Die Spaanse nuusagentskap EFE sê die Spaanse kuswag het die ander 35 mense gered.
Die oorlewendes het gesê hulle het die liggame van dooie kinders, wat almal jonger as vier jaar was, in die see gegooi.
Aan die begin van die week het veertien Nigeriese immigrante naby die Spaanse kus vedrink toe hul boot in 'n stormagtige see omgeslaan het.
Duisende swartes uit Afrika sterf elke jaar tydens pogings om 'n beter lewe in die EU te bereik.
Spanje se sosialistiese regering is beslis dat almal wat sonder visums aankom, gerepatrieer sal word.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.