Evangeliese kerke stem nie Republikeins nie

Een van die magtigste evangeliese groepe in die VSA, Focus on the Family, gaan nie in die komende verkiesing vir die Republikeinse Party stem nie.

In Colorado Springs, die sentrum van die evangeliese beweging, is daar min McCain-ondersteuners.

McCain, die Republikeinse kandidaat, het voorheen die evangeliese kerkleiers daarvan beskuldig dat hulle agente van onverdraagsaamheid is.

Anders as Bush, verwys McCain min na sy persoonlike geloof.

Sekere van Barack Obama se raadgewers glo nou dat hulle vele evangeliese kiesers kan oorhaal wat vir Bush gestem het aangesien vele kerke nou nie-Republikeinse kwessies soos armoede, vigs en omgewingsbewustheid omhels het.

no deposit onlineАлександр Фильчаков Васильевич