Aanbring van plakkers gelyk aan ‘openbare geweldpleging en ernstige saakbeskadiging’

Die president van die Verkennersbeweging, mnr. Ben Geldenhuys, het gister tesame met vyf ander lede van die organisasie in die Pretoriase landdroshof verskyn, nadat hulle Sondagaand in hegtenis geneem is vanweë plakkers wat op naamborde in Nelson Mandelarylaan, Pretoria, geplak is.

Geldenhuys (38) en mnr. Jan Beyers (31), die tesourier, asook mnre. Ewald Graefe (30), Tommy Harmse (33), Rian Combrink (27) en Cobus Pretorius (25) het op aanklagte van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en die oortreding van die padverkeerswet verskyn.

Die ses mans, wat sedert Sondagaand vir die aanbring van die plakkers aangehou is, is op R1 000 borgtog elk vrygelaat. Hul prokureur, mnr. Marius Coertze, het die aanklag van openbare geweld as “absurd” bestempel. ““Hulle het nie enige geweld gepleeg nie. Dit was ’n demonstrasie van vryheid van spraak.”

“Nelson Mandela Drive” soos dit nou bekendstaan, was voorheen as Voortrekkerstraat bekend. Deur plakkers op die naamborde aan te bring, wou die ses volgens die sekretaris van die Verkenners, mnr. Alwyn de Klerk, hul spraakvryheid aanwend om die vrylating van mnr. Clive Derby-Lewis in belang van “billikheid, geregtigheid en vryheid” te eis. Derby-Lewis dien tans lewenslange tronkstraf uit vir sy aandeel aan die sluipmoord op die SAKP-leier, Chris Hani. Derby-Lewis is op parool geregtig, maar tot dusver het die staat verseg om hom vry te laat aangesien Hani se familie en die SAKP daarteen gekant is.

Volgens die staatsaanklaer, mnr. Sipho Letsoalo, het die groep beplan om al die naamborde in Nelson Mandelarylaan met plakkers te vervang waarop Clive Derby-Lewis se naam verskyn. “Hulle het die optrede beplan sodat dit saamval met die ikoon Nelson Mandela se verjaardag. Dit sou tot openbare geweld lei,” het Letsoalo in die hof beweer.

In repliek het Coertze gemeen daar was geen geweld nie, die aanwysingsborde is nie beskadig nie omdat die plakkers agterna afgetrek kon word en dat ’n aanwysingsbord nie onder die padverkeerswet se definisie van ’n padverkeersteken ingesluit is nie.

Buite die hof het mnr. Coertze namens die ses aangeklaagdes verklaar: “Die mans het die naam van húl volksheld bo dié van ander mense se volksheld gaan plak. Die doel van die plakkers was nie om te beskadig nie, maar om Boere te laat dink aan volkshelde soos Clive en genl. Koos de la Rey.”

Die saak is tot aanstaande maand vir bykomende ondersoek uitgestel.

‘n Ander lid van die Verkennersbeweging, mnr. Abel Malan, verkeer tans in die selle op Stellenbosch omdat hy na bewering prof. Anton van Niekerk in die gesig geslaan het tydens ‘n onderonsie oor laasgenoemde se artikel in Beeld en Die Burger waarin hy die blanke bevolking se morele skuldlas weens apartheid beskryf.

продвижениетопкарго кидалы

Ses wat Mandela-naamborde toeplak, vas

Ses mans is in hegtenis geneem nadat hulle na bewering plakkers gebruik het om aanwysingsborde in Pretoria van Nelson Mandela Rylaan tot Clive Derby-Lewis Rylaan te verander, het die polisie Maandag gesê.

Volgens lt. kol. Tshisikhawe Ndou is die ses mans Sondagaand op kringtelevisie in Nelson Mandela Rylaan in Sunnyside betrap.

“Die polisie het hul na die toneel gehaas en die ses mans, wat verskeie ‘vervangings’-plakkers in hul besit gehad het, daar betrap. Hulle is in hegtenis geneem en na die Sunnyside-polisiekantoor geneem.”

Hulle het geweier om hul optrede aan die polisie te verduidelik.

Die mans, tussen die ouderdomme van 25 en 38, word aangekla van opsetlike saakbeskadiging en sal na verwagting Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn. Volgens Ndou word die mans nie met enige regse bewegings verbind nie.

Derby-Lewis, ‘n voormalige politikus van die Konserwatiewe Party, dien lewenslange tronkstraf uit vir sy rol in die sluipmoord op die sekretaris-generaal van die SAKP, Chris Hani, in 1993.

21 one andпрокурор харьковской области

Genl Magnus Malan oorlede

Magnus Malan, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse weermag en oud-minister van verdediging, is tuis oorlede.

“Generaal Magnus Malan het vroeg vanoggend [Maandag] by sy huis gesterf. Hy word oorleef deur sy vrou, sowel as drie kinders en nege kleinkinders,” het sy familie in ‘n verklaring gesê.

Dit is nie bekend hoe hy gesterf het nie.

Malan was die hoof van die Suid-Afrikaanse weermag in 1976 en was vanaf 1980 tot 1991 die minister van verdediging.

из психоневрологическогоАлександр Фильчаков прокурор

Boer wat MK-standbeeld omtrek, vas

Corné van Tonder (25), ‘n boer van Bethal wat na bewering die brons standbeeld van Nokuthula Simelane, ‘n MK-soldaat, met sy bakkie omgetrek het, se voertuig is deur die batebeslagleggingseenheid van Mpumalanga gevat.

Dié eenheid het Donderdag by Van Tonder se plaas opgedaag en op die voertuig beslag gelê.

Simelane is as lid van umKhonto weSizwe met ‘n brons standbeeld vereer omdat hy vermoedelik gemartel en doodgeskiet is deur die destydse NP-regering.

Van Tonder het die standbeeld in Januarie met sy bakkie omgetrek en sodoende die figuur net bokant die voetstuk afgebreek.

Twee veiligheidswagte het die polisie ontbied toe hulle sien hoe Van Tonder die reste van die beeld agterop sy bakkie laai. 

Van Tonder en sy minderjarige seun wat saam met hom was, is opgespoor nadat die voertuig het ‘n pap wiel gekry. Hy is op heterdaad met die buit betrap.

Van Tonder is op borgtog van R5 000 vrygelaat, maar die strafregtelike saak teen hom is steeds hangend.

Die skade aan die beeld beloop glo ongeveer R200 000.

 

сколько стоит роликиОлександр Васильович Фільчаков

Prof ontvang traumaberading na slanery

Prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch Universiteit se onlangse rubriek oor die skuldlas van wittes het hom erge kopsorge besorg.

Van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit Stellenbosch, is Donderdag deur Abel Malan (48) in sy kantoor in die Lettere-gebou in die gesig geslaan.

“Stellenbosch beskik nie oor genoeg beskerming om Anton van Niekerk te beveilig nie,” het Malan gesê nadat hy deur kampussekuriteit weggelei is.

Prof. Russel Botman, US-rektor, het Donderdag tydens ‘n nuuskonferensie gesê Van Niekerk se gesig is gekneus en sy bril gebreek. Hy het glo mediese en traumaberading ná die voorval ontvang.

Botman het aan die media gesê dit is “‘n laakbare daad en verwerplik in die konteks van ons pogings en strewe om ‘n Suid-Afrika te skep waarin die regte van al sy mense beskerm word”.

Van Niekerk wou nie op navrae reageer nie. Hy het alle navrae die US se kommunikasie-departement verwys. 

Malan, ‘n landbou-ekonoom en ‘n sakeman van Nelspruit, is ‘n lid van die Volksraad-verkiesingskommissie (VVK), wat ‘n kieserslys probeer opstel om ‘n Afrikanervolksraad te verkies. Die doel van die lys is om dmv onderhandelinge met die ANC ‘n eie grondgebied te bekom.

Van Niekerk se onversetlike houding teenoor die grensoorlog asook Afrikaners se beweerde volgehoue skuldlas, het Malan glo tot aksie oorgehaal.

Die Verkennersbeweging van Suid-Afrika, waarvan Malan ook adjunk-president is, het begrip vir sy optrede uitgespreek en sy “onverskrokkenheid” geprys.

‘n Klag van aanranding met die opset om ernstig te beseer is teen Malan gelê. Hy sal na verwagting Vrydag in die landdroshof op Stellenbosch verskyn.

game slotsФильчаков прокурор харькова

Boer wat werker ‘sleep’ onskuldig

‘n Boer, Neels van Biljon, wat daarvan beskuldig is dat hy ‘n swart werker agter ‘n bakkie gesleep het, is in die streekhof in Odendaalsrus onskuldig bevind.

ANC-lede het in 2009 onder aanhitsing van die destydse uitvoerende burgemeester van Matjhabeng en ANC-leier in Lejweleputswa, Mathabo Leeto, betoog teen van Biljon se borgaansoek.

Andries Xaba, die werker, het van Biljon in sy verklaring aan die polisie as ‘n wreedaard en rassis geskets. Die skare het hom as ‘n “racist murderer” uitgejou.

Xaba het later self aan die media en die polisie erken dat hy nie agter ‘n bakkie aangesleep is nie, maar het deur die oop venster van die bewegende bakkie na Van Biljon gegryp tydens ‘n struweling oor skape om hom te probeer aanrand. Die boer het weggejaag en Xaba het geval.

Die polisie kon glo nie die eerste verklaring behoorlik afneem nie, omdat Xaba erg pyn verduur het en onder verdowing was. Latere verklarings van Xaba het die eerste verklaring weerspreek.

лосины для девочки с описаниемлобановский александр досье

Al Debbo: ’n Ware legende

Die VF Plus het met groot hartseer verneem van Al Debbo se afsterwe en betuig meegevoel met sy familie in hierdie tyd.

Oom Al Debbo was een van die besonders begaafde akteurs en komediante wat sonder ‘n draaiboek kon optree en snaaks wees en sy afsterwe stel die einde van ‘n era daar. Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kultuur, sal Al altyd onthou word vir sy meelewendheid, sy liefde vir mense en om hulle te laat lag, sy liefde vir sy familie en vir sy land.

“In my dae as regshoof van Mnet het ek vir oom Al persoonlik leer ken en het hy ons lewens verryk deur onder andere van die eerste gesigte te wees om te verskyn op KykNET. Hy was ‘n man wat diep in ons harte gekruip het en ons sal hom vir altyd onthou. Hy is ‘n ware legende,” het Alberts gesê.

Al Debbo het ook gereeld op versoek van die party opgetree by byeenkomste waar hy die harte van oud en jonk gesteel het. As jare lange lid van die weermag se vermaaklikheidsafdeling het hy ook gewys dat hy ‘n patriotiese man is, juis ook vanweë die feit hy aanbiedinge vanaf Hollywood ontvang het om daar te gaan werk, maar dit van die hand gewys het. Sy heengaan maak ons harte bietjie leër, maar ons is dankbaar vir die tyd wat hy hier was om ons lewens te verryk.

сколько стоит роликиданильченко юрій броніславович компромат

Absa weier om boer te help ná besetting

Absabank weier om die boer, Petrus Weyers, wie se plaas tussen Phuthaditjhaba en Harrismith reeds 16 dae lank beset word, met verdere lenings te help.

Op 27 Junie het die besetters kamp opgeslaan en hul beeste op Weyers se grond losgelaat “omdat Malema gesê het hulle moet die grond terugvat”.

Lees verder.

модельки автолобановский александр жена

Wit boer wat swartvrou skiet, in ANC-visier

‘n Boer van van Groblershoop wat in die hof verskyn het ná die skietdood van ‘n swart vrou op sy plaas, moes ‘n skare ontevrede ANC-ondersteuners trotseer.

Jankies Carstens (58) word aangekla van moord nadat hy verlede Woensdag op rondloperhonde geskiet het en die vrou noodlottig gewond het.

“Skiet die boer” is deur die ANC-betogers voor die hofsaal gedreunsing. Hulle het geëis dat Carstens se borgtog teruggetrek word.

Die Noord-Kaapse LUR vir veiligheid en sekuriteit, Patrick Mabilo en Eric Ngxanga, streeksekretaris van die ANC in Siyanda, het die sitting bygewoon “om nie-rassigheid” te bevorder en geweldpleging te verhoed, maar Mabilo het betogers nogtans aangehits.

“Dit is onverstaanbaar dat iemand kan sê hy het gedink hy het op honde geskiet en dan wegloop. Dis onmenslik. Die polisie moes ontbied gewees het. Eie reg kan nie gebruik word nie.

“Ons is hier om te sê ons is kwaad. Die saak moet deeglik ondersoek word. Met elke hofverskyning sal ons daar wees,” het hy gesê.

купить воронеж вентили и удлинителипрокурор харьковской области

Heidelbergse egpaar sterf wreed in plaasmoord

‘n Bejaarde paartjie is Saterdagoggend op hul plaas naby Heidelberg vermoor, het die polisie in Gauteng bekendgemaak

‘n Insleepdiens het glo die paartjie se seun gebel nadat hul motor op die R42 naby Vereeniging gevind is, het konst. Tikoane Sonopo gesê.

Die seun het daarna omstreeks 05:30 hom na sy ouers se Houtpoort-plaas gehaas. Hy het sy 60-jarige ma in die sitkamer gevind waar hy haar vasgebind met verskeie steekwonde aangetref het. Sy was reeds dood.

Hy het sy pa se lyk, ook met verskeie steekwonde op die kamervloer gevind.

Volgens Sonopo was die binnekant van die huis geplunder. ‘n Geweer en elektriese toestelle is gesteel.

Die polisie ondersoek die saak.

справку дляФильчаков прокурор отзывы

Afrikaner se geskiedenis leef op Praag!

Vele Afrikaners betreur die verdwyning van Afrikanergeskiedenis uit die skoolleerplanne vir geskiedenis wat deesdae grootliks aan die geskiedenis van die ANC en Nelson Mandela gewy word. Die Praag-redaksie ontvang selfs briewe van mense wat kla dat hul kinders en kleinkinders “nie meer weet wie hulle is of waar hulle vandaan kom nie”.

Gereelde lesers van Praag weet egter reeds dat ons oor die afdeling Feuilleton/Geskiedenis beskik waar die vermaarde prof. Jaap Steyn, taalkundige, literator, skrywer, biograaf en historikus weekliks op pakkende wyse ‘n vervolgverhaal oor ons geskiedenis skryf. Hierdie afdeling van Praag het so pas sy eie domeinnaam, geskiedenis.co.cc, ontvang, wat dit nóg makliker vir lesers gaan maak om op die internet te vind.

Benewens al ons ander aktiwiteite, is Praag besig om die Afrikanergeskiedenis op die internet te bewaar en uit te bou. Dis ‘n grootse taak wat ons met geesdrif, toewyding en trots uitvoer.

Al wat ons vra, is dat u ons sal ondersteun deur hier by PRAAG aan te sluit:

Sluit aan

Indien u in die buiteland is of verkies om via PayPal ‘n donasie of subskripsie uit te neem, gaan na enige van hierdie bladsye:

Internasionale en PayPal-aansluitings (Engels)

Internasionale en PayPal-aansluitings (Nederlands)

 

 

мдфтопкарго кидалы

Winburg-konsentrasiekampkerkhof ‘haglik’

Die Erfenisstigting het die haglike omstandighede waarin die Anglo-Boereoorlogse konsentrasiekampkerkhof op Winburg is, by die Groen Skerpioene verkla. ‘n Woordvoerder van die stigting, Cecilia Kruger, sê die terrein lyk die ergste van die 53 in die land.

Die Masilonyana-munisipaliteit het na bewering belowe om die terrein op te ruim. Kruger sê die Erfenisstigting sal die munisipaliteit hof toe neem indien hulle nie ophou met uitgrawings in die gebied nie.

Die Erfenisstigting sal nou in samewerking met die munisipaliteit die terrein begin skoonmaak. Indien die gebied weer verval, sê Kruger hulle sal dit moet oorweeg om die grafte op te grawe en weer by die kerk te herbegrawe.

фильтр воздухаФильчаков прокурор харькова

Maatreëls om grondhervorming te bespoedig

Pres. Jacob Zuma het op die vergadering van Cosatu se sentrale komitee maatreëls aangekondig om grondhervorming te bespoedig. Dit sluit onder meer in:

– Die aanstelling van ‘n waardeerder-generaal om die herverspreiding van grond te bespoedig;

– ‘n Grondbestuurskommissie gaan opgerig word om grondtransaksies te ondersoek en titelaktes te hersien;

– ‘n Huurpagwetsontwerp wat sal help met die oprigting van lokasies vir plaaswerkers;

– ‘n Bestuursraad vir grondregte wat die lokasies sal reguleer en regshulp aan plaaswerkers sal bied, gaan opgerig word.

– Ten minste drie maniere van herverspreiding sal aanstons in ‘n nuwe groenskrif vervat word. Ten eerste sal staatsgrond verhuur word, ten tweede sal daar vrypag ingestel word met beperkings, en ten derde sal buitelanders se reg op besit gekwalifiseer word.

Grondeienaarskap sal sodoende die staat toekom indien buitelanders nie aan vasgestelde verpligtinge voldoen nie.

Zuma het gesê omdat die regering sedert 1994 op markpryse aangewese is, is die regering aan samespanning en bedrog in die grondwaardeketting blootgestel. Hy het gesê dié gevaar moet aangespreek word.

playФильчаков прокурор харьков

PRAAG ontketen leierskapsgeveg in DA

Athol TrollipNa aanleiding van ‘n PRAAG-aksie teen die anti-Afrikaanse uitlatings van mnr. Athol Trollip in ‘n e-pos aan mnr. Jaap Kelder, het ‘n leierskapsgeveg blykbaar in die DA ontstaan. Mnr. Athol Trollip, wat onder kritiek van dr. Dan Roodt van PRAAG deurgeloop het, word om die parlementêre leierskap van die party deur me. Lindiwe Mazibuko uitgedaag.

Trollip het vir ‘n vervroegde stemming in die koukus gevra om sy eie posisie beter te kan handhaaf. Volgens die party se koukusreëls behoort die stemming vir parlementêre leier eers in November plaas te vind.

Mev. Helen Zille, die partyleier, het intussen laat blyk dat sy haar nie by die proses gaan inmeng nie. Volgens haar is die DA ‘n “diep demokratiese party” waar sulke leierskapstryde deur middel van partyprosedures besleg word. Saterdag het sy ook gemeen dat dit “verkeerd is om te sê dat Trollip om sy politieke lewe veg. Ek het al interne verkiesings gewen en verloor. Dit het allermins die einde van enigiets beteken, wat nog te sê van my politieke lewe. Eerlikwaar, ek twyfel of daar in November mededinging gaan wees”.

Nadat PRAAG ‘n week gelede die kwessie van Trollip se anti-Afrikaanse e-pos aan mnr. Kelder aan die groot klok gehang het, het media landwyd daaroor berig, met die uitsondering van die SAUK se Afrikaanse radio en TV, asook die Nasperskoerante. Dr. Dan Roodt van PRAAG het mnr. Trollip se chauvinisme op etv, e-news, die Independent-koerante en verskeie Engelstalige radiostasies gekritiseer. Vrydagoggend tussen 10 en 11 vm. was Trollip en Roodt in ‘n vuurwarm debat op SAFM betrokke.

Trollip het Roodt met die intrapslag vir ‘n “rassis” uitgekryt vanweë Leopold Scholtz van Die Burger se uitlatings wat in 2009 in dié koerant gepubliseer is, dog laasgenoemde het hom teruggeantwoord met: “Om George Bernard Shaw te parafraseer, om iemand ‘n ‘rassis’ te noem, is die laaste toevlug van ‘n skurk.” Op die lug het dr. Dan Roodt onthul dat mev. Zille gepoog het om die blanke leier van die party in Pretoria, mnr. Brandon Topham, deur ‘n jong bruin man vanuit die Wes-Kaap te vervang. “Die DA pas interne regstellende aksie toe. Dit maak daarvan ‘n anti-wit rassistiese party,” het Roodt gesê. Trollip het teruggekap dat Topham wel tydens ‘n interne verkiesing in Pretoria oor ‘n swart kandidaat geseëvier het.

Volgens Trollip is die DA ‘n “party vir al die mense wat alle tale en kulture verwelkom’. Die leier van PRAAG het egter gemeen: “Alle tale behalwe Afrikaans, want die DA se webwerf is uitsluitlik in Engels.”

Die onderonsie met PRAAG en mnr. Jaap Kelder het die DA se parlementêre leier kennelik ongewild binne sy eie party gemaak, want hy het dit elders as ‘n “aaklige week” beskryf.

‘Lae intellektuele peil’

Dr. Dan Roodt het mnr. Trollip en die DA tot ‘n voortsetting van die debat rondom die posisie van Afrikaners in Suid-Afrika uitgedaag. “Die DA is kwansuis ‘diep demokraties’ as dit by sy interne prosedures kom, maar is veel minder demokraties as die ANC as dit by openbare debatvoering kom,” het hy gesê. “Ek gesels gereeld met ANC-lede tot op die hoogste vlak en stel my standpunt onomwonde. Moontlik vanweë die lae intellektuele peil van die party – selfs mev. Zille was bloot ‘n junior joernalis by die Rand Daily Mail voordat sy die politiek betree het – vrees die DA gesprekvoering met Afrikaanse organisasies. Die etos van kwasi-Britse chauvinisme en Afrikanerhaat wat uit mnr. Trollip se e-poskommunikasie oor mnr. Jaap Kelder spreek, is uiters kommerwekkend. Veral in die lig daarvan dat mnr. Trollip tydens die debat op SAFM erken het dat meer as die helfte van die DA se kiesers uit Afrikaners bestaan.”

play live casino onlineЛобановский