‘ANC-jeugliga bedreig rasseharmonie’

Die VF Plus gaan ‘n regsmening formuleer op grond van die ANC se partygrondwet en ANC-beleidsdokumente waarvolgens Malema en die jeugbestuur duidelik ANC-reëls oortree en binne die ANC se strukture aangekla behoort te word. Dit sal aan die ANC se leierskap voorgelê word vir verdere aksie, by gebreke waarvan die VF Plus die ANC-jeugliga by die Menseregtekommissie gaan aankla vir haatspraak en aanhitsing van rassisme.

Volgens adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêrewoordvoerder oor sport, is dit nou nodig om nie net Malema nie, maar die hele jeugbestuur in die naam van vrede en rasseharmonie in Suid-Afrika, formeel te dissiplineer. Trouens, indien president Zuma bereid is om van swak burgemeesters en ander amptenare ontslae te raak, soos hy al gedoen het, hoeveel te meer sal dieselfde dissipline nie van toepassing wees op sy eie jeug nie? Daarom beroep die VF Plus hom op die ANC-leierskap om hulle jeuglede in lyn te bring met president Zuma se beleid van versoening as ‘n toets vir die erns wat die ANC hiermee het.

Die VF Plus-reaksie volg op uitsprake van mnr. Floyd Shivambu, die ANC-jeugliga se woordvoerder, wat volgens Rapport gesê het dat die meeste wit mense rassiste is en dat hulle nie die oorwinning van Caster Semenya vier nie omdat sy nie wit is nie. Hy voeg hiermee sy uitsprake by dié van Malema wat deurlopend nog rondom die voorval agterdog en verdeeldheid saai en rassepolarisering aanstig.

“Hitler het voor die Tweede Wêreldoorlog voortdurend rassistiese uitsprake teenoor die Joodse minderheid gemaak wat as onskuldige propaganda afgemaak is. Uiteindelik het dit gelei tot sy formele program van etniese uitwissing. Daarom kan hierdie rassistiese uitsprake teenoor die wit minderheid in Suid-Afrika nie ligtelik afgemaak word nie,” volgens adv. Alberts.

“Wit mense in Suid-Afrika raak al hoe meer bekommerd oor die roekelose uitsprake van die ANC-jeug en begin al hoe meer onveilig voel. Die klanke wat hierdie jongmense maak, lyk al hoe meer soos die amptelike uitsprake van die ANC self en dit is nou tyd vir die ANC om duidelik en ferm aan te dui wat hulle standpunt oor die plek van wittes in Suid-Afrika is. Die VF Plus is daarvan oortuig dat die meeste wittes nie rassisties georiënteerd is nie, maar dat daar wel ‘n wit/swart-polarisering begin opbou onder die oënskynlike leierskap van Malema en sy juigkommando,” volgens Alberts.

купить ролики украинаФильчаков прокурор

Nestlé skrik

Nestlè het aan AfriForum belowe om vanaf die vierde Oktober, glad nie meer melk by Grace Mugabe te koop nie, het Sullivan O’Carroll, besturende direkteur van Nestlè Suidelike Afrika gesê.

AfriForum het ‘n veldtog, www.nestlebloodmilk.com, geloods wat verbruikers aanmoedig om dié produk te boikot.

Aangesien Nestlè besluit het om op te hou besigheid doen met Mugabe, sal AfriForum egter nie die veldtog voortsit nie.

Kallie Kriel, hoof-uitvoerende beampte van AfriForum, het Nestlè se besluit verwelkom.

Hy is van mening dat dit te danke is aan duisende mense wat bereid was om hul misnoeë met Nestlè uit te spreek.

“Dit bewys dat gewone verbruikers die mag het om geregtelikheid te laat geskied,” het hy gesê.

 

оборудование длятопкарго

Afriforum begin boikotaksie teen Nestlé

Die Afrikaanse burgerregte inisiatief, AfriForum, het ʼn internasionale veldtog begin om mense aan te moedig om alle Nestlé-produkte te boikot, sou Nestlé nie teen 7 Oktober 2009 ʼn besluit neem om die aankoop van melk van Grace Mugabe – vrou van Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe – te staak nie.

AfriForum het reeds ʼn webblad, geskep, waar die boikotaksie bekendgestel word. Op die webblad is ook foto’s, video-insette en feite wat die brutaliteit waarmee die Mugabe-regime die mense van Zimbabwe onderdruk, uitwys.

ʼn Skakel is op die webblad geplaas waardeur die publiek wêreldwyd protesboodskappe aan Nestlé se hoofkantoor in Switserland en kantore in Suid-Afrika en Zimbabwe kan stuur. AfriForum het klaar skrywes aan dié kantore gestuur rakende die veldtog wat begin is.

As deel van die veldtog beplan AfriForum verder om menseregtegroepe wêreldwyd te vra om ook druk op Nestlé te plaas.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is die melk wat op Grace Mugabe se suiwelplaas geproduseer word, “bloedmelk”. Kriel wys daarop dat Mugabe en sy binnekring hulle rykdom bekom het deur die gewelddadige onderdrukking van duisende mense in Zimbabwe.

“Nestlé se aankoop van sowat 1-miljoen liter melk van dié plaas wat Grace Mugabe onder verdagte omstandighede “bekom” het, is ’n miskenning van die basiese menseregte van elke Zimbabwiër wie se bloed gevloei het, en steeds vloei aan die hand van Mugabe se brutale veiligheidsmagte en vigilante groepe,” het Kriel gesê.

Nestlé is volgens Kriel ʼn verskoning aan die mense van Zimbabwe verskuldig.

 

 

silver wedding jewelry setsФильчаков прокуратура харьков

Izak de Villiers oorlede

Bekende leraar, skrywer, bekroonde digter en oudredakteur van Sarie en Rapport, Izak de Villiers, 73, is gister in die vroeë oggendure in sy huis in Johannesburg oorlede.

Hy is vroeër vandeesmaand met motorneuronsiekte gediagnoseer, nadat hy die afgelope twee jaar siek was.

De Villiers word oorleef deur sy vrou Rina en twee seuns, Louis en Jacques, asook ’n dogter, Chérie, en twee kleinkinders. Louis is ‘n bekende rugbyjoernalis.

Begrafnisreëlings is nog nie bekend nie, maar ’n gedenkdiens sal na verwagting Vrydag uit die NG gemeente Aasvoëlkop in Northcliff gehou word.

 

косметика для детейФильчаков прокурор

Volksvergadering te Vegkop dié naweek

Die Boere-Afrikanervryheidsinisiatief het ‘n volksvergadering vir die komende naweek by die Vegkopfeesterrein naby Heilbron belê. Volgens die organiseerders het hulle gedurende die afgelope twee maande honderde duisende Afrikaners deur middel van pamflette, radio-uitsendings en die internet uitgenooi na die volksvergadering wat oor die naweek van 25 tot 27 September by Vegkop naby Heilbron in die Vrystaat sal plaasvind.  Die vergadering word gehou om konsensus te bereik oor ‘n strategie vir die herstel van die vryheid van ons volk en dit vind plaas onder die tema “Soewereiniteit binne Gelofteverband”. Volledige besonderhede oor die program is te siene by volksvergadering.co.za.

пуско зарядное устройство как пользоватьсяФильчаков Александр Васильевич

VF+ wil met plaaslike ANC oor ‘Pretoria’ praat

Die Vryheidsfront Plus het uitsprake van die plaaslike ANC in Pretoria verwelkom waarin hulle erken het dat die naam van die hoofstad Pretoria is.

Die voorsitter van die ANC se Tshwane-distrik, Sputla Ramokgopa, het aangedui dat Pretoria se naam nie sonder meer verander sal word nie.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid, is hierdie ‘n oorwinning vir Pretorianers en ‘n wekroep dat druk verder verskerp moet word om die naam van die stad te beskerm.

“Die plaaslike ANC is onder druk vanweë die stad se finansiële krisis en hulle eie ondersteuners  maak dit aan hulle duidelik dat hulle dienslewering soek, nie naamsveranderinge nie. Die plaaslike ANC is duidelik verdeeld oor die naamkwessie,” het Beyers gesê.

Die VF Plus het die ANC-beheerde metroraad vroeër daarvan beskuldig dat die raad probeer om aandag af te lei van die finansiële krisis waarin hulle die stad gedompel het, nadat die metroraad die VF Plus voor die hof gedaag het om toestemming te kry om naamborde wat slegs die naam ‘Tshwane’ bevat, op te rig.

Die VF Plus het gesê dat hy in gesprek wil tree met die plaaslike leierskap van die ANC oor ‘n moontlike finale oplossing vir die naamkwessie. “Ons glo dat ‘n permanente oplossing moontlik is waarmee alle inwoners in die stad tevrede sal wees. Pretoria het die geleentheid om ‘n voorbeeld te stel oor hoe sensitiewe sake soos hierdie hanteer behoort te word.”

mositaldent.rutopcargo

Nuwe hofsaak oor Pretoria-naam

Die Vryheidsfront Plus het gesê dat die party die Tshwane-metroraad se nuutste poging om eensydig die naam van Pretoria na Tshwane te herdoop, met alles in sy vermoë sal beveg.

Dit volg nadat hofstukke afgelewer is waarin die Tshwane-metroraad die Vryheidsfront Plus, AfriForum en dr. Conrad Beyers voor die hof daag ten einde toestemming te kry om naamborde met die naam “City of Tshwane” in en om Pretoria op te rig. Volgens die hofstukke sal die saak op die 6de Oktober voor die Noord-Gautengse Hooggeregshof kom.

Einde 2007 het die VF Plus, AfriForum en Beyers ‘n interdik teen die metroraad verkry wat hulle verbied het om naamborde wat na Pretoria as Tshwane verwys, op te rig. Die metroraad het nou ‘n nuwe aansoek gebring in ‘n poging om die interdik te omseil.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-raadslid in die metroraad, is hierdie ‘n verdere bewys dat die plaaslike ANC geensins belangstel om in ‘n gees van versoening op te tree nie. Hierdie is die ANC se oudste truuk: Om die aandag af te lei van die finansiële ramp wat hulle vir die hoofstad geskep het, wend hulle hul tot naamsveranderinge.

“Die plaaslike ANC se vyandige optrede teenoor Afrikaners se erfenis druis lynreg in teenoor pres. Zuma se toenaderende houding teenoor Afrikaners. Die Vryheidsfront Plus het al by verskeie geleenthede gesê dat die party oop is vir ‘n kompromie oor die naamkwessie, maar dit is duidelik dat die plaaslike ANC die roete van openlike konfrontasie verkies,” het Beyers gesê.  

Volgens Beyers besef die VF Plus dat voorbereidings vir die 2010 Fifa-Wêreldbeker getref moet word en dat naamborde aangebring moet word. “Die VF Plus wil ook so gou moontlik hê dat naamborde opgerig moet word by die stad se ingange. Maar die naam wat daarop moet staan is Pretoria.”

Die VF Plus sal in konsultasie met sy regspan binnekort verdere aksie bekendmaak.

чемпионат мира по парусному спортуДанильченко Харьков

ANC teiken Afrikaners by Pretoria laerskool

Die burgerregte inisiatief, AfriForum, is deur ouers en onderwysers van die Laerskool Booysens in Pretoria versoek om hulle by te staan om ʼn anti-Afrikaanse aanslag teen die onlangs verkose beheerliggaam van die skool af te weer.

Dit volg nadat ʼn veldtog sedert 20 Junie deur ʼn handjievol “besorgde ouers” onder leiding van ʼn ouer, ene mnr. MacDonald Keswa teen die uitslag van die beheerliggaamverkiesing, ontaard het in ʼn anti-Afrikaanse veldtog.

ʼn Pamflet aan ouers wat verlede week onder leerders by die plaaslike taxi-staanplek versprei is, trek te velde teen wit en Afrikaanssprekende onderwysers by die skool, en roep ouers op om op 19 September 2009 aan ʼn herverkiesing deel te neem wat deur die provinsiale onderwysdepartement afgedwing is.

Die pamflet beweer onder meer dat wit onderwysers by die laerskool nie oor die nodige kwalifikasies beskik om skool te hou nie en dat onderwysers wat aan Afrikaanse kolleges gestudeer het, ʼn gebrekkige taalvaardigheid in Engels het.

Bekommerde ouers het AfriForum om regsadvies genader, aangesien die Gautengse Onderwysdepartement ʼn gevaarlike presedent geskep het deur ʼn herverkiesing af te dwing waar die uitslag nie ʼn minderheid aktivistiese ouers pas nie.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het in reaksie gesê dit sal bitter jammer wees as herverkiesings die norm raak vir skoolbeheerliggame wat nie onder ANC-gesindes se beheer land nie. Dit het vroeër vanjaar bekend geraak dat die onderwysvakbond, Sadou, aktief gaan probeer om beheerliggaamverkiesings in voormalige model C-skole te manipuleer.

AfriForum sal die herverkiesing op 19 September 2009 noukeurig monitor en indien nodig, met regsoptrede ingryp om te verseker dat die demokrasie nie verder deur onderwysamptenare en ANC-aktiviste ondermyn word nie.

последствия синус лифтингалобановский александр досье

Toestand by UP ‘uiters ernstig en gevaarlik’

Image

Administrasiegebou van die Universiteit van Pretoria

Die Universiteit van Pretoria (UP) het laat Maandagnag ’n interdik teen die Student Front, SF, (bestaande uit vier studenteorganisasies naamlik die ANC-jeugliga, SA Students Congress, die Pan African Students Movement en die Jong Kommuniste-liga) gekry, waarvolgens hulle verhoed word om verdere protesoptrede op die UP-kampus te hou.

Regter M W Msimeki het die dringende interin interdik toegestaan en daarvolgens mag die studente van die SF nie personeel, medestudente of besoekers aanval, molesteer, intimideer of teister nie.

Hulle mag ook nie aan ontwrigtende gedrag deel hê nie en dit ook nie aanstig nie. Verder word die SF daarvan verhoed om eiendom van die universiteit te verniel, verwoes, misbruik of te vervreem. Die goeie naam van die instelling, administrasie en dissipline moet gehandhaaf word, het die regter gelas.

Hy het ook die Vryheidsfront Plus gelas om nie in die UP se dissiplinêre en veiligheidsaangeleenthede in te meng om te verhoed dat die SF hulle skuldig maak aan wangedrag nie

AfriForum Jeug het sy kommer uitgespreek oor die feit dat daar nog geen dissiplinêre stappe teen enige studente of organisasies wat hulle verlede week (op 8 September) aan onwettige protesoptrede, vandalisme en aanranding skuldig gemaak het, geneem is nie. Dit, ten spyte van die feit dat AfriForum Jeug reeds verlede week (op 10 September) ’n amptelike klag teen die betrokke studente en organisasies by die waarnemende rektor, professor Chris de Beer, ingedien het.

AfriForum Jeug het ook kennis geneem van die feit dat die bogenoemde organisasies verlede week aangedui het dat hulle met die universiteitsowerhede in gesprek wil tree oor hulle versoeke, op voorwaarde dat geen dissiplinêre stappe teen hulle geneem word nie. Na afloop van dié versoek het die universiteitsowerhede wel met die studente in gesprek getree en daar is geen aanduiding dat voortgegaan sal word met dissiplinêre stappe nie.

Die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, Ernst Roets, het gesê dat die UP se versuim om met dissiplinêre stappe voort te gaan, op growwe diskriminasie en onkonsekwentheid sal neerkom. “In die verlede is Afrikaanse studente al summier geskors vir baie geringer oortredings.”

Roets het aangedui dat professor De Beer op AfriForum Jeug se klag reageer het met ’n kennis van ontvangs en ’n aanduiding dat die saak na die registrateur verwys word. Geen verdere stappe is egter geneem nie.

Registrateur Nicolaas Grove sê die  kruks van die saak is dat  die SF nie redelike fooie vir dienste wil betaal nie en nie hou by die reëls wat die behoorlike werking van die  universiteit verseker nie.
 
Die SF het Maandag tydens 'n vergadering gedreig dat hulle die UP onregeerbaar sal maak indien daar dissiplinêre stappe teen studente geneem word. 
 
Grove sê die situasie is "uiters ernstig en gevaarlik". Studente skryf trans semestertoetse. Hy vrees ook dat daar polarisasie tussen die studente van die VF Plus en die SF kan wees wat tot geweld kan lei. пылесослобановский александр жена

Karate Kallie eersdaags op die silwerdoek

Karate Kallie, ‘n nuwe Afrikaanse rolprent, word landswyd vrygestel op 18 September 2009. Die verhaal: Die koddige 17-jarige Kallie raak smoorverlief raak op die venynige skoolboelie se sussie.

Temas soos liefde, onderdrukking, trots en respek is weereens die stapeldieet. Charl Groenewald, die uitvoerende vervaardiger meen dít is hoekom so ‘n verskeidenheid mense sal aanklank vind by die rolprent.

”Karate Kallie – Die Hele Movie” vertoon Wynand van Vollenstee as Kallie en Mike Smuts as sy ouer broer, Mike. Leani Lerm speel Annetjie, die dame wat sy hart steel en Petrus Harmse vertolk die rol van die gehate skoolboelie, Fritz. Verder spog die fliek ook met ou gunstelinge soos Marga van Rooy, Ben Kruger, Henrietta Gryffenberg, Marhette van Huyssteen en Richard van der Westhuizen.

Karatekenner, Soon Pretorius maak sy verskyning as homself.

Skrywer/regisseur Wimpie van der Merwe het in 2006 cum laude gegradueer met ‘n B-Tech graad in Draaiboekskryf en Regie by TUT. Karate Kallie is sy eerste vollengte rolprent.

Die rolprent is gebasseer op ‘n kort film wat al ietwat van ‘n kultus status bereik het sedert dit vanaf 2007 gereeld op M-Net vertoon. Die kort film het al verskeie toekennings verwerf by rolprentfeeste en het al selfs so ver en wyd versprei as die DRC, Tanzania en Afghanistan.

интернет магазин детских товаровлобановский александр игоревич