IATA het verlede maand gesê dat brandstofpryse 'n verlies van R18,4 miljard vir lugrederye gaan veroorsaak.
Dié beraming is gegrond op 'n ou ru-olieprys van $106 per vat Brent-ruolie.
Amerika se sewe grootste rederye het reeds bedryfsverliese in die eerste kwartaal aangekondig.
Drie uit die vier besigheidsklasspesialisrederye het reeds bankrot gespeel en 'n kommerwekkende 25 rederye het reeds oor die afgelope ses maande hul deure gesluit.

Lugrederye staar geweldige uitdagings in die gesig met die stygende brandstofkoste.