Om die weskus van Afrika maak oliemaatskappye reeds van privaatmaatskappye gebruik om hul skepe te beskerm en vanaf 2008 word voorsien dat die AU die ooskus van die kontinent tussen Mosambiek en Somalië met ‘n Suid-Afrikaans-opgeleide taakgroep sal beveilig.
In 1988 was aanvalle met die motief om te roof rondom die kus van Indonesië beperk tot ongeveer 7 gevalle per jaar. Die aantal het intussen gestyg na 271 in 2002. Dieselfde toename is opgemerk aan die kuste van China, die Karribiese eilandgroep, Nigerië en Somalië.
Volgens ‘n berig wat op 17 Februarie 2004 in The Star verskyn het, is die 96 skepe wat jaarliks aan die ooskus van Afrika aangeval word òf onderweg na Suid-Afrika of kom daarvandaan. In die berugte geval van die Cherry 201 het die vaartuig by Richardsbaai aangedoen voordat dit aangeval is en van die bemanning gedood is
Trouens, skepe met ‘n tonnemaat wat 500 oorskry word deur die Maritime Bureau van die Internasioonale Handelsorganisasie (ICC) verplig om alarmstelsels aan boord te dra sodat aanvalle dadelik aangemeld word.
Dieselfde Maritime Bureau beweer ook dat tussen 80% en 90% van aanvalle geskied met die doel om te roof. Die res is waarskynlik nouer verbind met politieke oorsake en die vrees bestaan dat dit sal toeneem.
Net in 2003 het 42% van alle see-aanvalle in die duisend kilometer van die Malakkaseestraat plaasgevind, waarskynlik vele ook met ideologiese motiewe.
Die Malakkaseestraat is eweneens ‘n strategiese roete soos die straat van Hormoez waardeur duisende olietenkers jaarliks vaar.
