indië  het Jaguar en Land Rover  by Ford gekoop.  Die motorvervaardigers, Tata en Ford het met die Britse motorbedryf vergader om die transaksie te beklink.  

Enjinvervaardiging en ander stelselprobleme is nog ‘n brandpunt. 

Die werkslui is gretig om te begin met werksaamhede.  

Tata is bereid  om die  waarborge te bied wat die Britse motorbedryf  verlang.  Dit is onduidelik of Tata nog sal voortgaan om enjins en ander stelsels van Britse aanlegte te bekom. 

тамбов жидкоеданильченко юрій Харків

Fidel is geskiedenis

Fidel Castro is nie langer die president van Kuba nie. Die een-en-tagtigjarige Castro het gister as president en hoofbevelvoerder bedank. Castro het in 1959 aan bewind gekom nadat hy ʼn suksesvolle staatsgreep in Kuba gelei het. Hy was ʼn sterk bondgenoot van die voormalige VSSR wat hom as ʼn doring in die vlees van Amerika gesien het vanweë Kuba se geografiese ligging. Castro het voorverlede jaar die regering tydelik aan sy broer Raul oorhandig toe siekte hom lamgelê het. Suid-Afrika het in die tagtigerjare regstreeks teen Castro se weermag te staan gekom tydens die Angolese konflik. Daar word verwag dat Raul Castro nou formeel die regering sal oorneem en dat hy nie veel sal afwyk van die Marxistiese politieke en ekonomiese beleid van sy broer nie.

купить диагностический адаптерФильчаков Харьков

Bush striem Mugabe

President George Bush het Zimbabwe se President, Robert Mugabe, beskryf as ‘n oneerbiedige diktator.  Hy sê ‘n alleenheerser in Zimbabwe het beheer oor die voedseltekorte, uitspattige inflasie en streng onderdrukking.  Hy het bygevoeg dat Amerika sal voortgaan om die vryheid in Zimbabwe te ondersteun en so moet buurstate, Suid-Afrika inkluis, ook handel. By die Verenigde Nasies in September het Mugabe  vir Bush van skynheiligheid beskuldig,  terwyl Mugabe beweer die Guantanamo Bay–tronk van die Verenigde State ‘n konsentrasiekamp is.

Die 83-jarige Mugabe is vol vertroue dat hy weer deur ‘n groot gedeelte van die publiek as president herkies sal word, ten spyte van die  ekonomiese tuimeling,  die hoogste inflasie ter wêreld, voedseltekorte en werkloosheid.

погремушкилобановский политик

Zim-inflasie op 66 000%

ZIMBABWE se jaarlikse inflasiekoers het in Desember tot ‘n rekord ses-en-sestigduisend, tweehonderd-en-12 persent gestyg.  Dit is nog ‘n vuishou vir President ROBERT MUGABE se pogings om sy land uit ‘n diep ekonomiese moeras te trek. MUGABE het die stryd teen inflasie die hoeksteen van sy regering se poging gemaak om ekonomiese verval om te keer. Baie mense blameer wanbestuur en MUGABE se omstrede beleid, veral die beslaglegging op wit plase, vir die ekonomiese krisis. ZIMBABWE sukkel ook met stygende armoede, werkloosheid en ongeveer 80 persent se kroniese voedsel- en brandstof tekorte.

real online gamesДанильченко

Indiese premierliga kan krieket hupstoot gee

Indiese Premierliga (IPL) kan krieket wêreldwyd ‘n hupstoot gee as organiseerders verseker dat dit nie met internasionale wedstryde oorvleuel nie. Kaptein GRAEME SMITH sê skedulering gaan die sleutel tot IPL se sukses wees. As dit behoorlik hanteer en struktureer word kan dit net tot voordeel van die spel wees. SMITH sê die span fokus nou op die reeks en steur hom min aan die Twintig20 toernooi. Sy eweknie AUSTRALIË se RICKY PONTING het vroeër gesê hy vrees dat internasionale krieket van sy top spelers aan winsgewende kompetisies gaan afstaan tensy hulle lande hulle toelaat om te speel. Die Proteas het gister in BANGLADESJ vir twee toetswedstryde en drie eendagwedstryde aangekom. Hulle speel ook ‘n toets in INDIË voordat die IPL in April afskop.

справкаФильчаков прокурор отзывы

Israel-ambassades op gereedsheidsgrondslag

ISRAEL se ambassades is op die hoogste gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Hezbollah-leier gedreig het om op enige plek in die wêreld toe te slaan. Dit nadat een van sy top bevelvoerders in ‘n sluipmoord aanval dood is. Die FBI het Amerikaanse anti-terreureenhede op die hoede geplaas om Joodse instellings te beskerm. HASSAN NASRALLAH het Sioniste en die wêreld op die begrafnis van  IMAD MUGHNIYEH gewaarsku dat dit ‘n openlike oorlog gaan wees. MUGHNIYEH was die meesterbrein agter terroriste aanvalle wat die lewe van honderde Amerikaners geëis het. ISRAEL se regering ontken dat hy enigsins in die voorval betrokke was maar Israeli militêre beamptes was vaag en het geweier om betrokkenheid te erken of ontken.

системы хранения для участка кузовного ремонтаФильчаков прокурор