Die bouprojek het in 2006 afgeskop en is byna halfpad. Dit sal na verwagting in 2010 afgehandel wees. ‘n Duisend werkers is tans bedrywig maar binne enkele maande sal die aantal verdubbel. Die finansiering word deur die staatkas van die Ivoorkus verskaf.
"Dis absoluut iets nuuts wat ons hier doen," het Gbagbo in sy skik teenoor die pers verklaar. "Deurkruis maar die kontinent, en indien u twee, drie of vier soortgelyke voorbeelde kry, kom sien my." Die president het niks oor die geraamde koste van sy unieke idee laat val nie.
Yamoussoukro is in 1983 as hoofstad van die Ivoorkus aangewys in die plek van Abidjan. Die groot uittog na die nuwe hoofstad sou in die negentigs plaasvind maar in wese het niks sedert die aankondiging gebeur nie. Die Chinese het egter die "Huis van Afgevaardigdes" help betaal wat in Mei ingehuldig is om aan Yamoussoukro ‘n hoofstad se status te probeer verleen.
Kennelik hoop die regering dat die nuwe parlement net die regte trekpleister sal word. Beijing het ook gehelp om die president de nuwe woning in Yamassoukro op te rig.
