Duitse koalisievennote baklei oor Obama

Image

Angela Merkel

'n Politieke bakleiery het tussen Duitsland se regerende koalisievennote uitgebreek oor 'n beplande besoek deur senator Obama.

Kanselier Angela Merkel wil nie hê dat Obama 'n toespraak by die Brandenburghek gee nie.

Frank-Walter Steinmeier, die buitelandse minister en visekanselier, stem nie saam nie.

Die burgemeester van Berlyn moet nou besluit of die stad die waarskynlike Demokratiese kandidaat gaan toelaat of nie.

Obama is ongewoon gewild in Duitsland en die kanse is goed dat hy sy toespraak by die monumentale hek sal kan hou.

John F. Kennedy het naby aan die Brandenburghek gestaan toe hy gesê het: Ich bin ein Berliner.

In 1987 het president Ronald Reagan daar vir mnr. Gorbatsjof gevra om die muur af te breek.монстров хай смотретьлобановский александр фото