Gevegte hervat in DRK

‘n Woordvoerder van die VN-missie in die DRK het haar groot kommer uitgespreek oor gevegte wat in die Ngungu-sone van die die land uitgebreek het tussen die weermag en renegaattroepe. Nadat dit stil was oor die naweek het skermutselinge 30km van Goma weer Maandag hervat.

‘n Honderd mense het reeds verlede week in verskillende gevegte omgekom. Generaal Laurent Nkunda, magtige plaaslike leier en oud-sielkunde student, is verantwoordelik vir die rebelle. Alhoewel daar geen nuus van die toestand beskikbaar is nie, reken die VN dat 650 000 mense reeds uit hul huise padgegee het uit Noord-Kiwu uit vrees dat hulle ook slagoffers kan word van die konflik.

Die DRK-weermag, wat bang was vir Nkunda se invloed in die streek, het hom aangestel om reste van Rwandese Hoetoe-rebelle wat bedrywig was in die Kiwu-provinsie, vas te trek. Die generaal het in 2004 egter sy amp verlaat en skuiling gevind in die Masisi-woude.

Massas soldate het daarna oorgeloop na Nkunda. Hy was verantwoordelik vir die besetting van Bukawu. Alhoewel ‘n internasionale lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is vanwëe klaarblyklike oorlogsmisdade, het die VN-mag geweier om hom in hegtenis te neem.

Die situasie in Noord-Kiwu en Suid-Kiwu bly gespanne en ‘n kopseer vir Kinshasa asook die VN-vredesmag in die land. Die onlangse demokratiese verkiesings kon nog geen blywende oplossing bied vir die streek nie.

Weermagbevelvoerders het verlede week bekend gemaak dat nuwe brigades Nkunda se gemengde eenhede sal vervang om Hoetoe-rebelle te jag. Nkundu en die Demokratiese Magte vir die Bevryding van Rwanda het egter gewaarsku dat enige eskalasie na groter konflik sal lei.

съемные протезы зубовалександр лобановский супермаркет класс