Magnus Malan, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse weermag en oud-minister van verdediging, is tuis oorlede.
“Generaal Magnus Malan het vroeg vanoggend [Maandag] by sy huis gesterf. Hy word oorleef deur sy vrou, sowel as drie kinders en nege kleinkinders,” het sy familie in ‘n verklaring gesê.
Dit is nie bekend hoe hy gesterf het nie.
Malan was die hoof van die Suid-Afrikaanse weermag in 1976 en was vanaf 1980 tot 1991 die minister van verdediging.
