VSA tree in tussen Japan en China om temperatuur op te jaag

‘n Territoriale dispuut tussen China en Japan kan ‘n vonk wees wat sal lei na “gewelddadige konflik,” het die Amerikaanse Sekretaris van Verdediging, Leon Panetta gesê. Die VSA het ook ‘n missielafweerverdrag met Tokio onderteken tot die ergernis van Beijing.

“Ek is bekommerd dat wanneer hierdie lande betrokke raak in ‘n woordestryd van een of ander aard oor hierdie verskillende eilande, dat dit die moontlikheid inhou van ‘n verkeerde oordeel aan die een kant of die ander en dit sal na geweld lei, wat kan lei tot konflik,” het Panetta gesê.

Die VSA se toetrede het egter tot die oplaaiende spanning bygedra.

Panetta het ook gewaarsku dat Beijing en Tokio ‘n einde moet maak aan die stryd of die risiko van ‘n ​​konflik kan loop wat die gevaar inhou “om uit te brei”.

Na aanleiding van die diplomatieke vergadering met Panetta, het die Japannese minister van buitelandse sake Koichiro Gemba gesê dat Washington bevestig het dat die Senkaku-eilande, wat deur beide Japan en China opgeëis word, deur ‘n veiligheidsverdrag tussen die VSA en Japan beskerm word.

In die 1960-verdrag, het die VSA hulself verbind om die Japannese in die geval van ‘n ​​aanval op die land se grondgebied te help.

Die VSA het ook ‘n ooreenkoms onderteken met Japan Maandag vir ‘n tweede missielafweerstelsel wat daarop gemik is om Noord-Korea in toom te hou. China kan die stap sien as verdere uitlokking.

Die Japannese ambassadeur in China is skielik in ‘n Tokio-hospitaal dood nadat hy drie dae vroeër opgeneem is. Sy dood val saam met ‘n toename in anti-Japanse betogings in China oor die territoriale dispuut.

Die oorsaak van ambassadeur Shinichi Nishimiya se dood word tans ondersoek, het Japan se Ministerie van Binnelandse Sake gesê. Drie dae gelede, is Nishimiya bewusteloos naby sy Tokyo-huis gevind net nadat hy vir werk vertrek het.

‘n Tweede dag van betogings het plaasgevind in China teen Japan se territoriale aanspraak op die groep betwiste eilande in die Oos-Sjinese See. China erken nie Japan se aanspraak op die eilande nie, wat bekend is aan die Japannese as Senkaku en as Diaoyu deur die Chinese.

Japannese fabrieke en winkels is afgebrand en beskadig in betogings wat in die ooste van China voorgekom het.

Spanning tussen die twee lande het Vrydag tot oproer gelei toe ses Chinese skepe Japannese waters naby die betwiste eilande binnegevaar het en die Japannese kuswag se oproepe om die waters te verlaat, geïgnoreer het.

лобановский александр игоревич

Romney droom van kernwapens

Washington gaan honderde miljarde dollar oor die volgende dekade spandeer om sy verouderende kernarsenaal op te knap. Die uitdaging kom terwyl die Amerikaanse regering $1,2 triljoen in die federale begroting moet terugsny oor die dieselfde tydperk.

Die Washington Post berig dat planne vir ‘n volskaalse hervorming van die land se arsenaal aan die gang is. Die modernisering van die Amerikaanse kernwapenkompleks, is blykbaar uiters noodsaaklik, maar gaan vir geweldige kritiek sorg aangesien die VSA kernproliferasie tot dusver teengestaan het.

In ‘n tydvak van asimmetriese oorlogvoering, waar die Pentagon enorme besnoeiings aan sy konvensionele magte oorweeg, gaan dié besluit des te moeiliker wees om aan die Amerikaanse publiek te verkoop. Die $1,2 triljoen se besnoeiings sal outomaties van die federale begroting oor die volgende tien jaar afgetrek word onder die hoogsomstrede 2011-Begrotingswet (BCA).

Washington sal dus noodgedwonge 11,1 miljard van hul Medicare moet terugsny omdat biljoene meer toegeken sal word aan die kernarsenaal se opknapping.

Ironies genoeg, het die Amerikaanse president Barack Obama verklaar, nadat hy die Nobel-vredesprys in 2009 ontvang het, dat “Amerika se verbintenis is om die vrede en veiligheid van ‘n wêreld sonder kernwapens na te streef,” aan ‘n jubelende skare in Praag in April van daardie jaar.

Obama se droom vir ‘n kernvrye wêreld is veel verder buite bereik as wat dit twee jaar gelede geblyk het, toe hy in 2010 die vermindering van kernkoppe na ‘n duisend of minder aangekondig het. Daar is tans meer as 5 000 sulke wapens op die inventaris.

Gen James E. Cartwright, ‘n voormalige bevelvoerder van die Verenigde State se kernarsenaal, het die vermindering geloof.

“Die wêreld het verander, maar die huidige arsenaal dra die bagasie van die Koue Oorlog,” het hy aan The New York Times gesê in ‘n onderhoud in Mei.

En terwyl die Obama-administrasie onwillig is – of dalk nie in staat is – om te bepaal net hoe groot ‘n kernarsenaal die VSA vir sy strategiese doelwitte behoort te hê nie, is die Republikeinse presidensiële kandidaat Mitt Romney heftig gekant teen die nuwe START-verdrag met Moskou, waardeur die VSA en Rusland strategiese kernwapens en afleweringstelsels verminder.

 

Фильчаков прокурор

Vlaag anti-Japannese opstande ruk China

Woedende Chinese betogers teiken Japan, om China se soewereiniteit oor ‘n eilandketting in die waters tussen die twee lande te erken.

Verlede week het die Japannese regering gesê die Diaoyu, of Senkaku eilande is gekoop van ‘n private Japanese familie.

Die skuif het die Chinese regering briesend gelaat, wat nou nuwe kartering ingedien het om bewys van sy eienaarskap van die ketting aan die Verenigde Nasies te gee.

In Beijing, het ‘n kordon van paramilitêre anti-onluspolisie verhoed dat die skare die ambassade bereik, maar nie ingegryp toe die betogers slagspreuke geskree het en voorwerpe gegooi het nie.

“Gee terug ons eilande, Japanese duiwels!!” het sommige geskree. Een plakkaat het gelees: “Vir die respek van die moederland, moet ons ‘n oorlog teen Japan uitroep.”

‘n Nabygeleë straat, waar verskeie Japannese restaurant geleë is, is deur die polisie afgesper, terwyl sommige van die restaurante Chinese vlae buite gehang het om hulself te beskerm teen die nasionalistiese koors.

Soortgelyke betogings het plaasgevind in tientalle ander Chinese stede, waar skares opgeruk het in die strate, Japannese restaurante en winkels gevandaliseer het, en selfs ‘n Chinese polisievoertuig omgekeer het, want dit was ‘n Honda.

Twee polisiemotors is aan die brand gesteek in Xi’an want hulle was ook Japanse fabrikate. Veiligheid is verskerp om die stad se hoof toeristehotelle. In Changsha, het betogers by ‘n winkel ingebreek toe hulle ‘n geleentheid vir plundery gegun is in die chaos.

Verskeie Japannese burgers in China is aangerand, hoewel daar nie enige ernstige beserings aangemeld is nie. Volgens gerugte is hulle versigtig om by hospitale aan te meld uit vrees vir weerwraak.

Intussen het verskeie Chinese bekommerd begin raak dat hulle gebrandmerk sal word as “verraaiers” omdat hulle Japannese motors ry of Japannese produkte aankoop.

Die eienaar van ‘n Toyota het ‘n Chinese vlag oor die motor se wapen geplak, en plakkers op sy buffer aangebring wat lees: “Ek het die motor gekoop voordat Japan bitsig geraak het. Van nou af aan boikot ons Japanese goedere”. ‘n Foto van die motor het vinnig viraal oor die Chinese internet versprei.

topcargo

Die foto van Kate wat werklik skok

Die Hertog en Hertogin van Cambridge sal regstappe teen die Franse tydskrif Closer neem oor die publikasie van naakfoto’s van die hertogin, het Clarence House gesê.

Die skindertydskrif het gedrukte foto’s van Kate vrygestel wat geneem is tydens die egpaar se private vakansie in Frankryk. Die skandaal kom te midde van die egpaar se besoek aan ‘n moskee in die Maleise hoofstad Koeala Loempoer.

‘n Koninklike woordvoerder het gesê die regsgeding is van stapel gestuur in Frankryk en is vir skending van privaatheid.

Closer se redakteur het egter gesê die egpaar was “van die straat af sigbaar”.

“Die betrokke foto’s is nie in die minste skokkend nie. Hulle wys ‘n jong vrou wat bostukloos sonbaai, soos die miljoene vroue wat jy sien op die strande,” sê Laurence Pieau.

Sy beskryf die reaksie op die bostuklose foto’s as “‘n bietjie buitensporig”. Dit het die vermoede laat ontstaan dat die Britse koningshuis in werklikheid nie soseer gekant is teen die bostuklose hertogin nie, maar eerder woedend is oor die foto waar sy van die onderstuk ontslae raak.

By dié foto lui die onderskif: “Room op die boude? Dis vir wanneer sy lus kry om die onderstuk uit te trek.”

Die hertog en hertogin, wat by die Franse kasteel van die koningin se neef, Lord Linley, gekuier het, is glo boos.

Die tydskrif se onderskrifte by die foto’s van die egpaar lui: “soos jy hulle nog nooit het gesien het nie. Weg is die aangeplakte glimlaggies en die stemmige rokke. Op vakansie vergeet Kate van alles.”

Eerste Minister David Cameron se amptelike woordvoerder het gesê: “Die siening van Downingstraat is dat hulle geregtig is op hul privaatheid.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

VSA se buitelandse beleid in puin

Duitse kommentators het Vrydag die geweld en die implikasies daarvan vir die Amerikaanse buitelandse beleid ontleed. Die slotsom is dat die VSA se buitelandse beleid in puin lê.

Die sentrum-regse Frankfurter Allgemeine Zeitung skryf:

“Die moord van ‘n ambassadeur in Libië en die aanvalle op die Amerikaanse diplomatieke missies in ander Arabiese lande sal seker die skeptisisme wat meer as ‘n paar Amerikaners teenoor Moslems voel en die politieke veranderinge wat deur die Arabiese revolusies teweeg gebring word, versterk. Die diepe Amerikaanse oortuiging lui dat mense van slawerny en diktatorskap bevry moet word, en dan sal demokrasie en ‘n mark-ekonomie ontwikkel min of meer soos hul eie. Dié geloof is tot as verbrand deur die vuur van Irak. ‘n Feit wat akademici en histories ingeligte diplomate altyd geweet het, kan nou waargeneem word in die hele Arabiese wêreld: Diep ingeburgerde kulturele houdings verander nie net omdat een politieke regime vervang word met ‘n ander nie. In die lang bouproses ‘n demokratiese samelewing, is dit nie moontlik om net stadiums oor te slaan nie”.

Die linkse Berliner Zeitung skryf:

“Vier jaar gelede, het Obama belowe om versoening te soek met die Moslem wêreld. Nou is dit te betwyfel of hy daarin geslaag het. Die VSA en sy Europese bondgenote moet nou hulself afvra hoeveel steun hulle steeds geniet in die lande van die Arabiese Lente.”

Die sentrum-linkse dagblad Süddeutsche Zeitung skryf:

“Sedert die Arabiese Lente uitgebreek het, is daar baie moeilike oomblikke in die verhoudings tussen Amerika en die Arabiese volke, maar min so delikaat soos hierdie een. Amerika het skaars invloed in die streek, en word nou gekonfronteer met anti-Amerikaanse sentiment in plekke waar daar nie meer diktators in beheer is nie. Hulle wat gelyktydig Amerika gebruik en verag is besig om invloed te kry.

“Midde-Oosterse beleid is ‘n ondankbare taak vir Amerika, maar vir presies hierdie rede – en ten spyte van die verkiesingsveldtog, sal dit onverstandig wees om olie op die vuur te gooi. Die feit dat President Obama wapens en soldate na Libië ontplooi, en binnekort onbemande tuie, is nie ‘n goeie teken nie.”

Die konserwatiewe Die Welt skryf:

“Die Amerikaanse president Barack Obama se Midde-Oosterse beleid is in puin. Soos geen president voor hom nie, het hy probeer om die Arabiese wêreld oor te wen. Na ‘n aanvanklike huiwering, het hy uitgekom duidelik aan die kant van die demokratiese revolusies …. In hierdie konteks, moet hy aanvaar dat hy ou intieme vriende en bondgenote soos Israel, Saoedi-Arabië en die Egiptiese weermag die rug gekeer het. En nou ook dele van die bevryde gemeenskappe wat draai teen die land wat gehelp het om hulle tot stand te bring. Anti-Amerikanisme in die Arabiese wêreld het selfs verhoog tot vlakke hoër as in die Bush-era. Dit is ‘n bitter uitkoms vir Obama.

“Obama was naïef…[…] Washington het die beeld van ‘n supermoondheid in die proses van agteruitgang by gemeenskappe daar uitgestraal. Hierdie beeld van swakheid word uitgebuit deur Salafiste en Al-Kaïda, wat aktief is in Noord-Afrika van Somalië tot Mali.”

Die linkse Die Tageszeitung skryf:

“Dit is gelukkig vir Obama dat sy opponent Romney so swak optree. In plaas daarvan om die aanvalle soos ‘n staatsman te veroordeel en die president van sy steun te verseker, het Romney die regering se beweerde ‘verskoning’ aan die betogers gekritiseer. Dit was nie net nonsens nie, maar partydige manoeuvres op ‘n oomblik wanneer patriotisme meer gepas sou gewees het. Met sy aanval, het Romney ‘n eie doel aangeteken.”

Die finansiële daaglikse Handelsblatt skryf:

“Drie jaar na Obama se toespraak in Kaïro, wat veronderstel was om ‘n nuwe begin in die Midde-Ooste te inisieer, het die Verenigde State nou nog minder ondersteuning in die streek as voorheen. Dit nie is ‘n mislukking van die president nie. In plaas daarvan, is dit die gevolg van ‘n Amerikaanse buitelandse beleid wat vir dekades mag bó demokrasie, en ‘n harde aanslag bó menseregte bevoordeel – en wat nou sal ly aan ‘n geloofwaardigheidsprobleem vir ‘n lang tyd vir presies daardie redes.”

“Mitt Romney […] het egter ‘n skrikwekkend hoë vlak van onbevoegdheid tov buitelandse beleid getoon.”

Die massa-sirkulasie dagblad Bild skryf:

“Naakte haat en woede teen ‘n land wat baie mense in die wêreld beskou as ‘n simbool van vryheid. Wanneer Amerikaanse vlae verbrand word, ambassades gevandaliseer, en diplomate vermoor, is dit ‘n aanval op die Weste, en nie net Amerika nie!

“Die onrus in Libië, Kaïro, en Bangladesj is ‘n terugkeer na die Middeleeue, toe mense onthoof is en tot die dood gestenig. Geen patetiese anti-Islam film kan haat-gevulde moord regverdig nie.”

“Die Weste moet taai wees teen terrorisme. En moet wys dat hulle kan onderskei tussen die gespuis en vreedsame Moslems.”

Данильченко Юрий Харьков

Amerikaanse veiligheid gekompromitteer, missies in ‘lockdown’

Die moord van die Amerikaanse ambassadeur in Libië en drie van sy personeel was waarskynlik te wyte aan ‘n ernstige en volgehoue ​​intelligensielekkasie.

Amerikaanse amptenare glo die aanval is goed beplan, want Chris Stevens was net ‘n kort rukkie terug in die land en die besonderhede van sy besoek aan Benghazi, waar hy en sy personeel gesterf het, was bedoel om hoogs vertroulik te wees.

Die aanval is baie goed beplan en mbv mortiere uitgevoer.

Die Amerikaanse regering staar ‘n krisis in Libië in die gesig. Sensitiewe dokumente het verdwyn van die konsulaat in Benghazi en die sogenaamde “veilige huis” in die stad, waarheen die personeel kon terugval, het onder ‘n volgehoue ​​mortieraanval gekom. Ander sodanige toevlugsoorde regoor die land word nie langer as “veilig” beskou nie.

Sommige van die ontbrekende dokumente van die konsulaat bevat onder meer ‘n lys van name van Libiërs wat saamwerk met die Amerikaners, en hulle verkeer tans in gevaar om deur ekstremistiese groepe uitgehaal te word. Van die ander dokumente hou verband met olie-kontrakte.

Volgens senior diplomatieke bronne is geloofwaardige inligting 48 uur voor die aanval op die konsulaat in Benghazi ingewin – asook die ambassade in Kaïro – dat Amerikaanse missies geteiken sal word, maar geen waarskuwings is aan diplomate uitgereik om op ‘n hoë gereedheidsgrondslag te wees nie, die sogenaamde “lockdown “, waaronder beweging beperk word.

Stevens was op ‘n besoek aan Duitsland, Oostenryk en Swede en het pas teruggekeer na Libië.

Agt Amerikaners, sommige van die weermag, is gewond in die aanval. Onder meer twee Amerikaanse seesoldate is beseer. Alle personeel van Benghazi het nou verskuif na die hoofstad, Tripoli.

In die tussentyd het ‘n seesoldaatspan, die Anti-Terrorisme Reaksiespan reeds in die land aangekom vanaf ‘n basis in Spanje en ander personeel is op pad. Bykomende eenhede is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.

‘n Skare van etlike honderde het die Amerikaanse ambassade gister in die Jemeense hoofstad Sanaa bestorm. Ander missies wat op spesiale gereedheidsgrondslag geplaas is, sluit in byna al dié in die Midde-Ooste, sowel as in Pakistan, Afghanistan, Armenië, Burundi en Zambië in.

Opstande het ook uitgebreek in Tunis, Tel Aviv en Gasa.

topcargo развод

Moslems storm VS-ambassades in Kaïro, Jemen oor film

Minstens 13 mense is Donderdag buite die Amerikaanse ambassade in Kaïro beseer nadat botsings tussen Egiptiese veiligheidsmagte en betogers uitgebreek het.

Die betogers is in opstand oor ‘n film wat Islam beledig. Die film, “Onskuld van die Moslems,” toon die profeet Mohammed as ‘n bedrieër, ‘n rokjagter en ‘n ​​mal mens in ‘n ​​openlike bespotting, en wys hom waar hy seks het en mense oproep tot slagtings.

Intussen het betogers ook die Amerikaanse ambassade in Jemen bestorm.

Die polisie het traangas gebruik om die betogers uiteen te jaag nadat hulle klippe en petrolbomme naby die ambassade gegooi het, het die Egiptiese staatstelevisie berig.

Betogers het ook ‘n polisievoertuig aan die brand gesteek en die pad wat na die ambassade lei, naby Tahrir-plein in sentraal Kaïro, afgesper.

Betogers eis ‘n amptelike verskoning van die VSA oor die film.

Pres. Barack Obama het ‘n beroep op leiers van Libië en Egipte gedoen om die veiligheid van Amerikaanse diplomatieke fasiliteite en personeellede te verseker, het die Withuis Donderdag gesê, nadat vier Amerikaners in ‘n aanval op die Amerikaanse konsulaat in Benghazi dood is.

лобановский депутат

Obama veroordeel moord op Amerikaanse ambassadeur

Barack Obama, president van die VSA, het Woensdag die dood van vier Amerikaners, wat die Amerikaanse ambassadeur insluit, ná ‘n aanval op sy land se konsulaat in die Libiese hoofstad Benghazi, veroordeel.

Die Amerikaanse leier het hulde gebring aan die ambassadeur, Chris Stevens, en sy kollegas wat dood is toe ‘n groep Libiese betogers op die Amerikaanse konsulaat toegesak het.

Die groep het saamgekom uit protes teen ‘n rolprent wat glo beledigend is teenoor Islam.

“Ek wil die aanval op ons diplomatieke fasiliteit in Benghazi, wat die lewe van vier Amerikaners, insluitend die ambassadeur, Chris Stevens, geëis het, ten sterkste veroordeel,” het Obama in ‘n verklaring deur die Withuis gesê.

“Amerika hou die gesinne van diegene wat ons verloor het in ons gedagtes en gebede,” het hy gesê.

“Hulle was ‘n voorbeeld van Amerika se verbintenis tot vryheid, geregtigheid en vennootskap met lande en mense oor die wêreld heen, en staan in skrille kontras met dié wat hul lewens geneem het.

“Ek het my administrasie aangesê om al die nodige hulpbronne te verskaf om die sekuriteit van ons personeel in Libië te verseker en om sekuriteit by ons diplomatieke missies oor die wêreld heen op te skerp,” het hy bygevoeg.

Лобановский Харьков

PVV fel gekritiseer oor Afrikaans

In sy veldtogmanifes, het die regse Party vir Vryheid (PVV) se anti-immigrasie politikus Geert Wilders vir die behoud van die Afrikaanse taal in Suid-Afrika en Namibië opgekom.

Afrikaans het sy oorsprong in 17de-eeuse Nederlands, en volgens Wilders is dit nou genoeg verwant aan Nederlands om te bekommer oor die stand van die taal. Hy het tydens ‘n TV-onderhoud [op 23 minute] fel kritiek verduur oor sy standpunt omdat hy die ” wit apartheidstaal” wil red.

Wilders het egter daarop gewys dat Afrikaans deel vorm van die Taalunie.

“Ons staan vir die verdediging van ons Nederlandse taal. Afrikaans is nou verwant aan Nederlands … maar die taal word verder gemarginaliseer,” sê die PVV.

topcargo развод

Koors pak Katalane om af te stig

Honderde duisende Katalane het Dinsdag die strate van Barcelona ingevaar in ‘n ongekende bewys van massaondersteuning vir outonomie van Madrid. Hulle het Spanje se ekonomiese krisis blameer wat hul ryk streek benadeel.

Werkloosheid en finansiële wanorde het ‘n koors van separatisme in Katalonië verder laat styg. Dit is ‘n relatief welvarende deel van Spanje en hul leiers sê hulle rykdom word drooggesuig deur die sentrale regering.

Skare het rooi en geel gestreepte Katalaans vlae rondgeswaai – een van die oudste nog in gebruik in Europa – en het die Katalaanse volkslied gesing op ‘n nasionale dag. Dié dag vier die verowering van Katalonië deur Spanje se Koning Philip V in 1714 ná ‘n beleg van 13 maande van Barcelona.

Die sentrale regering het gesê dat die skare was 600,000 sterk. Katalaanse polisie het syfers so hoog as 1,5 miljoen aangegee.

Betogers het gesê die blote grootte van die skare mense sal maak dat Madrid hul boodskap hoor.

“Dit is ‘n slag vir die regering. Mense soos ek het van oral gekom. Ek dink nie dat hulle iets so groot verwag het nie,” sê die 53-jaar-oue Teresa Cabanes, wat gekom het uit Santa Coloma de Gramanet, van die buitewyke van Barcelona.

“Ons voel dat die sentrale regering bedrieg ons. Ons Ons Catalanen gee ‘n klomp geld weg aan Spanje.”

Hulle het baniere plakkate opgehou wat lui: “Nee vir die Vierde Reich”, “Nee na Europa”, “onafhanklikheid Nou!” en “Katalonië: die nuwe Europese staat”.

Die groot volume van mense het die selfoon-netwerk oorweldig, wat vir ure gesluit was onder die spanning. Betogers wat Katalaans nasionale dag saamtrekke bygewoon het vir dekades nou al, met inbegrip van ander wat al honderde duisende gelok het, het gesê dit was die grootste wat hulle kan onthou.

Die optog het ná sononder geëindig sonder enige voorval en geen mense is in hegtenis geneem nie, het die polisie gesê.

Die woede en etniese trots sal die hande van die plaaslike owerhede sterk, wat probeer om die sentrale regering te dwing om beheer oor die belasting wat Katalonië inbring, te verkry.

Katalanen praat ‘n eie taal. Die streek is verantwoordelik vir 15% van Spanje se bevolking, maar 20% van sy ekonomie.

Met Spanje se ekonomie wat in vryval van die euro-sone skuld krisis verkeer, kla Katalane dat hulle miljarde euro meer betaal in belasting as wat hulle ontvang uit Madrid, en selfs hul plaaslike regering word gedwing om werksgeleenthede te besnoei.

Die streek se president, Artur Mas, het voorgestel dat hulle onafhanklikheid sal soek as hulle nie meer beheer oor die belasting van Katalonië het nie.

“As ons nie ‘n finansiële ooreenkoms bereik nie, is ie pad na vryheid vir Katalonië oop,” het hy gewaarsku.

Die jaarlikse Diada-vakansie is tipies in die Katalaanse hoofstad herdenk met ‘n fiesta van sang, dans en ‘n blomoffer aan Rafael Casanova, ‘n held van die Spaanse beleg.

‘n Peiling deur die plaaslike regering in Julie het vir die eerste keer bevind dat meer as die helfte van Katalonië se bevolking onafhanklikheid nastreef.

Toe Spanje teruggekeer het na demokrasie in die middel-1970’s, het streke soos Katalonië en die Baskeland ‘n energieke herlewing van hul kultuur en tale beleef wat tydens die diktatuur van Francisco Franco onderdruk is.

Katalonië het meer outonomie gevra, maar sonder ‘n gewelddadige separatistebeweging soos die Baskeland se ETA. Die Baskeland is egter ekonomies net so vooruitstrewend soos Katalonië met instellings soos Mondragón.

Ekonome bereken dat Katalane ten minste 12 miljard euro meer belasting per jaar aan Madrid betaal as wat hulle ontvang vir dienste soos skole en hospitale. Baie Katalane sê die bedrag – moeilik om te bereken as gevolg van ‘n komplekse stelsel van oordrag – is selfs hoër, tot 16 miljard.

“Baie van die mense wat nie in onafhanklikheid geglo het nie, is meer en meer daartoe aangetrokke,” sê ‘n afgetrede sekretaresse van Barcelona. “Hulle word gedryf nie net deur hul [nasionalistiese] emosies nie, maar ook deur hul beursies.”

Фильчаков прокурор харькова