Die akteur Robert de Niro het om verskoning gevra oor ‘n rassistiese grap by ‘n presidensiële geldinsameling wat hy met Michelle Obama gedeel het oor ‘n “wit presidentsvrou” ná die Amerikaanse verkiesing.
Die Oscar-bekroonde ster van “The Godfather” en “Raging Bull” sê hy het geen bybedoeling met die opmerking oor die vroue van die Republikeinse presidensiële aanspraakmakers Newt Gingrich, Rick Santorum en Mitt Romney gehad nie.
“My opmerkings, hoewel as ‘n satiriese grap bedoel, was nie om aanstoot te gee of iemand in die verleentheid te stel nie – veral nie die eerste dame nie,” het De Niro in ‘n verklaring gesê.
Obama se veldtogwoordvoerder, Olivia Alair, het die grap “onvanpas” genoem.
Die akteur het Maandagaand in New York ‘n geldinsamelingsgeleentheid vir die herverkiesing van pres. Barack Obama bygewoon.
De Niro het begin deur die vroue van Republikeinse presidentskandidate te noem. “Callista Gingrich, Karen Santorum, Ann Romney. Dink julle rêrig ons land is gereed vir ‘n wit presidentsvrou?”
Die skare van skenkers voor hom het geskater van die lag, maar De Niro het toe bygevoeg: “Te vroeg, reg?”
Newt Gingrich het die opmerkings onverskoonbaar en verdelend genoem. Michelle Obama se kantoor het gesê die grap was “onvanpas.”

Die Franse polisie het laat Woensdag ‘n aanval geloods op ‘n woonstel waar die vermeende moordenaar van sewe mense in die naam van Al-Kaida geskuil het, het amptenare gesê.
Die polisie het probeer om eers die 24-jaar-oue Mohammed Merah te oorreed om oor te gee, nadat hy deur die deur op hulle geskiet het.
Die Joodse slagoffers van die Ozar Hatorah-skool is Woensdag in ‘n aandoenlike seremonie in Jerusalem begrawe.
Frankryk, wat die grootste Joodse bevolking van ‘n halfmiljoen in Wes-Europa huisves, is geruk deur die moorde by ‘n Joodse skool in Toulouse.
Swede was die eerste Europese land om banknote in te voer in 1661. Nou is hulle al verder as die meeste op die pad om ontslae te raak daarvan.