Ebola breek weer in DRK uit

Image

Die Ebola-virus is terug

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Dinsdag die aanwesigheid van die dodelike Ebola-virus in die DRK bevestig. ‘n Dosyn mense is klaarblyklik die afgelope maand oorlede aan ‘n siekte waarvan die oorsaak nie bekend is nie.

‘n Woordvoerder van die Organisasie in Genève het gesê dat vyf gevalle van Ebola in Kasaï aangeteken is. Sedert 1976 is daar 450 sterftes van die siekte aangemeld. Die Organisasie kon egter nie sê of die vyf vermelde gevalle steeds leef of reeds oorlede is nie.

Die woordvoerder kon ook nie bevestig of ander siektes dalk die oorsaak kan wees van die groot aantal sterftes in die gebied nie. Daar word gespekuleer dat Shigella, ‘n aansteeklike siekte wat minder gevaarlik as Ebola is, moontlik die oorsaak van dood kon gewees het.

Die WGO in Kinshasa het verklaar dat 166 mense binne vier maande in Kasaï die lewe gelaat het. ‘n Derde van die sterftes is as gevolg van Ebola wat die afgelope vier maande in dié provinsie woed. Die prioriteit is nou om siekes te identifiseer en te isoleer sodat die siekte nie verder versprei nie.

Die Ebola-virus dra die naam van ‘n rivier in die Equateurprovinsie in die noorde van die DRK waar dit die eerste keer aangeteken is. Die virus word deur direkte kontak met die sieke se liggaamsvloeistof oorgedra en die virus bly na die dood van die besmette liggaam steeds lewensgevaarlik. Een van die hoofoorsake van siekte bly egter die kontak tussen mens en primaat.

купить липецк техно вектор 4 стенды с кордовой связьюлобановский александр фото

Gesels, Afrika se tydverdryf

Image

Nommer asseblief!

Armoede is blykbaar nie ‘n rede om nie ‘n selfoon te besit nie. Die selfoonmark in Afrika is ‘n snelgroeiende bedryf. Die groei is trouens dubbel so hoog soos die gemiddeld elders in die wêreld en vier keer so hoog soos in Wes-Europa. Van die 900 miljoen Afrikane het ten minste 200 miljoen ‘n selfoon aan die oor. Net verlede jaar is 60 nuwe selfoonkontrakte gesluit. In vergelyking daarmee is daar slegs 27 miljoen vaste telefoonverbindings op die kontinent.

Selfs in die oorlogsgeteisterde Darfoer word nuwe maste deur tegnici vir ‘n vale opgerig. Saam met Siemens en ABB beweeg die Suid-Afrikaanse MTN en Kuwaitse MTC in om die mark te bedien. Reeds drie digbevokte lande, naamlik Nigerië, Egipte en Suid-Afrika, word tans as mededingende selfoonafsetgbiede gereken en daarom word alle hoop op lande soos Soedan en die DRK toegespits om die belowende groei voort te sit.

Khaled Muhtadi, van MTC-filiaal Mobitel, verwag binne die volgende drie tot vyf jaar besondere sterk groei in Soedan. "Ons het skaars ‘n mas in ‘n nuwe gebied opgerig, of dit word oorlaai,"sê hy. Op die oomblik spog byna 12% van Soedanese met ‘n selfoon. Die olierykdom in die land skep die stygende aanvraag. Die BBP het van 3% na 6% toegeneem vanaf 2000.

Hoë insetkostes het tot onlangs nog verhoed dat die kontinent se vaste telefoonverbindings uitgebrei word. Omdat apparate en verbindingsmoontlikhede aansienlik goedkoper geword het, is dit baie aantreklik. Veral voorafbetaalde kontrakte is gewild omdat dit klein bedrae behels. ‘n Hele paar spelers is in die Soedanese mark aanwesig waaronder Sudatel en NOW.

Afrika se bevolking is meer bereidwillig as Europeërs om inkomste aan gesels af te staan. In Rwanda spandeer ‘n klant gemiddeld 35% van sy besteebare inkomste om bereikbaar te bly. Die deursnit-Afrikaan spandeer dus soveel op ‘n selfoon soos ‘n Europeër op ‘n huis, terwyl ‘n Europeër slegs 1,5% op ‘n selfoon sal uitgee.

пневмоинструмент интертулФильчаков Харьков

‘n Boek het ‘n reuk

Alle boekwurms weet een ding seker: ‘n Boek het beslis ‘n reuk. En dit is natuurlik die een kwaliteit wat ‘n mens nie elektronies kan ervaar nie. Daarom het die webwerf CafeScribe.com op 22 Augustus bekend gemaak dat hulle "die eerste geparfumeerde elektroniese boek ter wêreld" gaan produseer.

Vanaf September 2007 gaan alle kopers by hul aankope ‘n plakkertjie ontvang wat na "ou boek" ruik. "Indien dit op die rekenaarskerm geplak word, sal dit aan die elektroniese boek dieselfde verouderde geur aan die kliënt verskaf wat hy of sy so aan regte gedrukte boeke waardeer, sonder die reste van DNS wat aan die bladsye van boeke kleef wat baie gebruik is," het die baas van CafeScribe, Bryce Johnson, gesê.

Volgens ‘n meningspeiling wat tussen 15 en 21 Augustus onderneem is het 43% van die 600 studente wat ondervra is, gedink dat die reuk van ‘n teks of ‘n objek ‘n essensiële element daarvan verteenwoordig. Ses uit tien verkies om tweedehandse boeke te koop eerder as nuwes. Alhoewel elektroniese boeke ‘n derde goedkoper is, bly die tweedehanse item bobaas.

инструмент для автосервисовДанильченко

Immigrante uit die water gevis…

Die Spaanse seekuswag het aan die einde van verlede week weer 10 lyke van voornemende immigrante vanuit Afrika uit die see gevis. Dit kom nadat 13 swartes op 20 Augustus verdrink het toe hulle gepoog het om die Kanariese eilande per houtskuit, oftewel patera, te bereik.

Duikers van die Kanariese burgerwag het die 10 liggame uit water gehaal en volgens ‘n woordvoerder is dit al wat hulle gekry het. Die skuitjie het ‘n paar honderd meter van die kus omgeslaan waar die seestrome tussen rotsuitstolpings geweldig sterk is. Die ongeluk het net voor dagbreek gebeur. Dit is nie bekend hoeveel mense aan boord was nie.

Twee oorlewendes is na ‘n hospitaal gebring. Volgens hulle was daar ses wat die ongeluk oorleef het, maar twee ander is ook gekry terwyl ‘n paar het gevlug om nie in die hande van die owerhede te beland nie. Die woordvoerder sê die skuitjie het die ligtoring van Arinaga gebruik om te navigeer omdat die voornemende immigrante in die nag vertrek.

Die opgeskerpte patrollies wat die EU mbv Frontex onderneem, veroorsaak dat swartes in die daglig minder suksevol blyk te wees om die Eldorado van Europa te betree. Alhoewel die aantal immigrante afgeneem het, was Augustus ‘n besonder bedrywige maand met 1006 nuwe aankomelinge. Vir September staan die getal reeds op 249 mense.

Dit is nie bekend hoeveel mense al die lewe gelaat het in hul poging om die EU te bereik nie. Geen betroubare syfers bestaan op die oomblik nie en geen studie is nog onderneem om die presiese aantal vas te stel nie.

силкомtopcargo отзыв

‘Die heel grootste parlement ooit’

Image

Reg vir groot dinge

"Die heel grootste parlement ooit" in Afrika word tans in Yamoussoukro, die hoofstad van die Ivoorkus, gebou. Dié gebou sal 500 afgevaardigdes in twee halfsirkels kan huisves. ‘n Woordvoerder van Laurent Gbagbo wat die president vergesel het op sy besoek aan die bouwerk, het met die media gesels.

"Dis nie net ‘n gebou nie," het die Frans-Libanese argitek Pierre Fakhoury, bygevoeg. Die oppervlak van die parlement sal 80 000 m2 van grasvlakte in oppervlak vervang en sal meer as 150 miljard rand kos om op te rig. Mnr. Fakhoury was ook die argitek vir die replika van die reusagtige St. Petrus-basilika nie te vêr van die huidige konstruksie nie.

Die bouprojek het in 2006 afgeskop en is byna halfpad. Dit sal na verwagting in 2010 afgehandel wees. ‘n Duisend werkers is tans bedrywig maar binne enkele maande sal die aantal verdubbel. Die finansiering word deur die staatkas van die Ivoorkus verskaf.

"Dis absoluut iets nuuts wat ons hier doen," het Gbagbo in sy skik teenoor die pers verklaar. "Deurkruis maar die kontinent, en indien u twee, drie of vier soortgelyke voorbeelde kry, kom sien my." Die president het niks oor die geraamde koste van sy unieke idee laat val nie.

Yamoussoukro is in 1983 as hoofstad van die Ivoorkus aangewys in die plek van Abidjan. Die groot uittog na die nuwe hoofstad sou in die negentigs plaasvind maar in wese het niks sedert die aankondiging gebeur nie. Die Chinese het egter die "Huis van Afgevaardigdes" help betaal wat in Mei ingehuldig is om aan Yamoussoukro ‘n hoofstad se status te probeer verleen.

Kennelik hoop die regering dat die nuwe parlement net die regte trekpleister sal word. Beijing het ook gehelp om die president de nuwe woning in Yamassoukro op te rig.

парогенератор для турецкойДанильченко Юрий Брониславович

Ekstreemregses steek Duitse SPD verby

Image

NPD-optog in Dresden

In die Duitse deelstaat Sakse het die sogenaamde ekstreemregse party, die NPD, die sosialistiese SPD van eertydse Kanselier Gerhard Schroeder verbygesteek in ‘n meningspeiling. Dié peiling het 1130 burgers tussen 20 Augustus en 4 September 2007 gevra vir wie hulle sou stem indien ‘n deelstaatverkiesing komende Sondag sou plaasvind.

Die NPD sal dan 9% van stemme trek terwyl die SPD net 8% kon behaal. Die NPD (Nationaldemokratische Partei Deutschlands) is ‘n nasionalistiese party en word dikwels in die media as "Nazi’s" beskryf. In twee van die nuwe deelstate, Sakse en Mekelenborg-Voorpommere, het die NPD reeds ‘n indruk by die stembus gelaat. In nasionale verkiesings sou die NPD egter net 5% van die stemme verkry.

Behalwe dat die NPD teen immigrasie gekant is, wil die party ook nie sien dat Turkye tot die EU toegelaat word nie. Hulle kla verder dat Duitsland se bydraes aan die EU te hoog is en afgeskaal behoort te word. Hoë werkloosheid en ‘n ongunstige demografiese profiel in die ooste word algemeen vir die opkoms van die party verkwalik.

Die sterkste party is die CSU met 39%. Linkse partye sou 27% van die kiesers oortuig en die Groen-party 5%. ‘n Televisiekanaal het die peiling aangevra. Deelstate in die ooste van Duitsland was onlangs weer in die nuus nadat immigrante deur Duitsers aangerand is. Dit het gister aan die lig gekom dat ‘n Indiër in Mügeln ‘n Duitser met ‘n gebreekte bottel verwond het tydens die rasse-onluste daar.

Marktлобановский александр дети

Gevegte hervat in DRK

‘n Woordvoerder van die VN-missie in die DRK het haar groot kommer uitgespreek oor gevegte wat in die Ngungu-sone van die die land uitgebreek het tussen die weermag en renegaattroepe. Nadat dit stil was oor die naweek het skermutselinge 30km van Goma weer Maandag hervat.

‘n Honderd mense het reeds verlede week in verskillende gevegte omgekom. Generaal Laurent Nkunda, magtige plaaslike leier en oud-sielkunde student, is verantwoordelik vir die rebelle. Alhoewel daar geen nuus van die toestand beskikbaar is nie, reken die VN dat 650 000 mense reeds uit hul huise padgegee het uit Noord-Kiwu uit vrees dat hulle ook slagoffers kan word van die konflik.

Die DRK-weermag, wat bang was vir Nkunda se invloed in die streek, het hom aangestel om reste van Rwandese Hoetoe-rebelle wat bedrywig was in die Kiwu-provinsie, vas te trek. Die generaal het in 2004 egter sy amp verlaat en skuiling gevind in die Masisi-woude.

Massas soldate het daarna oorgeloop na Nkunda. Hy was verantwoordelik vir die besetting van Bukawu. Alhoewel ‘n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is vanwëe klaarblyklike oorlogsmisdade, het die VN-mag geweier om hom in hegtenis te neem.

Die situasie in Noord-Kiwu en Suid-Kiwu bly gespanne en ‘n kopseer vir Kinshasa asook die VN-vredesmag in die land. Die onlangse demokratiese verkiesings kon nog geen blywende oplossing bied vir die streek nie.

Weermagbevelvoerders het verlede week bekend gemaak dat nuwe brigades Nkunda se gemengde eenhede sal vervang om Hoetoe-rebelle te jag. Nkundu en die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda het egter gewaarsku dat enige eskalasie na groter konflik sal lei.

съемные протезы зубовалександр лобановский супермаркет класс

Britte verlaat Basra

Image

Union Jack in Basra gestryk

LONDEN – Britse soldate het Sondag begin om hul laaste basis in die suidelike Irakese stad Basra te verlaat, waarmee die weg voorberei is vir verdere troepeverminderings. Kommer oor die veiligheid van die land se tweede grootste stad en die omliggende streek het egter ook toegeneem.

V.S. en Irakese owerhede het hul kommer uitgespreek dat ’n breër Britse terugtrekking die streek se ryk oliebronne, asook die voorradelinie van Koewait na Bagdad en verder, in gevaar kon stel. Sommige ontleders vrees ook dat die Britse onttrekking ’n gewelddadige stryd tussen mededingende Sjiïtiese groepe in die sekte se suidelike hinterland kan vererger.

Ongeveer 550 soldate is besig om die Basrapaleis in die middestad, een van afgesette president Saddam Hoessein se voormalige vestings, te verlaat, om aan te sluit by 5 000 ander personeellede by ’n lugmagbasis 11 kilometer vanaf die buitewyke van die stad. Verdedigingsamptenare sê die onttrekking verloop glad maar kan etlike dae neem om te voltooi.

Die Irakese leër het honderde versterkings na die stad gestuur om Sjiïtiese milisies en misdaadbendes te verhoed om hul invloed uit te brei as die Britte eers weg is.

Die voormalige Britse eerste minister, Tony Blair, het die aantal Britse troepe in Irak van 7 000 tot 5 500 verminder in Februarie en het die keuse oopgelaat om nog 500 te onttrek sodra Basrapaleis aan die Irakiërs terugbesorg sou word.

Die huidige eerste minister, Gordon Brown, is veronderstel om toekomstige strategie vir die Britse operasies in Irak aanstaande maand in ’n toespraak aan die parlement uit te stippel.

Die Britse verdedigingsministerie het gesê dat magte wat vanaf Basra-lugmagbasis opereer “veiligheidsverantwoordelikheid vir Basra sal behou totdat ons dit aan die provinsiale Irakese beheer oorhandig, wat waarskynlik in die herfs sal plaasvind”.

Basrapaleis het Britse soldate en diplomatieke personeel gehuisves ná die V.S.-geleide inval in 2003 en verkeer oor die afgelope maande onder daaglikse mortier- en vuurpylaanvalle.

“Dis ’n besonder verstandige militêre besluit,” het ’n verteenwoordiger van die Konserwatiewe opposisie, Patrick Mercer, gesê. “Dit sal ons toelaat om meer troepe van Irak in die herfs te onttrek, op dieselfde tydstip as wat Brittanje haar hoeveelheid troepe in Afghanistan vermeerder.”

In Basra het majoor Mike Shearer, Brittanje se militêre skakelbeampte, aan verslaggewers gesê: “Ek kan bevestig dat ’n operasie tans plaasvind, maar gaan geen verdere besonderhede verskaf nie.”

Amerikaanse amptenare het kwellinge uitgespreek oor die gedagte van Britse troepe wat die stad verlaat en dit aan die invloed van Sjiïtiese godsdienspartye en gewapende groepe sou oorlaat, waarvan sommige bande met Iran handhaaf, ná die verkiesing in Januarie 2005 wat eerste minister Noeri al-Maliki aan die mag gestel het.

Die polisiemag is swaar geïnfiltreer deur die gewapende groepe. Politieke mededingers, drankhandelaars, DVD-winkeleienaars en enigeen wat verskillende groepe se interpretasies van Islam oortree, is onderhewig aan sluipmoorde deur moordbendes.

Die afgetrede V.S.-generaal Jack Keane, wat stafhoof was toe die Irakoorlog begin het, het verlede week in ’n onderhoud gesê dat Brittanje nooit genoeg troepe ontplooi het om die streek te stabiliseer nie en ’n slegte veiligheidsituasie laat vererger het.

“Dit was nog altyd ons voorneme om troepe in Basra te verminder soos wat die Irakese weermag en polisie se gereed raak om veiligheidspligte oor te neem,” het ’n segsman vir Brown se Downingstraatkantoor gesê, op voorwaarde dat hy anoniem bly.

Die International Crisis Group, ’n dinkskrum wat in Brussel gesetel is, het in hul Junieverslag gesê dat onbeheerde gewapende groepe besig was om Basra te destabiliseer en dat die plaaslike bevolking glo dat Britse magte verdryf is.

“Onophoudelike aanvalle op Britse magte het hulle trouens van die strate af en na toenemend afgeleë vestings verdryf,” lui die verslag. “Die inwoners van Basra en lede van gewapende groepe sien dit nie as ’n geordende onttrekking nie, maar as ’n oneerbare neerlaag.”

Met bykomende Irakese soldate in die strate, sê inwoners dat toestande oor die afgelope weke stiller geraak het.

Maar verlede week het die hoof van die Basra-stadsraad se veiligheidskomitee, Hakim al-Mijahi, “’n mate van wanorde” ná die Britse onttrekking van die stad voorspel omdat hy vrees dat Irakese magte nie in staat is om wet en orde te handhaaf nie.

games casinoФильчаков прокурор

Merkel is die magtigste vrou

Image

Poolse tydskrifvoorblad

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die magtigste vrou ter wêreld deur die Forbes-indeks. China se vise-premier, Wu Yi, het vir ‘n verrassing gesorg deur die Amerikaanse Condoleeza Rice van haar tweede plek te ontneem.

Die Amerikaanse tydskrif Forbes publiseer hierdie jaar die vierde spesiale jaarlikse uitgawe waarin die honderd mees invloedryke vroue op die planeet volgens rangorde aangegee word. Die uitgawe het Donderdag verskyn.

Onder die eerste tien is daar vyf Amerikaanse vroue en drie uit Asië. Sonia Ghandi van Indië en Ho Ching van Singapoer is die ander Asiërs wat die lys gehaal het. Me Rice kon hierdie jaar slegs die vierde plek haal.

Vroue wat regeringsposte beklee is in die minderheid teenoor sakevroue. Net 29% van die vroue op die lys dien in ‘n regering, terwyl 66% danksy bestuursvernuf hulle invloed laat geld. Onder hulle is die HUB van Chanel, die direktrise van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die president van Harvard.

Vroue uit die Midde-Ooste het ook plekke verwerf. Die eerste dame van Kathar is in die 79ste plek en Sjeika Mozah Al-Missned van die VAE in die 99ste plek. Hillary Clinton en Nancy Pelosi is natuurlik ook teenwoordig op die 25ste en 26ste plekke, met Oprah Winfrey ‘n kortkop voor op nommer 21.

лестницы вФильчаков прокурор харькова

Duitsers sak op nog immigrante toe

Image

Magdeburgse domkerk

‘n Irakese immigrant wat Saterdagaand by ‘n bushalte in Magdeburg in die ooste van Duitsland gestaan en wag het, is deur ‘n onbekende aangerand. Dié voorval kom slegs ‘n week nadat ‘n soortgelyke insident in Mügeln plaasgevind het en politici die toename in "vreemdelinghaat" sterk veroordeel het. In ‘n ander voorval in Guntersblum naby Mainz is ‘n Egiptenaar en Soedanees aangeval.

Die ses-en-dertigjarige Irakeër is volgens ‘n polisiewoordvoerder eers deur ‘n plaaslike inwoner uitgeskel omdat hy kwansuis nie tuis hoort in Duitsland nie, waarna die inwoner weer omgedraai het. Kort daarna het die inwoner egter teruggekeer met sy hond wat hy op die man losgelaat het, asook ‘n bofbalkolf. Die inwoner het die immigrant met kolf bygedam en kopwonde toegedien. ‘n Ooggetuie het die toneel gadegeslaan en die polisie ontbied.

By die wynfees in Guntersblum oor die naweek het etlike Duitsers op die twee immigrante toegesak en albei is beseer. In Mügeln het daar Saterdagaand net 200 mense aan ‘n vredesmars deelgeneem om kerse voor die Pizzeria waar die Indiërs skuiling gaan soek het, te plaas. Die Indiërs is deur 50 Duitsers aangerand en agtervolg tot in die eetplek.

Die linkse SPD-voorsitter wil graag die regse NPD-party laat verbied om vreemdelinghaat te bekamp, maar Kanselier Merkel en CSU-voorsitter Stoiber is nie entoesiasties oor die voorstel nie. Die Hessiese minister vir interne aangeleenthede, Volker Bouffier (CDU), het gesê dat die NPD met argumente bestry behoort te word. Probleme sal nie, meen lede van die regering, met ‘n verbod opgelos word nie.

‘n Emnid-meningspeiling het onlangs bevind dat soveel as 14% van stemgeregtigde vroue vir ‘n party regs van die huidige regering sal stem. Dit is ‘n verrassing volgens navorsers omdat vroue geneig is om nie so sterk na regs oor te hel nie. Van mans het net 9% gedink dat hulle sou regser kon stem.

компрессор для пескоструйкиФильчаков прокурор харькова