Duisende betoog in China

Duisende ontstoke Chinese boere en afgedankte plaaswerkers het Maandag in die Hunan-provinsie van sentraal-China tot geweld oorgegaan en polisievoertuie bestorm en aan die brand gesteek in ‘n reeks van vele optogte.

Nege polisievoertuie is uitgebrand toe nagenoeg 20 000 mense 1000 gewapende polisielede bestorm het in net een insident, berig Reuters. Blykbaar is korrupsie onder regeringsamptenary een van die vernaamste oorsake van dié spanning.

Op die webblad genaamd www.boxun.com wat op die Chinese vasteland geblokkeer word vanweë die kritiek wat dit bevat, word beweer dat stygende vervoerkoste tot die uitbraak van geweld aanleiding gegee het.

Die Chinese owerhede het egter in ‘n verklaring gesê dat die onrus onder beheer is en dat die aanstigters aangehou word. Volgens dieselfde bron was die aantal “massa-insidente” – dit sluit optogte, petisies en protes in – in die laaste jaar 23 000. Die regering voel himself skynbaar verbind daartoe om die aansienlike verskille in rykdom tussen die 750 miljoen boere op die platteland en stedelinge aan te spreek.

Vroeër die jaar het ‘n deskundige,  Dr. Albert Keidel, voor ‘n Amerikaanse kommissie belas met ‘n oorsig oor ekonomiese en veiligheidsaangeleenthede tussen die VSA en China, getuig dat “spontane” oproer, geweld en sterftes in die wêreld se mees snelgroeiende ekonomie tans algemeen voorkom.

Volgens Joshua Muldavin wat 8 jaar op die Chinese platteland deurgebring het en ook verslag gedoen het, het die Chinese minister van Openbare Veiligheid erken dat daar in 2005 soveel as 87 000 “insidente” was waar meer as 15 mense by betrokke was. Dit verteenwoordig ‘n toename van 6,5% teenoor die vorige jaar.

Prof. Muldavin sê voorts dat die Chinese regering se manier om kleinboere se grond goedsmoeds te konfiskeer vir die oprigting van nywerhede en nuwe ontwikkeling aanleiding gegee het tot die gesegde van ‘n “twee-mond” lappie grond, dws ‘n stukkie grond wat te klein is om vyf monde mee te voed. Hierdie boere word dan noodgedwonge deel van die migrasiestroom van 200 miljoen wat die stede aandurf op soek na ‘n leefbare heenkome.

Trouens, Muldavin meen dat die grondkwessie ‘n “tydbom” kan wees omdat kleinboere nie behoorlik vir hul grond vergoed word nie en ook nie hul griewe na behore gelug kry nie. Hy sê dat dit toenemend lei na die delegitimering van staatsgesag in die armer provinsies.

Verslae wat onlangs oor hierdie aangeleenthede aan die Amerikaanse Kongres voorgelê is, kan by www.uscc.gov. bekom word.

липецк оборудованиелобановский александр дочь

Aalmoes aan Liberi

Image

Johnson-Sirleaf

Suid-Afrika gaan ’n gedeelte van Liberië se skuld aan die Afrika Ontwikkelingsbank betaal. Die bedrag beloop meer as R26 miljoen, is Donderdag bekendgemaak. Die kabinet het Woensdag ’n versoek van die bank goedgekeur dat Suid-Afrika die uitstaande skuld namens Liberië vereffen.

Liberië het ’n bevolking van drie miljoen mense, waarvan ongeveer 80% onder die broodlyn leef. Nogtans het die land tans die hoogste bevolkingsgroei ter wêreld, naamlik 4.91%.

Ellen Johnson-Sirleaf is die Liberiese president en ook die eerste verkose vroulike staatshoof in Afrika. Sy is tans besig met ’n veldtog om die land se buitelandse skuld van nagenoeg 3.5 miljard dollar te laat afskryf.

детские товары интернет магазинлобановский александр игоревич харьков

Ghana se Messias

Image

Kwame Nkrumah en Martin Luther King

Op 6 Maart sal Ghana sy 50-jarige onafhanklikheid van Brittanje vier. President Thabo Mbeki het verlede Vrydag in ANC Today die land lof toegeswaai.

Volgens Mbeki het Ghana in 1961 ’n sleutelrol gespeel in Suid-Afrika se besluit om aan die Britse Gemenebes te onttrek. Volgens hom het die destydse Nasionale Party Ghana as “’n primitiewe staat” beskou en wou hulle nie in dieselfde juk as dié land trek nie. Ghana was in 1957 die eerste Afrikaland suid van die Sahara wat onafhanklikheid van ’n koloniale heerser verkry het. Die destydse president, Kwame Nkrumah, het die volgende gevleuelde woorde op onafhanklikheidsdag geuiter: "Today, from now on, there is a new African in the world. At long last the battle has ended. Ghana, our beloved country, is free forever."

Mbeki het in sy bydrae tot ANC Today Kwame Nkrumah as “messiaans” bestempel. Volgens hom was Ghana ’n belangrike simbool vir die ANC en hul bevrydingstryd in Suid-Afrika. “Ons (die bevrydingsbewegings) het die leuse “Forward ever, backward never” van Nkrumah se Convention People’s Party oorgeneem.”

“Ons beweging en die mense van Suid-Afrika stuur opregte wense aan die sustersvolk van Ghana met die historiese herdenking van hulle 50-jarige onafhanklikheid,” het Mbeki verder gesê.

Ghana het tans ’n bevolking van 22 miljoen mense. Sowat 78% van inwoners kom klaar met minder as 2$ per dag. In 1957, met onafhanklikheid, was daar maar vyf miljoen mense. Die Bruto Binnelandse Produk (BBP) het destyds 2.5 miljard dollar beloop en amper 100% van die grond in Ghana kon vir landboudoeleindes bewerk word. Vele ander Afrikalande het dus na Ghana opgesien as ’n model vir hul eie onafhanklikheid. Politieke onstabiliteit, ekonomiese agteruitgang, oorhaastige grondhervorming en swak grondbestuur het egter daartoe gelei dat duisende Ghanese die afgelope 30 jaar hulle land verlaat het. Ná 50 jaar moet amper alle lewensmiddele steeds ingevoer word. Ghana maak verder op die uitvoer van enkele grondstowwe en ontwikkelingshulp staat om te oorleef. Bykans 80% van die land se uitgawes op landbou, gesondheid en onderwys is van die buiteland afkomstig. In die sestigerjare het Ghana en Suid-Korea beide ’n per  capita-inkomste van 250 dollar gehad. Vandag kom Suid-Korea se syfer op 5 000 dollar te staan, teenoor Ghana se skamele 600 dollar.

Die vraag kan waarskynlik gevra word of daar enigiets is om te vier. Tog het die Ghanese regering ’n luisterryke program van feesvieringe aangelê. “Championing African Excellence,” lui die tema van die jaar se verrigtinge op die regering se webwerf. ’n Bal om mej Ghana aan te wys, ’n seminaar oor “Ghana se rol in die redding van Afrika,” strandpartytjies, vuurwerkvertonings, musiekkonserte, uitstallings en funksies waar die land se helde vereer gaan word, word onder andere tussen nou en Desember beplan.

Dit is duidelik dat die simboliek van Ghana se onafhanklikheid mitiese dimensies aangeneem het. “Die onafhanklikheid van Ghana is betekenisloos tensy dit met die totale bevryding van die Afrika-vasteland verbind word,” aldus Nkrumah, op die vooraand van onafhanklikheid in 1957. Mbeki se hartroerende gelukwensinge moet dus in hierdie lig gesien word.

civilization 2topcargo кидалы

Die oudste staatshoof ter w?reld

Abdoulaye Wade, president van Senegal, is tydens die eerste rondte van die presidensiële verkiesing op 27 Februarie as staatshoof herkies. Hy is op 80-jarige ouderdom die oudste president ter wêreld.

Image

Wade: Kom, stemvee, kom…

Vyftien kandidate het aan die verkiesing deelgeneem. Reeds voor Sondag se verkiesing het Wade gespog dat die beplande tweede rondte nie nodig sou wees nie, aangesien hy ’n volstrekte meerderheid sou behaal. Sy voorspelling is toe bewaarheid.

Wade het ongeveer 55% van die stemme behaal, teenoor 15% vir die gewese eerste minister, Idrissa Seck, wat die tweede posisie ingeneem het. Volgens internasionale waarnemers wat die verkiesing gemonitor het, was daar nie veel ongerymdhede nie.

Wade is ’n voormalige opponent van oud president Léopold Senghor, of “die vader van die nasie” soos hy ook bekend gestaan het. Hy het ’n lewendige belangstelling in argitektuur. In sy presidensiële paleis in Dakar het hy spesiaal ’n vertrek laat inrig vir die modelle van sy stedelike projekte. Hy het nou al verskeie brûe, paaie, glasgeboue en universiteite laat oprig. Hy is baie gesteld op sy beeld as ’n moderne staatshoof. Sy nepotisme en vele bouprojekte word egter deur sy vyande gekritiseer. Wade doen sy bes om goeie betrekkinge met Frankryk en die VSA te handhaaf en om op goeie voet met die pers te bly. Sy pogings om in Afrika-konflikte te bemiddel, was tot dusver onsuksesvol.

In 2002 is president Wade met groot entoesiasme vir die eerste keer verkies. Vir die eerste maal sedert 1960 is die Sosialiste se houvas op die land verbreek. Wade het verandering aan sy kiesers belowe en veral die jongmense het baie van hom verwag. Hy het egter nie veel bereik nie. Armoede en werkloosheid heers steeds in ’n land waar helfte van die bevolking van elf miljoen mense jonger as twintig is en 100 000 persone jaarliks desperaat tot die arbeidsmark toetree.

Honderde jeugdiges probeer maandeliks om by die Kanariese Eilande uit te kom, in ’n poging om Spanje te bereik en ’n nuwe lewe te begin. “Barcelona of die dood” is hulle leuse, en vele van hulle verdrink dan ook voor hulle hul bestemming bereik.

Wade mag dalk spog met sy land as die “demokratiese uitstalvenster van Afrika”, maar sy onvermoë om die Senegalese ekonomie op koers te kry, gaan deel van sy nalatenskap wees.

Carvinal RoyaleФільчаков Олександр Васильович прокурор

Seerowers roof $16 miljard p.j.

Jaarliks word 16 miljard dollar se bates aan seerowers afgestaan. In Januarie 2006 is ‘n verdrag onderteken tussen Asiatiese lande asook Australië om seerowery te bekamp wat in die afgekope tyd ‘n drastiese toename getoon het.  Tussen 2003 en 2004 is 500 gevalle van seerowery wêreldwyd aangemeld.

Om die weskus van Afrika maak oliemaatskappye reeds van privaatmaatskappye gebruik om hul skepe te beskerm en vanaf 2008 word voorsien dat die AU die ooskus van die kontinent tussen Mosambiek en Somalië met ‘n Suid-Afrikaans-opgeleide taakgroep sal beveilig.

In 1988 was aanvalle met die motief om te roof rondom die kus van Indonesië beperk tot ongeveer 7 gevalle per jaar. Die aantal het intussen gestyg na 271 in 2002. Dieselfde toename is opgemerk aan die kuste van China, die Karribiese eilandgroep, Nigerië en Somalië.

Volgens ‘n berig wat op 17 Februarie 2004 in The Star verskyn het, is die 96 skepe wat jaarliks aan die ooskus van Afrika aangeval word òf onderweg na Suid-Afrika of kom daarvandaan. In die berugte geval van die Cherry 201 het die vaartuig by Richardsbaai aangedoen voordat dit aangeval is en van die bemanning gedood is

Trouens, skepe met ‘n tonnemaat wat 500 oorskry word deur die Maritime Bureau van die Internasioonale Handelsorganisasie (ICC) verplig om alarmstelsels aan boord te dra sodat aanvalle dadelik aangemeld word.

Dieselfde Maritime Bureau beweer ook dat tussen 80% en 90% van aanvalle geskied met die doel om te roof. Die res is waarskynlik nouer verbind met politieke oorsake en die vrees bestaan dat dit sal toeneem.

Net in 2003 het 42% van alle see-aanvalle in die duisend kilometer van die Malakkaseestraat plaasgevind, waarskynlik vele ook met ideologiese motiewe.

Die Malakkaseestraat is eweneens ‘n strategiese roete soos die straat van Hormoez waardeur duisende olietenkers jaarliks vaar.

sumake пневмоинструментДанильченко Харьков

Amerikaanse oorlogskip na Somali? teen seerowers

‘n Amerikaanse oorlogskip is na die kus van Somalië gestuur waar ‘n vragskip wat deur die Verenigde Nasies gehuur is deur seerowers gekaap is.

ImageVN-personeel sê die gekaapte skip, die MV Rozen, lê tans geanker nadat dit voedselhulp aan noord-oostelike Somalië gelewer het.

Daar is geen berigte van eise wat deur die seerowers aan boord gestel is nie. Hulle is gewapen met AK-47’s, maar dis nie bekend of enige van die 12 skeepslui beseer is nie.

Seerowery kom algemeen in Somalië voor, maar het gedurende die onlangse Islamitiese heerskappy tot stilstand gekom.

Sedert die omverwerping van die Unie van Islamitiese Howe aan die einde van verlede jaar, is Somalië egter besig om te verval in die geweld en chaos wat oor die vorige 16 jaar gesien is en hierdie jongste insident het vrese van ‘n hervatting van wetteloosheid ter see laat herrys.

‘n Segsman vir die Wêreldvoedselprogram, Said Warsame, sê die Amerikaanse oorlogskip is steeds in internasionale waters, maar dit is besig om die hawe van Bargal in die Puntlandgebied te nader waar die MV Rozen vasgemeer is.

VS-amptenare in Nairobi het nog nie die berigte bevestig nie.

“Die administrasie in Puntland is betrokke by pogings om die vrylating van die vaartuig en sy bemanning te verseker,” het mnr. Warsame gesê.

Puntland se minister van hawens, Saïd Mohamed Raage het gesê dat drie polisiesnelbote beplan het om die seerowers te omsingel.

Die bemanning bestaan uit ses Keniane en ses Sri Lankane, waaronder die kaptein.

“Ons het hulle gevra om nie verder te gaan nie want ons grootste bekommernis is die veiligheid van die 12 bemanningslede aan boord,” het kol. Abdi Ali Hagafe gesê.

Die Wêreldvoedselprogram sê daar was tot dusver geen lospryseise nie.

“Ons weet dis gekaap deur seerowers maar ons weet nie hoeveel seerowers daar is nie,” het Stephanie Sevariaud van die Wêreldvoedselprogram gesê.

Me. Savariaud het gesê die Rozen het 1800 ton voedselhulp aan die semi-outonome Puntlandgebied van Somalië afgelewer en was besig om na sy tuishawe van Mombasa in Kenia terug te keer.

Die Rozen is verlede jaar net buite ‘n hawe suid van Mogadisjoe aangeval, maar het toe daarin geslaag om die seerowers te ontwyk, het die WVP gesê.

In Oktober het Kenia ‘n groep Somaliese seerowers tronk toe gestuur nadat hulle deur die Amerikaanse vloot neffens die kus van Somalië gevang is.

Intussen is vyf mense beseer toe ‘n onbekende aanvaller ‘n ploftoestel na ‘n stalletjie geslinger het wat brandstof in die Somaliese hoofstad, Mogadisjoe, verkoop.

‘n Polisiebeampte is onder diegene wat deur die ontploffing in die noorde van die hoofstad gewond is.

Ooggetuies het gesê die aanvaller wat in ‘n voertuig wat van die toneel weggejaag het, het ontsnap.

hair accessoriesлобановский александр дочь

VSA stuur misdadigers as soldate na Irak

Sedert die begin van 2003 het daar reeds 3136 Amerikaanse soldate in Irak gesneuwel. Om die tekorte aan personeel op die terrein aan te vul, het  die Pentagon vandeesweek bekend gemaak dat die National Guard gevra gaan word om nog 14 000 soldate vir diens beskikbaar te stel.

Dit kom ná ‘n oproep van die owerhede aan die einde van verlede jaar dat 2 500 reserviste van die vloot inderhaas moet aanmeld vir “nie-vrywillige” diens.

Die State Department kon tewens ook nie genoeg vrywilligers vind om die 350 poste van diplomate en buitelandse personeel in Irak te vul nie, en moes met 200 tevrede wees. Dit ten spyte van aansienlike vergoedingspakette wat aangebied was om alle risiko te dek.

Die vakante poste word nou tydelik deur militêre personeel gevul om die nypende problem die hoof te bied.

Die VSA se weermag van 1,4 miljoen mense het byna die perke van sy vermoë bereik met moeilike en uitgerekte opdragte nie net in Irak nie maar ook  in Afghanistan.

Om kwotas te vul word standaarde en aansluitingskriteria aanhoudend verlaag.  Trouens 8 129 oud-kriminele het laasjaar aangemeld as soldate. Dié syfer behels 10% van nuwe innames en dui eweneens op ‘n toename van 65% in vergelyking met 2003, die jaar toe Irak binnegeval is.

Diegene wat op hierdie manier toegang verkry het tot die weermag is dikwels nie fisies besonder geskik vir hul taak nie vanweë probleme soos oorgewig, maar die meeste het ‘n rekord van inbraak, ernstige aanranding of manslag.

Die New York Times berig dat die weermag ‘n soort  bose kringloop betree het met hierdie verlaging in standaarde waaruit hulle moeilik sal ontsnap. In 2005 is 20 soldate verhoor na ‘n menseslagting in Haditha, en in 2006 in Hamdaniya en Mahmoudiya is 5 soldate verhoor vir die verkragting van ‘n 14-jarige.  Steven Green wat skuldig bevind is op alle aanklagte het ‘n geskiedenis van aanranding met die doel om te beseer.

для автодиагностикипрокурор харьковской области

Suid-Afrikaner beskuldig Israel van ‘apartheid’

Genève – ‘n onafhanklike verslag wat deur die Verenigde Nasies aangevra is, vergelyk Israel se optrede op die Wesoewer en Gazastrook met apartheid in Suid-Afrika – ‘n aanklag wat snydende ontkennings van Israel ontlok het.

Image

John Dugard

Die verslag is opgestel deur John Dugard, ‘n Suid-Afrikaanse regsgeleerde wat voorheen aan die Universiteit van die Witwatersrand gedoseer het en oorspronklik aan Stellenbosch gestudeer het. Tans is Dugard die sogenaamde onafhanklike ondersoeker na die Israeli-Palestynse konflik vir die VN se Menseregteraad. Sy verslag sal eers aanstaande maand voorgelê word, maar is reeds op dié liggaam se webwerf beskikbaar.

In die verslag sê Dugard dat “Israeli-wette en –praktyk in die (Palestynse gebiede) kom beslis ooreen met aspekte van apartheid”.

Die verslag sit ‘n hele lys van klagtes jeens die Joodse staat uiteen wat wissel van beperkinge op Palestynse bewegings, huise wat platgestoot word en voorkeurbehandeling wat aan Joodse setlaars op die Wesoewer gegee word.

“Kan dit ernstig ontken word dat die doel van sulke optrede is om oorheersing deur een rassegroep – Jode – oor ‘n ander rassegroep – Palestyne – tot stand te bring en te handhaaf, asook om hulle sistematies te onderdruk?” skryf hy in die verslag.

Israel hou vol dat sy optrede bedoel is om Palestynse selfmoordbomme te verhoed, asook ander aanvalle wat meer as 1 000 Israeli’s oor die afgelope ses jaar gedood het. Amptenare het gesê dat geweld in 2000 uitgebreek het nadat Israel se voorstel verwerp is om die grootste gedeelte van die Wesoewer en Gaza in ruil vir vrede te verlaat.

Israel se ambassadeur in Genève het Dugard gekritiseer omdat hy slegs die Joodse staat aanval.

“Enige gevolgtrekkings wat hy mag maak is daarom fundamenteel skeef en opsetlik bevooroordeeld,” het Yitzhak Levanon gesê.

Die verslag sal aanstaande maand by die Menseregteraad wat uit 47 nasies bestaan, voorgelê word. Die nuwe liggaam is wyd gekritiseer – selfs deur die stigter, die vorige VN-sekretaris-generaal Kofi Annan – omdat slegs ‘n enkele regering ter wêreld, dié van Israel, oor beweerde vergrype uitgesonder word.

Dugard se verslag beweer dat beide kante oorlogsmisdade gepleeg het, maar hy rig sy felste kritiek op Israel.

“Dit is van toepassing op Palestyne wat Kwassam-vuurpyle in Israel inskiet; en soveel te meer op lede van die Israeli-weermag wat sulke misdade op ‘n veel groter skaal gepleeg het,” skryf hy.

Dugard is in 2001 aangestel as ‘n onbetaalde deskundige by die vorige VN-menseregtekommissie wat slegs oortredings van die Israeli-kant ondersoek het, wat Israel en die Verenigde State daartoe oorreed het om sy verslae as eensydig te verwerp. Israel het geweier om hom toe te laat om ‘n feitesending ten opsigte van sy Gaza-offensief verlede somer te onderneem.

Die vorige Amerikaanse president, Jimmy Carter, is verlede jaar gekritiseer weens die titel van sy mees onlangse boek oor die Israeli-Palestynse vredesproses, Palestine: Peace not Apartheid.

Die verwysing na apartheid het sekere Joodse leiers ontstel omdat dit skynbaar die Suid-Afrikaanse stelsel met Israel se behandeling van Palestyne gelykstel.

Carter het geantwoord dat sy gebruik van die term “apartheid” nie van toepassing was op omstandighede in Israel self nie, en dat hy verwys het na die begeerte van ‘n minderheid Israeli’s vir Palestynse grondgebied en die gevolglike gewelddadige onderdrukking van betogings.

best freeДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Die einde van ‘Fran?afrique’?

Image

Jacques Chirac

Die spitsberaad tussen die Franse staatshoof Jacques Chirac en Afrikaleiers het Vrydag in Cannes, Frankryk, ten einde geloop. Waarnemers sien hierdie byeenkoms as die einde van die dekadelange eksklusiewe verhouding tussen Frankryk en sy voormalige kolonies. Vir die eerste keer het die Duitse kanselier, Angela Merkel, die beraad bygewoon.

In sy openingstoespraak het Chirac na Afrika as “die wieg van die mensdom” verwys. Dit is die laaste beraad met Afrika wat hy as Franse staatshoof bygewoon het. Hy het lank uitgebrei oor die konsep van Frankryk se “vennootskap” met die vasteland, maar dit was Angela Merkel wat dit die duidelikste gestel het: “Dít wat ons in Europa reggekry het, moet ook op julle vasteland gebeur,” het sy gesê. Sy het verwys na haar eie jeug in Oos-Duitsland en die “onmoontlikheid” om haar die idee van vryheid, die val van die Berlynse Muur en ‘n Europese Unie bestaande uit 27 lande voor te stel. “Ons wil julle help om hierdie droom vir julle vasteland te verwesenlik. Dit is ons taak,” het sy liries voortgegaan.

Angela Merkel het die beraad in haar hoedanigheid as voorsitter van die Europese Unie en die G8-groep bygewoon. Die Europese Unie (EU) raak toenemend betrokke in Afrika. Die eerste beraad tussen die EU en Afrika het reeds in 2000 plaasgevind. Tans word daar oor die tiende jaarlikse hulpverleningsfonds aan Afrika onderhandel. Teen 2010 wil die EU ‘n Afrika-taakmag op die been bring wat uit vyf streeksmagte sal bestaan.

Dit wil voorkom of die EU se rol in Afrika besig is om dié van Frankryk te oorskadu. Die Ivoorkus-koerant, Fraternité-Matin, beskryf die pas afgelope beraad as Chirac se “afskeid aan ‘n era.”

Tydens die beraad is ‘n verklaring uitgereik waarin die regering van Guinee gewaarsku is om die huidige onrus in die land met omsigtigheid te hanteer. Wat Darfoer betref, het die kongresgangers misluk in hulle pogings om ‘n oplossing te vind. Omar el-Bachir, president van die Soedan, het naamlik geweier om VN-magte in die streek toe te laat.

Chirac het vriend en vyand verbaas deur in sy laaste toespraak voor die staatshoofde verdaag het uitdruklik na die rol van China op die vasteland te verwys. Hy het China geprys “vir hierdie nuwe band wat tussen Afrika en China gesmee word.”

In April vanjaar stem die Franse vir ‘n nuwe president. Chirac het sy opvolger tydens die Cannes-beraad gewaarsku om nie die belangrikheid van Afrika te onderskat nie. Hy was bekend vir sy persoonlike vriendskappe met sekere Afrikaleiers – ‘n beleid wat nie noodwendig deur sy opvolger voortgesit sal word nie. Die volgende beraad tussen Afrikalande en Frankryk sal in 2009 in Kaïro plaasvind.

игры для дєвочєк кухняАлександр Фильчаков

Madame Butterfly “rassisties”

‘n Vooraanstaande Britse operakenner, prof Roger Parker van King’s College, het Puccini se Madame Butterfly as  “rassisties”  bestempel. Dié uitspraak kom op die vooraand van ‘n nuwe produksie van die opera in Londen.
 

Volgens ‘n berig wat in The Daily Telegraph gepubliseer is, stel prof Parker voor dat ‘n moderne weergawe van die opera geskryf moet word. “’n Outentieke produksie is ‘n rassistiese produksie,” meen hy. “Dit bevat ‘n klomp idees wat in enige ander konteks as rassisties beskou sal word. Dit gaan nie net oor die woorde nie, maar ook oor Puccini se musiek.”

Madame Butterfly handel oor ‘n 15-jarige Japannese geisja wat op ‘n Amerikaanse vlootoffisier verlief raak. Hy trou dan met die meisie, wat haar tot die Christendom bekeer, voordat hy haar met ‘n baba agterlaat en na die VSA terugkeer. Die opera speel af in Japan, aan die begin van die twintigste eeu. Volgens die Royal Opera House is Madame Butterfly “’n produk van die tydperk toe dit geskryf is.” Die Japannese ambassade in Londen het ook laat weet dat hulle nie aanstoot neem nie en die opera nie as rassisties beskou nie.

раскруткатопкарго отзывы