Die sentrum-regse Frankfurter Allgemeine Zeitung skryf:
“Die moord van ‘n ambassadeur in Libië en die aanvalle op die Amerikaanse diplomatieke missies in ander Arabiese lande sal seker die skeptisisme wat meer as ‘n paar Amerikaners teenoor Moslems voel en die politieke veranderinge wat deur die Arabiese revolusies teweeg gebring word, versterk. Die diepe Amerikaanse oortuiging lui dat mense van slawerny en diktatorskap bevry moet word, en dan sal demokrasie en ‘n mark-ekonomie ontwikkel min of meer soos hul eie. Dié geloof is tot as verbrand deur die vuur van Irak. ‘n Feit wat akademici en histories ingeligte diplomate altyd geweet het, kan nou waargeneem word in die hele Arabiese wêreld: Diep ingeburgerde kulturele houdings verander nie net omdat een politieke regime vervang word met ‘n ander nie. In die lang bouproses ‘n demokratiese samelewing, is dit nie moontlik om net stadiums oor te slaan nie”.
Die linkse Berliner Zeitung skryf:
“Vier jaar gelede, het Obama belowe om versoening te soek met die Moslem wêreld. Nou is dit te betwyfel of hy daarin geslaag het. Die VSA en sy Europese bondgenote moet nou hulself afvra hoeveel steun hulle steeds geniet in die lande van die Arabiese Lente.”
Die sentrum-linkse dagblad Süddeutsche Zeitung skryf:
“Sedert die Arabiese Lente uitgebreek het, is daar baie moeilike oomblikke in die verhoudings tussen Amerika en die Arabiese volke, maar min so delikaat soos hierdie een. Amerika het skaars invloed in die streek, en word nou gekonfronteer met anti-Amerikaanse sentiment in plekke waar daar nie meer diktators in beheer is nie. Hulle wat gelyktydig Amerika gebruik en verag is besig om invloed te kry.
“Midde-Oosterse beleid is ‘n ondankbare taak vir Amerika, maar vir presies hierdie rede – en ten spyte van die verkiesingsveldtog, sal dit onverstandig wees om olie op die vuur te gooi. Die feit dat President Obama wapens en soldate na Libië ontplooi, en binnekort onbemande tuie, is nie ‘n goeie teken nie.”
Die konserwatiewe Die Welt skryf:
“Die Amerikaanse president Barack Obama se Midde-Oosterse beleid is in puin. Soos geen president voor hom nie, het hy probeer om die Arabiese wêreld oor te wen. Na ‘n aanvanklike huiwering, het hy uitgekom duidelik aan die kant van die demokratiese revolusies …. In hierdie konteks, moet hy aanvaar dat hy ou intieme vriende en bondgenote soos Israel, Saoedi-Arabië en die Egiptiese weermag die rug gekeer het. En nou ook dele van die bevryde gemeenskappe wat draai teen die land wat gehelp het om hulle tot stand te bring. Anti-Amerikanisme in die Arabiese wêreld het selfs verhoog tot vlakke hoër as in die Bush-era. Dit is ‘n bitter uitkoms vir Obama.
“Obama was naïef…[…] Washington het die beeld van ‘n supermoondheid in die proses van agteruitgang by gemeenskappe daar uitgestraal. Hierdie beeld van swakheid word uitgebuit deur Salafiste en Al-Kaïda, wat aktief is in Noord-Afrika van Somalië tot Mali.”
Die linkse Die Tageszeitung skryf:
“Dit is gelukkig vir Obama dat sy opponent Romney so swak optree. In plaas daarvan om die aanvalle soos ‘n staatsman te veroordeel en die president van sy steun te verseker, het Romney die regering se beweerde ‘verskoning’ aan die betogers gekritiseer. Dit was nie net nonsens nie, maar partydige manoeuvres op ‘n oomblik wanneer patriotisme meer gepas sou gewees het. Met sy aanval, het Romney ‘n eie doel aangeteken.”
Die finansiële daaglikse Handelsblatt skryf:
“Drie jaar na Obama se toespraak in Kaïro, wat veronderstel was om ‘n nuwe begin in die Midde-Ooste te inisieer, het die Verenigde State nou nog minder ondersteuning in die streek as voorheen. Dit nie is ‘n mislukking van die president nie. In plaas daarvan, is dit die gevolg van ‘n Amerikaanse buitelandse beleid wat vir dekades mag bó demokrasie, en ‘n harde aanslag bó menseregte bevoordeel – en wat nou sal ly aan ‘n geloofwaardigheidsprobleem vir ‘n lang tyd vir presies daardie redes.”
“Mitt Romney […] het egter ‘n skrikwekkend hoë vlak van onbevoegdheid tov buitelandse beleid getoon.”
Die massa-sirkulasie dagblad Bild skryf:
“Naakte haat en woede teen ‘n land wat baie mense in die wêreld beskou as ‘n simbool van vryheid. Wanneer Amerikaanse vlae verbrand word, ambassades gevandaliseer, en diplomate vermoor, is dit ‘n aanval op die Weste, en nie net Amerika nie!
“Die onrus in Libië, Kaïro, en Bangladesj is ‘n terugkeer na die Middeleeue, toe mense onthoof is en tot die dood gestenig. Geen patetiese anti-Islam film kan haat-gevulde moord regverdig nie.”
“Die Weste moet taai wees teen terrorisme. En moet wys dat hulle kan onderskei tussen die gespuis en vreedsame Moslems.”
