Die foto van Kate wat werklik skok

Die Hertog en Hertogin van Cambridge sal regstappe teen die Franse tydskrif Closer neem oor die publikasie van naakfoto’s van die hertogin, het Clarence House gesê.

Die skindertydskrif het gedrukte foto’s van Kate vrygestel wat geneem is tydens die egpaar se private vakansie in Frankryk. Die skandaal kom te midde van die egpaar se besoek aan ‘n moskee in die Maleise hoofstad Koeala Loempoer.

‘n Koninklike woordvoerder het gesê die regsgeding is van stapel gestuur in Frankryk en is vir skending van privaatheid.

Closer se redakteur het egter gesê die egpaar was “van die straat af sigbaar”.

“Die betrokke foto’s is nie in die minste skokkend nie. Hulle wys ‘n jong vrou wat bostukloos sonbaai, soos die miljoene vroue wat jy sien op die strande,” sê Laurence Pieau.

Sy beskryf die reaksie op die bostuklose foto’s as “‘n bietjie buitensporig”. Dit het die vermoede laat ontstaan dat die Britse koningshuis in werklikheid nie soseer gekant is teen die bostuklose hertogin nie, maar eerder woedend is oor die foto waar sy van die onderstuk ontslae raak.

By dié foto lui die onderskif: “Room op die boude? Dis vir wanneer sy lus kry om die onderstuk uit te trek.”

Die hertog en hertogin, wat by die Franse kasteel van die koningin se neef, Lord Linley, gekuier het, is glo boos.

Die tydskrif se onderskrifte by die foto’s van die egpaar lui: “soos jy hulle nog nooit het gesien het nie. Weg is die aangeplakte glimlaggies en die stemmige rokke. Op vakansie vergeet Kate van alles.”

Eerste Minister David Cameron se amptelike woordvoerder het gesê: “Die siening van Downingstraat is dat hulle geregtig is op hul privaatheid.”

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae