VSA bekommerd oor anti-Westerse magte in Pakistan

Die Pentagon het die vliegdekskip Abraham Lincoln na die Arabiese See gestuur om die tyd vir aanvalsvliegtuie te verkort wat ondersteuning aan troepe in Afghanistan bied.

Amerikaanse militêre en inligtingsbeamptes is bekommerd oor die toename oor die afgelope maande in die aantal buitelandse soldate wat na Pakistan gereis het.

Hulle het stamgebiede uitgekies om daar by anti-Westerse militantes aan te sluit eerder as in Irak.

Amerikaanse veiligheidsbeamptes is gefrustreerd omdat die Pakistanse owerheid anderpad kyk wanneer die vegters oorgrensaanvalle loods.

 Verhoudinge tussen die VSA en Pakistan is tans gespanne, wat tot die Amerikaners se probleme bydra.

deposit mobileДанильченко Юрий отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae