Evangeliese kerke stem nie Republikeins nie

Een van die magtigste evangeliese groepe in die VSA, Focus on the Family, gaan nie in die komende verkiesing vir die Republikeinse Party stem nie.

In Colorado Springs, die sentrum van die evangeliese beweging, is daar min McCain-ondersteuners.

McCain, die Republikeinse kandidaat, het voorheen die evangeliese kerkleiers daarvan beskuldig dat hulle agente van onverdraagsaamheid is.

Anders as Bush, verwys McCain min na sy persoonlike geloof.

Sekere van Barack Obama se raadgewers glo nou dat hulle vele evangeliese kiesers kan oorhaal wat vir Bush gestem het aangesien vele kerke nou nie-Republikeinse kwessies soos armoede, vigs en omgewingsbewustheid omhels het.

no deposit onlineАлександр Фильчаков Васильевич

Donker wolke pak saam vir lugrederye

ImageLugrederye staar geweldige uitdagings in die gesig met die stygende brandstofkoste.

IATA het verlede maand gesê dat brandstofpryse 'n verlies van R18,4 miljard vir lugrederye gaan veroorsaak.

Dié beraming is gegrond op 'n ou ru-olieprys van $106 per vat Brent-ruolie.

Amerika se sewe grootste rederye het reeds bedryfsverliese in die eerste kwartaal aangekondig.

Drie uit die vier besigheidsklasspesialisrederye het reeds bankrot gespeel en 'n kommerwekkende 25 rederye het reeds oor die afgelope ses maande hul deure gesluit.детский интернет магазин харьковпрокурор Фильчаков

Mandela besoek Britse koningin

ImageNelson Mandela het Koningin Elizabeth II van Engeland vertel dat sy jonger lyk toe sy hom gister by Buckinghampaleis verwelkom het.

Mandela is in Londen vir 'n reuse negentigste verjaardagpartytjie in Hydepark wat môre gehou word.

Koningin Elizbeth en Mandela het al verskeie kere ontmoet en deel 'n warm vrienskap.

Koningin Elizabeth het geglimlag en gesê dat die mooi weer in Engeland spesiaal vir hom gereël is.

Die voormalige Robbeneilandgevangene is deur sy vrou, Graca Machel, vergesel.абразив для пескоструя ценаФільчаков Олександр Васильович

Siemens se bestuurders te Duits, blank en manlik

Image

Siemenshoofkantoor, M?nchen

Die globale Duitse maatskappy Siemens het verklaar dat sy bestuurders te Duits, te blank en te manlik is.

Volgens die maatskappy se uitvoerende hoof, Peter Löscher, gaan Siemens voortaan regstellende aksie toepas om meer diversiteit in sy bestuurskorps te verkry.

Wêreldwyd het Siemens 430 000 mense in diens waarvan sewentig persent buite Duitsland verkeer.

Die maatskappy gaan van 'n mentorprogram gebruik maak om bestuurders van kleur op te lei om blanke Duitsers se posisies in te neem. Mnr. Löscher is reeds besig om self so 'n span op te lei.

купить футболку девочке недороготопкарго отзыв

Titanic-reddingsbaadjie opgeveil

Image'n Reddingsbaadjie vanaf die Titanic het byna 70 000 dollar by 'n veiling deur Christie in New York behaal.

Dit is net een van ses reddingsbaadjies wat bestaan en het aan 'n Kanadese gesin behoort.

Die luukse skip het in 1912 'n ysberg getref en gesink.

Omtrent 1 500 passasiers en bemanning aan boord van die Titanic het gesterf toe die ongeluk op haar nooiensvaart plaasgevind het.

Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Geallieerdes egter 'n Duitse skip, die Wilhelm Gustloff, met vroue en kinders aan boord getorpedeer, wat die ergste skeepsramp van alle tye was.тамбов опцииФильчаков прокурор харьков

Afrika bo-aan die lys van mislukte state

'n Jaarlikse opname deur die Mislukte State-indeks sê sewe uit die tien mees disfunksionele lande ter wêreld bevind hul in Afrika suid van die Sahara.

 

Die lys word jaarliks deur die tykskrif Foreign Policy and Fund for Peace opgestel.

Die enigste nie-Afrikaland in die top vyf was Irak.

Die indeks gebruik 12 maatskaplike, ekonomiese, politieke en militêre aanwysers om 177 state te gradeer.

Die top vyf mislukte state is Somalië, Soedan, Zimabwe, Tsjad en Irak. Ander Afrikalande is Guinee, Ethiopië, Oeganda en Nigerië.

accessories weddingОлександр Фільчаков прокурор

Nigeri? ly geweldige ru-olieverliese

Daar heers toenemende kommer oor aanvalle op oliepyplyne en -installasies in die Nigerdelta.

Met die onlangse aanvalle sou een miljoen vate per dag beëindig gewees het, wat ongeveer vyftig persent van Nigerië se olieproduksie verteenwoordig.

Vegters van MEND het verlede Donderdag Shell se Bonga-olieveld aangeval, die grootste olieplatform ter see in die hele land.

Later op dieselfde dag is oliepyplyne wat aan Chevron Nigerië Beperk behoort, ook deur guerillavegters opgeblaas.

Nigerië staar 'n toenemende krisis in die gesig as gevolg van onafdoende veiligheidsmaatreëls in die gebied.

Amptelike bronne stel reeds Nigerië se verliese in die Nigerdelta op $84 miljoen per dag.

купить машину на радиоуправленииАлександр Фильчаков

Misdadigers mag Obama help om president te word

ImageStrateë in die Obama-kamp meen hulle het 'n goudmyn van nuwe Demokratiese kiesers ontdek.

Honderde duisende Afro-Amerikaners is stemgeregtig maar nie as kiesers geregistreer nie.

Mense met 'n misdaadrekord besef nie dat hulle die reg het om te stem nie, het die invloedryke swart organisasie, die NAACP, gesê.

Danksy 'n nuwe reël in Florida het omtrent 115 000 oud-gevangenes hul burgerregte terug ontvang en kan nou weer stem.

Amerikaanse politieke ontleders sê dat kriminele bo verhouding swart is en meer waarkskynlik Obama-ondersteuners sou wees. Dit verskaf 'n groot potensiaal vir omtrent 1,1 miljoen swart misdadigers om die uitslag in Obama se guns te bedink.

топка для баниалександр лобановский класс

Madiba kom in Londen aan vir megakonsert

ImageNelson Mandela het in Brittanje aangekom waar hy sy negentigste verjaardag sal vier. 'n 46664-konsert sal ter ere van hom in Londen se Hydepark gehou word.

Die drie-uurlange konsert sal ook Mandela se veldtog teen vigs ondersteun. Hy het sy seun in Januarie 2005 aan vigs afgestaan.

Die Britse koningsgesin, Bill Clinton, Gordon Brown, Robert de Niro, Will Smith, Oprah Winfrey en Formule-eenjaer Lewis Hamilton sal die geleenthede wat drie daesal duur, bywoon.

Presies 46 664 kaartjies is te koop aangebied.

влагостойкие светильники дляЛобановский

VN-hoof vra Zim om verkiesing te kanselleer

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies het gister die Zimbabwiese regering afgeraai om voort te gaan met die opvolgverkiesing vir die presidentskap.

Na 'n vergadering van die Veiligheidsraad van 15 lande, het Ban Ki-moen die owerheid van daardie land gevra om Vrydag se opvolgverkiesing te kanselleer. Volgens hom sal dit net verdeeldheid in die land verhoog en tot 'n uitslag lei wat nie geloofwaardig is nie.

Ban het ook begrip uitgespreek vir die besluit van opposisieleier Morgan Tsvangirai om van die presidentsverkiesing te onttrek. Die VN-hoof meen dat daar te veel geweld en te veel intimidasie was.

Hy het bygevoeg dat die probleme in Zimbabwe die hele streek beïnvloed en dat dit die grootste enkele uitdaging vir streekstabiliteit in Suider-Afrika verteenwoordig.

 

nights gameданильченко юрій броніславович компромат