ANC teiken Afrikaners by Pretoria laerskool

Die burgerregte inisiatief, AfriForum, is deur ouers en onderwysers van die Laerskool Booysens in Pretoria versoek om hulle by te staan om ʼn anti-Afrikaanse aanslag teen die onlangs verkose beheerliggaam van die skool af te weer.

Dit volg nadat ʼn veldtog sedert 20 Junie deur ʼn handjievol “besorgde ouers” onder leiding van ʼn ouer, ene mnr. MacDonald Keswa teen die uitslag van die beheerliggaamverkiesing, ontaard het in ʼn anti-Afrikaanse veldtog.

ʼn Pamflet aan ouers wat verlede week onder leerders by die plaaslike taxi-staanplek versprei is, trek te velde teen wit en Afrikaanssprekende onderwysers by die skool, en roep ouers op om op 19 September 2009 aan ʼn herverkiesing deel te neem wat deur die provinsiale onderwysdepartement afgedwing is.

Die pamflet beweer onder meer dat wit onderwysers by die laerskool nie oor die nodige kwalifikasies beskik om skool te hou nie en dat onderwysers wat aan Afrikaanse kolleges gestudeer het, ʼn gebrekkige taalvaardigheid in Engels het.

Bekommerde ouers het AfriForum om regsadvies genader, aangesien die Gautengse Onderwysdepartement ʼn gevaarlike presedent geskep het deur ʼn herverkiesing af te dwing waar die uitslag nie ʼn minderheid aktivistiese ouers pas nie.

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, het in reaksie gesê dit sal bitter jammer wees as herverkiesings die norm raak vir skoolbeheerliggame wat nie onder ANC-gesindes se beheer land nie. Dit het vroeër vanjaar bekend geraak dat die onderwysvakbond, Sadou, aktief gaan probeer om beheerliggaamverkiesings in voormalige model C-skole te manipuleer.

AfriForum sal die herverkiesing op 19 September 2009 noukeurig monitor en indien nodig, met regsoptrede ingryp om te verseker dat die demokrasie nie verder deur onderwysamptenare en ANC-aktiviste ondermyn word nie.

последствия синус лифтингалобановский александр досье