Die redaksie van PRAAG wil graag ‘n versoek rig aan alle lesers van dié blad om die Engelse weergawe van dr. Dan Roodt se artikel, Mandela, die swart god op die sosiale webwerf Digg te gaan ondersteun deur op die “Digg”-blokkie naas die artikel te klik. U kan op Digg inteken met behulp van ‘n Facebook-profiel of andersins ‘n profiel by Digg self skep.
Hier is die skakel na die Digg-blad:
Mandela, die swart god het voorheen op praag.co.za verskyn en ‘n Engelse weergawe daarvan is onlangs op die webblad Nelson Mandela – black icon, ANC leader gepubliseer.
Digg is die topsosialewebwerf waar die gewildheid van artikels op die internet deur leserstemme bepaal word. Deur u stem sal u sorg dat die artikel wyer in die VSA en elders gelees word, maar ook dat die betrokke webwerf oor die minder polities korrekte aspekte van Nelson Mandela op die ranglyste van die soekenjins soos Google en Yahoo styg.
“Die nuus- en meningsportaal wat ons hier by praag.co.za aanbied, is maar een aspek van ons ontwikkeling van ‘n omvattende internetkommunikasiestrategie wat ten doel het om meer gebalanseerde menings oor Suid-Afrika en die Afrikaner wêreldwyd via die internet uit te dra,” het Roodt gesê.

Die Vryheidsfront Plus het ‘n beroep op die Tshwane-metroraad gedoen om ‘n munisipale noodtoestand in terme van die Noodtoestand Bestuurswet no. 57 van 2002 uit te roep ten einde ‘n vullis-ramp in Pretoria te vermy. Die VF Plus het gesê dat ‘n ernstige gesondheidskrisis in Pretoria begin dreig en dat dit ‘n dringende munisipale noodtoestand regverdig.
Alle PRAAG-lesers word uitgenooi na die tweede politieke oopgesprek rakende die huidige situasie en die pad vorentoe vir die Afrikaner in Suid-Afrika – ‘n nugtere blik, sonder politieke retoriek. Die sprekers is Carel IV Boshoff van Orania, Dan Roodt van Praag, Kallie Kriel van Afriforum/Solidariteit en Danie Goosen van die FAK. Daar sal ook tyd wees vir bespreking uit die gehoor.
Die Vryheidsfront Plus het gesê dat inwoners van Pretoria geregtig is om hulle geld vir vullisverwydering terug te eis nadat vullisverwydering in die Tshwane-metrogebied vir die vyfde keer vanjaar nie plaasvind nie.
Die bekende rolprentmaker Dirk de Villiers is Maandagrmiddag in die ouderdom van 85 oorlede.