In Colorado Springs, die sentrum van die evangeliese beweging, is daar min McCain-ondersteuners.
Anders as Bush, verwys McCain min na sy persoonlike geloof.
Sekere van Barack Obama se raadgewers glo nou dat hulle vele evangeliese kiesers kan oorhaal wat vir Bush gestem het aangesien vele kerke nou nie-Republikeinse kwessies soos armoede, vigs en omgewingsbewustheid omhels het.

Lugrederye staar geweldige uitdagings in die gesig met die stygende brandstofkoste.
Nelson Mandela het Koningin Elizabeth II van Engeland vertel dat sy jonger lyk toe sy hom gister by Buckinghampaleis verwelkom het.
'n Reddingsbaadjie vanaf die Titanic het byna 70 000 dollar by 'n veiling deur Christie in New York behaal.
Strateë in die Obama-kamp meen hulle het 'n goudmyn van nuwe Demokratiese kiesers ontdek.
Nelson Mandela het in Brittanje aangekom waar hy sy negentigste verjaardag sal vier. 'n 46664-konsert sal ter ere van hom in Londen se Hydepark gehou word.