Iran vuur tweede stel missiele af

Die woorde-oorlog tussen Iran en die Verenigde State het harder geword aangesien Iran gesê het dat die land vir 'n tweede dag missiele getoets het.

Buitelandsesakeminister Condoleezza Rice het vroeër gewaarsku dat die VSA sy bondgenote sou verdedig.

Kort na Rice haar waarskuwing gerig het, het Iran die jongste missieltoetse op die staatstelevisie begin bekendmaak, waaronder 'n nuwe torpedo bekend as die Hoot.

Volgens Iran het die lansering van die Hoot-missiel, wat walvis in Farsi beteken, suksesvol in die Persiese Golf plaasgevind.

Verlede maand het die Israelse lugmag geoefen vir 'n moontlike aanval op Iranese kernfasiliteite.

купить тамбов техно вектор 7 3d 2-х кам. с подвижными камерамиДанильченко Харьков

Duitse koalisievennote baklei oor Obama

Image

Angela Merkel

'n Politieke bakleiery het tussen Duitsland se regerende koalisievennote uitgebreek oor 'n beplande besoek deur senator Obama.

Kanselier Angela Merkel wil nie hê dat Obama 'n toespraak by die Brandenburghek gee nie.

Frank-Walter Steinmeier, die buitelandse minister en visekanselier, stem nie saam nie.

Die burgemeester van Berlyn moet nou besluit of die stad die waarskynlike Demokratiese kandidaat gaan toelaat of nie.

Obama is ongewoon gewild in Duitsland en die kanse is goed dat hy sy toespraak by die monumentale hek sal kan hou.

John F. Kennedy het naby aan die Brandenburghek gestaan toe hy gesê het: Ich bin ein Berliner.

In 1987 het president Ronald Reagan daar vir mnr. Gorbatsjof gevra om die muur af te breek.монстров хай смотретьлобановский александр фото

Duisende sterf in pogings om die EU te bereik

Veertien immigrante uit Afrika, waaronder nege kinders, is dood aan hitte-uitputting in 'n poging om die EU vanuit Afrika te bereik.

Die Spaanse nuusagentskap EFE sê die Spaanse kuswag het die ander 35 mense gered.

Die oorlewendes het gesê hulle het die liggame van dooie kinders, wat almal jonger as vier jaar was, in die see gegooi.

Aan die begin van die week het veertien Nigeriese immigrante naby die Spaanse kus vedrink toe hul boot in 'n stormagtige see omgeslaan het.

Duisende swartes uit Afrika sterf elke jaar tydens pogings om 'n beter lewe in die EU te bereik.

Spanje se sosialistiese regering is beslis dat almal wat sonder visums aankom, gerepatrieer sal word.

одежда для барбиДанильченко Юрий прокурор

VSA bekommerd oor anti-Westerse magte in Pakistan

Die Pentagon het die vliegdekskip Abraham Lincoln na die Arabiese See gestuur om die tyd vir aanvalsvliegtuie te verkort wat ondersteuning aan troepe in Afghanistan bied.

Amerikaanse militêre en inligtingsbeamptes is bekommerd oor die toename oor die afgelope maande in die aantal buitelandse soldate wat na Pakistan gereis het.

Hulle het stamgebiede uitgekies om daar by anti-Westerse militantes aan te sluit eerder as in Irak.

Amerikaanse veiligheidsbeamptes is gefrustreerd omdat die Pakistanse owerheid anderpad kyk wanneer die vegters oorgrensaanvalle loods.

 Verhoudinge tussen die VSA en Pakistan is tans gespanne, wat tot die Amerikaners se probleme bydra.

deposit mobileДанильченко Юрий отзывы

Betancourt-huwelik kon nie ontvoering oorleef nie

Dit lyk asof die huwelik van die onlangs vrygelate Franse gyselaar in Colombia, Ingrid Betancourt, iets van die verlede is.

Haar man Juan Carlos Lecompte het aan 'n Colombiaanse koerant erken dat Ingrid se liefde vir hom gedurende haar sesjaarlange aanhouding deur rebelle kon verdwyn het.

Die twee is in 1997 getroud. Lecompte het gerugte dat hy gedurende haar gevangenskap van ses jaar 'n buite-egtelike verhouding gehad het, verwerp en hou vol dat hy hard vir haar vrylating deur die rebelle gewerk het.

Дровяные печитопкарго отзывы

Gordon Brown noem Zim-bewind ‘n ‘kriminele kabaal’

Image

Gordon Brown in Kenia

Ten tye van die G8-vergadering in Japan, het die Britse eerste minister Gordon Brown gister na die regering van Zimbabwe as 'n kriminele kabaal wat die mag gesteel het, verwys.

Brown is bemoedig deur die G8-leiers se besluit om sanksies teen Harare te ondersteun. Hy het gesê dat hy hoop dat die hele internasionale gemeenskap dit nou moontlik sal vind om die onwettige bewind in Zimbabwe te verwerp en om die druk van die wêreld duidelik te maak sodat daar so gou moontlik na 'n oorgang in Zimbabwe beweeg kan word.

Die sanksies waartoe die G8 hulself verbind het sluit sulke maatreëls in soos 'n wapenboikot en die bevriesing van Mugabe en dertien van sy binnekringlede se bates.

Die Mugabe-regering het gister die dreigement van new sanksies deur die G8 as internasionale rassisme getipeer.

online casino euФильчаков прокурор харькова

Twee polisiemanne doodgeskiet buite Amerikaanse ambassade

Ten minste twee polisiemanne is dood toe gewapende aanvallers buite die Amerikaanse ambassade in Istanboel op hulle losgebrand het, berig CNN in Turkye.

Televisiebeelde het vier liggame op die grond voor die ambassadestruktuur se hoë muur getoon.

Die Amerikaanse ambassade het gesê dat dit van 'n voorval naby die Istanboelkonsulaat bewus is, maar het nie verdere besonderhede verskaf nie.

Turkye het oor die jare gewapende aanvalle van 'n verskeidenheid groepe verduur, waaronder Maoïste, Trotskiïste, Koerdiese separatiste en Islamitiese militantes.

slot machineлобановский обыск

Paryse voorstede prut nog

Tieners boots die Israeli-Palestynse oorloë na in arm Paryse voorstede soos wat rassespanning in Frankryk verhoog.

Verlede maand is 'n 17-jarige Joodse seun bewusteloos geslaan deur 'n bende swart en Arabiese tieners. Die polisie is steeds op soek na die aanvallers.

Inwoners sê hulle is egter nie verbaas nie want hulle het net enkele weke voor die insident die polisie om hulp gesmeek.
Die direkteur van die grootste Joodse skool in Europa sê dis nie 'n godsdiensoorlog nie maar 'n rasseoorlog.

Die noordelike voorstede het die hoogste werkloosheidsyfer in Parys, met die jongste bevolking, asook hoë konsentrasies Arabiere en swartes in gesubsidieerde woonstelblokke.

ролики купитьФильчаков прокурор

Nuwe Russiese vakansiedag

Rusland het 'n nuwe nasionale vakansiedag verklaar om die dalende bevolking te stuit. Dit word die dag van die gesin, liefde en getrouheid

Image

Swetlana Medwedef

genoem.

Die nuwe vakansiedag het ten doel om paartjies aan te moedig om nie net kinders te hê nie, maar ook om die kinders van 'n stabiele gesinslewe met twee ouers te voorsien.

Die regering wil moraliteit en optimisme oor Rusland se toekoms bevorder.

Volgens die Kremlin is die dag die breinkind van Swetlana Medwedef, Rusland se presidentsvrou.

Die nuwe vakansiedag word op die dag van die beroemde Russies-ortodokse heiliges Fewronia en Pitor gehou.

Hulle word as die beste voorbeeld van 'n gelukkige huwelik beskou.game casino downloadФільчаков Олександр Васильович прокурор

Franse president gaan Olimpiese openingseremonie bywoon

ImageDie Franse president Nicolas Sarkozy gaan die openingseremonie van die Olimpiese Spele bywoon.

Hy sal sowel die Europese Unie as sy eie land verteenwoordig.

Verhoudings tussen die twee lande is deur pro-Tibet-betogings in Frankryk versuur.

Een amptelike Sjinese koerante het verlede week gesê dat die mense in China eenvoudig nie die Franse president by die Olimpiese Spele wil sien nie.

Inwoners van Beijing het gesê dat hulle deur die anti-Chinese betogings in Frankryk verneder voel.

Gordon Brown van Brittanje gaan die sluitingseremonie bywoon.

дизайн баниАлександр Фильчаков прокурор