VN-hoof vra Zim om verkiesing te kanselleer

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies het gister die Zimbabwiese regering afgeraai om voort te gaan met die opvolgverkiesing vir die presidentskap.

Na 'n vergadering van die Veiligheidsraad van 15 lande, het Ban Ki-moen die owerheid van daardie land gevra om Vrydag se opvolgverkiesing te kanselleer. Volgens hom sal dit net verdeeldheid in die land verhoog en tot 'n uitslag lei wat nie geloofwaardig is nie.

Ban het ook begrip uitgespreek vir die besluit van opposisieleier Morgan Tsvangirai om van die presidentsverkiesing te onttrek. Die VN-hoof meen dat daar te veel geweld en te veel intimidasie was.

Hy het bygevoeg dat die probleme in Zimbabwe die hele streek beïnvloed en dat dit die grootste enkele uitdaging vir streekstabiliteit in Suider-Afrika verteenwoordig.

 

nights gameданильченко юрій броніславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae