‘n Boek het ‘n reuk

Alle boekwurms weet een ding seker: ‘n Boek het beslis ‘n reuk. En dit is natuurlik die een kwaliteit wat ‘n mens nie elektronies kan ervaar nie. Daarom het die webwerf CafeScribe.com op 22 Augustus bekend gemaak dat hulle "die eerste geparfumeerde elektroniese boek ter wêreld" gaan produseer.

Vanaf September 2007 gaan alle kopers by hul aankope ‘n plakkertjie ontvang wat na "ou boek" ruik. "Indien dit op die rekenaarskerm geplak word, sal dit aan die elektroniese boek dieselfde verouderde geur aan die kliënt verskaf wat hy of sy so aan regte gedrukte boeke waardeer, sonder die reste van DNS wat aan die bladsye van boeke kleef wat baie gebruik is," het die baas van CafeScribe, Bryce Johnson, gesê.

Volgens ‘n meningspeiling wat tussen 15 en 21 Augustus onderneem is het 43% van die 600 studente wat ondervra is, gedink dat die reuk van ‘n teks of ‘n objek ‘n essensiële element daarvan verteenwoordig. Ses uit tien verkies om tweedehandse boeke te koop eerder as nuwes. Alhoewel elektroniese boeke ‘n derde goedkoper is, bly die tweedehanse item bobaas.

инструмент для автосервисовДанильченко

Maak 'n opvolg-bydrae