Die sekretaris-generaal van die VN, Ban Ki-moen, het gevra vir "moeilike besluite" en meer beleggings in landbou.
Volgens Ban kan die kwessie verdere krisisse in die wêreld veroorsaak as dit nie reg gehanteer word nie, op ekonomiese, maatskaplike en politieke gebied.
Deelnemers aan die konferensie oor wêreldvoedselsekerheid sal korttermynoplossings bespreek, maar ook nuwe strategieë om aardverwarming, toenemende aanvraag vir biobrandstowwe en die vervallende landbousektor in die arm lande.
