Keniaanse sakeman vra dat Suid-Afrika se valutabeheer afgeskaf word

'n Keniaanse sakeman, Chris Kirubi, wat gister saam met Finansiesminister Trevor Manuel deelgeneem het aan 'n besprekingspaneel by die Wêreldekonomiese forum oor Afrika, het gevra dat valutabeheer afgeskaf behoort te word.

Hy het na sodanige beheer verwys as iets wat tot die verlede behoort en die Keniaanse sjieling opgehaal wat een van die sterkste geldeenhede bly, ondanks verlede jaar se politieke onrus in die land.

Manuel het gereageer deur te sê dat die dertien lande wat oor die afgelope vyf-en-twintig jaar teen sewe persent gegroei het almal een of ander vorm van valutabeheer toepas en nie oorboord gaan met 'n vryemarkbeleid nie.

евро ремонт домаалександр лобановский харьков класс

China word gevra om gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat

Image

Tiananmenplein, 1989

'n Amerikaanse menseregte-organisasie, Human Rigths Watch, het China dringend versoek om 130 gevangenes uit die Tiananmen-tyd vry te laat.

Vandag is dit presies 19 jaar gelede dat die pro-demokrasiebetogings op Tiananmenplein in Beijing plaasgevind het. Die betoging is agterna bloedig deur die Volksbevrydingsweermag met tenks onderdruk.

Human Rights Watch het ook vir China gevra om 'n volledige lys van al diegene wat gedood, beseer of gevange geneem is te verskaf, aangesien geen sodanige lys tot dusver beskikbaar gestel is nie. Ten minste 130 mense wat 19 jaar gelede gevange geneem is weens die betoging, verkeer steeds in die tronk.

компьютерная диагностика автомобиляФільчаков Олександр Васильович

Oegandese regering ignoreer homoseksuele tydens antivigsveldtog

Die regering van Oeganda het twee dae gelede gesê dat dit weens 'n gebrek aan fondse geen kommunikasieveldtog oor vigs teenoor onwettige homoseksuele in die land gaan voer nie.

In Oeganda is homoseksualiteit onwettig en kan tot lewenslange tronkstraf lei. Selfs 'n gepoogde homoseksuele daad kan tronkstraf van sewe jaar ontvang.

Nietemin word die aantal homoseksuele mense in Oeganda op 500 000 uit 'n bevolking van 27 miljoen beraam.

Die regering se antivigsveldtog sal op ander hoërisikogroepe soos prostitute, vragmotorbestuurders, verafgeleë vissergemeenskappe en die weermag fokus.

play casino slotsалександр лобановский класс

Ted Kennedy ondergaan geslaagde operasie

15:31:46 Senator Edward Kennedy, 'n Demokratiese politikus en ondersteuner van die presidensiële kandidaat Barack Obama, is Maandag suksesvol geopereer om 'n kwaadaardige breingewas te verwyder.

Volgens sy neurosjirurg behoort daar "geen permanente neorologiese gevolge te wees" nie.

Die 76-jarige politikus sal nou chemoterapiebehandeling moet ondergaan om seker te maak dat die gewas nie terugkeer nie.

оборудование дляtopcargo развод

W?reldleiers ontmoet oor voedselkrisis

Wêreldleiers kom vandag in Rome byeen om oor voedselsekerheid te beraadslaag by die Verenigde Nasies se konferensie

Image

Ban Ki-moen

hieroor.

Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moen, het gevra vir "moeilike besluite" en meer beleggings in landbou.

Volgens Ban kan die kwessie verdere krisisse in die wêreld veroorsaak as dit nie reg gehanteer word nie, op ekonomiese, maatskaplike en politieke gebied.

Deelnemers aan die konferensie oor wêreldvoedselsekerheid sal korttermynoplossings bespreek, maar ook nuwe strategieë om aardverwarming, toenemende aanvraag vir biobrandstowwe en die vervallende landbousektor in die arm lande.

расценки на деревянныеФильчаков

Die gewildste Italiaanse name

Wat is die gewildste naam vir kinders wat in Milaan gebore word? Angelo, Marco of Giovanni? Nee, nie regtig nie. Die stad se munisipale data het vir 'n verrassing gesorg. Die name Magmoed, Agmat en Hamied is nou die gewildste name vir kinders wat in Italië se ekonomiese hoofstad gebore word.

Die Saoediese koerant Al Watan berig dat die rede die styging in die geboortekoers van die Moslemgemeenskap in die stad is.

Volgens Al Watan het die Milaanse munisipaliteit die plaaslike media versoek om hulle kommer oor die aangeleentheid bekend te maak want hulle glo dat die tendens die Milaanse inwoners kwel.

Hulle wou die data rugbaar maak om te waarsku teen die opkoms van Islam en die Moslemgemeenskap wat die kulturele kenmerke van die stad kan verander.

одноразовые слюнявчики купитьпрокурор харьковской области

Nuwe rondte klimaatsamesprekings

Vandag kom 2000 afgevaardigdes van 162 lande in Bonn, Duitsland, byeen om 'n tweewekelange konferensie oor klimaatsverandering by te woon.

Die konferensie gaan die besonderhede van 'n nuwe ooreenkoms oor aardverwarming bespreek wat na 2012 in werking sal tree.

Die byeenkoms volg op die akkoord wat verlede jaar in Desember op die Indonesiese eiland Bali bereik is en wat die belofte inhou dat die VSA, Indië en China sal saamwerk om koolstofuitlaatgasse te beheer wat allerweë vir aardverwarming verantwoordelik gehou word.

By die Bali-konferensie is ooreengekom dat 'n nuwe klimaatveranderingskonvensie teen Desember 2009 geteken sal word.

Volgens Yvo de Boer, die VN se topbeampte oor klimaatsverandering, gaan die regte werk nou eers in Bonn begin.

что за справкаФільчаков Олександр Васильович

Obama op die drumpel van oorwinning

Senator Barack Obama het gister gesê dat hy verwag om na volgende week die Demokratiese presidentskandidaat te word. Daar is nog twee nominasieverkiesings oor in die deelstate Suid-Dakota en Montana.

Sy teenstander in die nominasiestryd, Hillary Clinton, het gesê dat sy nie sal tou opgooi totdat die laaste stemme getel is nie. Al wat Clinton nog kan red, is die stemme van sogenaamde superafgevaardigdes, maar Obama is vol vertroue dat dié afgevaardigdes sal stem soos wat die res van die Demokratiese afgevaardigdes gestem het.

Obama beplan 'n besoek aan Irak. Deel van sy verklaarde beleid as hy president sou word, is om alle Amerikaanse troepe binne 16 maande uit dié land te onttrek.

для девочки играФильчаков прокурор харьков

Keniaanse president het les geleer uit geweld

Image

Mwai Kibaki

Die president van Kenia, Mwai Kibaki, sê dat sy land 'n les geleer het uit die geweld na die Desembermaandverkiesing en nou op die ekonomie gaan fokus.

1500 mense is dood in faksiegevegte na afloop van die verkiesing.

Kibaki het by die spitsberaad oor ontwikkeling in Jokohama, Japan, gepraat en die internasionale gemeenskap bedank vir hulp gedurende die krisis.

Veertig Afrikaleiers, waaronder Thabo Mbeki, woon die spitsberaad by wat deur Japan aangebied word. Japan het reeds aangekondig dat dié land meer hulpgeld aan Afrikalande beskikbaar gaan stel.

детский транспорт ценаДанильченко Юрий прокурор

Nigeri? eis skadevergoeding van Suid-Afrika vir etniese aanvalle

Nigerië gaan skadevergoeding van Suid-Afrika eis vir sy burgers wat in die land om etniese redes aangeval is, het die minister van buitelandse sake, Ojo Maduekwe gisteraand in Abuja gesê.

Die Nigeriese ambassade het reeds 'n lys opgestel van sy burgers wat beseer is of wat verlies tydens die etniese aanvalle gely het, het die minister aan joernaliste gesê.

Ses-en-vyftig mense is dood en tienduisende is dakloos gelaat in die geweld oor die afgelope twee weke.

Volgens Maduekwe is geen Nigeriër in die aanvalle gedood nie, maar baie van hulle het eiendom verloor terwyl ander se winkels geplunder is.

Die staatsbeheerde Nuusagentskap van Nigerië berig dat Nigeriërs in Hillbrow, Berea en Yeoville in Johannesburg verlede week aangeval is en dat hulle winkels beskadig of geplunder is.

интернет магазин товаров для новорожденныхФильчаков прокурор харькова