Afrikaans by US gaan verdwyn

Die toekoms van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit van Stellenbosch, hang in die weegskaal. Indien die huidige koers van die instelling nie verander nie, gaan Afrikaans as voertaal aldaar verdwyn.

“Alhoewel daar oomblikke van hoop en optimisme vir Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch (US) was, spyt dit my dat ek vanaand aan u moet rapporteer dat ons nie daarin kon slaag om hierdie vaste plek te verseker nie.”

Só het prof. Pieter Kapp, president van die US-konvokasie, Donderdagaand in ‘n persverklaring deur die konvokasie bekendgemaak. Kapp het gereageer op die Konvokasie-bestuur se uitvoering van die opdrag deur die US-konvokasie wat betref onderrigtaal aan die US.

In 2002, 2005 en 2007 het die konvokasie hom duidelik uitgespreek dat die US ‘n Afrikaanse universiteit moet bly wat meertaligheid bevorder, in stede van ‘n meertalige universiteit wat Afrikaans bevorder.

Volgens Kapp is dit die “praktyk wat tel, nie die mooi woorde oor die goeie bedoelinge wat nagestreef sal word nie”.

Luidens die verklaring het die konvokasiebestuur deurgaans drie standpunte oor die taal van onderrig ingeneem: Die T-opsie (Afrikaans en Engels gemeng in dieselfde klas) is ‘n onverstandige onderrigmedium; daar behoort ‘n 75% gewaarborgde Afrikaanse onderrigaanbod te wees; en strategiese venootskappe is nodig om uitvoering te gee aan die US se visiestelling wat insluit dat Afrikaans as onderrig en wetenskapstaal uitgebou moet word.

Hy beskryf die onlangse 60%-minimumwaarborg van Afrikaanse voorgraadse onderrig as “misleidend”: “Dit is in die eerste plek net ’n ‘waarborg’ vir vier jaar.

“Tweedens, geld hierdie 60% vereiste nie per fakulteit nie. Dit sou dus moontlik wees vir ’n klein fakulteit om ’n nul aanbod in Afrikaans aan te bied waarvoor ’n groot fakulteit met ’n 100% parallelmedium aanbod ‘vergoed’.

“Derdens moet in aanmerking geneem word dat minder as 20% van nagraadse onderrig en navorsing – daar waar die werklike ontwikkeling van ’n wetenskapstaal plaasvind – in Afrikaans geskied. …Afrikaans aan die US is dus waarskynlik nader aan 40%. Stellenbosch het dus gekies vir ’n minimale posisie vir Afrikaans en ’n maksimale posisie vir Engels,” aldus Kapp.

Prof. Kapp het onder meer gevra waarom die US die aanbod van so ’n gerespekteerde organisasie soos die Suid-Afrikaans Onderwysersunie om ’n vennootskapsooreenkoms met die US te sluit… so “onvriendelik” van die hand gewys het, asook of net die Afrikaanstaliges tweetalig moet wees.

Hy het gesê die nie-beantwoording van sy vrae “is simptomaties van ander negatiewe ontwikkelinge vanjaar” wat hom tot onrustigheid stem.

Vir die eerste keer in die geskiedenis van die Universiteit Stellenbosch het twee vooraanstaande verkose Raadslede bedank omdat hulle nie met die rigting waarin die taalbeleid beweeg, kon saamgaan nie.

’n Georkestreerde poging is aangewend om ’n lid van die Taalkomitee wat bekend is vir sy pro-Afrikaanse standpunte onder sensuur te plaas, het Kapp gesê.

светильник в спальнюлобановский супермаркет класс

Sal die ware Motsepe opstaan, asseblief

“Die VF Plus verwerp die belaglike idee soos verkondig deur mnr. Patrice Motsepe dat myne genasionaliseer kan word indien dit goed vir Suid-Afrika sou wees. Ons sal graag van mnr. Motsepe wil weet in watter omstandighede in die geskiedenis die nasionalisering van myne ooit voordelig vir ‘n land en sy mense was,” het adv. Anton Alberts, VF Plus parlementêre woordvoerder oor Mynwese, gesê na aanleiding van mnr. Motsepe se uitsprake oor die nasionalisering van myne.

“Dit is eenvoudig roekeloos om sulke stellings te maak en sodoende lug te gee vir die rewolusionêre gedagtes van Julius Malema. Dit kom ironies genoeg nadat mnr. Motsepe homself oor en oor verryk het by wyse van die Swart Bemagtigingsproses ten koste van meeste armes in Suid-Afrika. Dit is ‘n feit dat die Swart Bemagtigingsproses nog nooit effektief was om armoede te bestry nie en het net sekere politiek-korrekte enkelinge bevoordeel.” het adv. Alberts bygevoeg.  

Mnr. Motsepe se bravade sal aan die hand van drie toetse gemeet moet word: Eerstens sal mnr. Motsepe gewillig moet wees om toe te kyk hoe sy bates sonder vergoeding genasionaliseer word ten gunste van die armes. Die tweede toets sal wees om te kyk of die verspreiding werklik na die armes gaan afwentel, en die derde toets sal wees om te sorg dat die myne effektief en mededingend bly.

“Ek is bevrees mnr. Motsepe en sy ideologiese tydgenote sal nie hierdie drie toetse deurstaan nie. Die geskiedenis tel teen hulle. Mens kry eerder die gevoel hulle soek nog ‘n gaping om die Suid-Afrikaanse ekonomie verder te plunder,” het Alberts gesê.

Die VF Plus het vroeër in ‘n antwoord op ‘n parlementêre vraag aan die regering weereens die onderneming van die ANC gekry dat hulle nie van plan is om myne te nasionaliseer nie. Desnieteenstaande, sal die VF Plus steeds voortgaan om enige sweem van sosialisme aan te vat en uit te wys as ‘n vals belofte vir ‘n beter Suid-Afrika.

roulette online game real moneyдепутат лобановский

Afriforum het ‘rassistiese agenda’

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het skerp gereageer op die aanval wat die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), Gwede Mantashe, vanoggend in sy openingstoespraak by die SAKP se nasionale kongres op AfriForum geloods het met sy stelling dat AfriForum vir ʼn “rassistiese agenda” veg.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het in reaksie hierop soortgelyke woorde as die Afrikaanse skrywer Langenhoven gebruik, deur te sê dit is vreemd dat Mantashe AfriForum se billike aspirasies verkeerdelik as “rassisties” voorhou, terwyl die SAKP se rassisme valslik as billike aspirasies voorgehou word.

“Mantashe se aanval is misplaas, veral in die lig daarvan dat dit juis eerder die SAKP/ANC-alliansie is wat ʼn rasbehepte ideologiese agenda op elke terrein van die samelewing wil afdwing,” het Kriel gesê.

Volgens Kriel sal AfriForum hom beslis nie van stryk laat bring deur Mantashe se aanval nie en sal AfriForum ook nie by ʼn rasse-moddergooiery betrokke raak nie. “Mantashe se rasbehepte uitsprake dien eerder as motivering vir AfriForum om aan te hou stry vir vreedsame naasbestaan, wedersydse respek, billikheid en geregtigheid vir almal in die land,” het Kriel bygevoeg.

casino slotФильчаков прокурор

VF+ gee ANC punte

Die VF Plus het vanjaar vir die sewende opeenvolgende jaar ‘n evaluering (rapport) van die ANC se prestasie gedoen aan die hand van spesifiek daardie sake wat vanuit die oogpunt van die deursnee VF Plus-kieser van belang is. Die sake wat geëvalueer is, is –

· misdaadbekamping

· regspleging

· plaaslike regering

· onderwys

· taal- en kultuurregte

· ekonomiese groei en werkskepping

 

Samevattend is die volgende punte toegeken:

Misdaadbekamping : 4

Justisie : 3

Plaaslike Regering : 2

Onderwys : 5

Taal- en Kultuurregte : 4

Ekonomiese groei : 4

Dit blyk dus uit bogenoemde evaluasie dat die ANC vanuit die oogpunt van die deursnee VF Plus-kieser vanjaar ’n skamele gemiddelde punt van 37% vir sy vertoning ten opsigte van beleid behaal het.

Die VF Plus bly verbind tot ’n Suid-Afrika wat ruimte bied aan almal. Die party sal in 2010 – soos in die jare tevore – verbind bly tot die konstruktiewe aanlê van gesprek waar dit kan en die mobilisering van opposisie en verset waar dit moet.

вино полусладкое белоелобановский александр компромат

VF+ evalueer ANC

Die Vryheidsfront Plus sal more, Woensdag 9 Desember 2009, om 11:00 ‘n mediakonferensie hou waartydens die party sy jaarlikse evaluering van die ANC-regering bekend sal maak. Dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunk-minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sal die party se evaluering aan die media bekend maak by die party se hoofkantoor in Pretoria. Hy sal daarna meer besonderhede gee oor die rede vir die toekenning van spesifieke punte vir die ANC-regering se bestuur van die land.

 

free slotscasino gamesФильчаков прокурор харькова

Waak vir Chris Louw môre by Markspark in Johannesburg

Chris LouwJoernaliste, skrywers, aktiviste vir Afrikaans en gewone Afrikaners gaan môre Saterdag 5 Desember vanaf 16.00 in die “Colonial Room” (ironiese benaming!) by Markspark in Johannesburg byeenkom om hulde aan die ontslape joernalis Chris Louw te bring. RSG, Beeld, praag.co.za en ander publikasies en media sal daar verteenwoordig wees.

Lede van die publiek en lesers van Chris Louw se rubrieke en artikels is insgelyks welkom om die geleentheid by te woon. Verversings sal bedien word en daar sal ‘n kontantkroeg beskikbaar wees.

Elkeen wat Louw geken het, sal die geleentheid hê om oor ‘n luidsprekerstelsel te praat en aan hom hulde te betoon of hul sê te sê. Louw se selfmoord te midde van die bestaanskrisis wat Afrikaners ervaar, het ‘n ongekende reaksie veroorsaak en ‘n behoefte onder Afrikaanse mediamense en skrywers ontketen om rondom Louw se dood met mekaar te assosieer en te besin.

Van die bekendes wat die geleentheid gaan bywoon, benewens dr. Dan Roodt van PRAAG, is Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor op RSG, Tim du Plessis, redakteur van Beeld, Andriette Stofberg, redaktrise van die nasionale bylaag “By” wat in Beeld, Burger en Volksblad versprei word. Dr. Frederik van Zyl Slabbert, voorsitter van die Caxton-groep en voormalige politikus, ry spesiaal van Swaziland af om die geleentheid by te woon.

‘n Groep Afrikaanse skrywers onder die afgetrede akademikus, dr. Charles Malan, gaan insgeslyks by Markspark te siene wees.

Die verwagting is dat die gesprek, besinning en kuier tot middernag sal duur en diegene wat eers later as 16.00 wil of kan opdaag, sal steeds welkom wees.

Uitgewery Praag gaan honderd-en-twintig eksemplare van die volledige “Ope brief aan Willem de Klerk”, die sogenaamde “Boetmanbrief” by die byeenkoms uitdeel. ‘n Kameraspan van www.praag.co.za sal ook die gebeure op video vaslê vir latere verspreiding op die internet.

Markspark is die sportsgronde tussen Emmarentiadam en Melvillekoppies in Johannesburg. Dit kan vanaf die ou DF Malanrylaan (tans Beyers Naudé Drive) bereik word. Indien enigiemand navraag wil doen of aanwysings wil hê, stuur ‘n e-pos aan inlig@praag.org.

 

free online casino playФільчаков прокурор

‘Bly binne’

Joernalis Chris Louw, is met ‘n kopwond gevind wat dui op selfmoord, het die Noordwespolisie gesê.

“Hy het sy vrou beveel om in die huis te bly, en toe na buite gegaan. Daar is ‘n plek waar hy blomme geplant het, wat ‘n spesiale plek vir hom was soos ons verstaan. En by daardie plek het hy homself met ‘n AK47-aanvalsgeweer geskiet,” het sup. Lesego Metsi, ‘n polisiewoordvoerder gesê het nadat sy lyk op sy plaas naby die Hartbeespoortdam in Noordwes gevind is.

Louw, 56, het sy eie lewe geneem terwyl sy vrou en dogter in die huis was. Sy seun het na die woning teruggekeer toe hy van die voorval in kennis gestel is.

‘n Selfmoordnota is langs Louw se liggaam gevind en nóg een is op sy rekenaar gevind.

“Hy het ‘n selfmoordnota op die 29ste (November) geskryf, maar die datum daarna verander na die 30ste omdat hy nie toe sy lewe kon neem nie,” het Metsi gesê.

Die polisie het ook ‘n harde kopie van die nota gekry wat die datum van die 30ste dra.

Metsi het gesê die polisie het ‘n ondersoek geloods om vas te stel waar Louw die AK47 vandaan kon kry.

“Ons ondersoek ook waar die aanvalsgeweer vandaan kom want Louw se vrou het bevestig dat hy nie die eienaar van die AK47 was nie. Die aanvalsgeweer het roes op gehad, so dit lyk asof dit iewers weggesteek was voor hy selfmoord gepleeg het,” het Metsi gesê.

Familie en vriende het vroeër by Louw se plaas naby die Hartebeespoortdam in Noordwes bymekaargekom om hul meegevoel te toon.

“Dit is altyd ‘n skok en natuurlik was hy ‘n oud-kollega én vriend,” het Foeta Krige gesê, wat Louw se lyk gevind het.

Krige het gesê Louw het Maandagmiddag kort na 14:00 vermis geraak. Die plaaslike buurtwag het gesoek maar kon hom nie vind nie.

Krige het gesê Louw, wat sy voormalige baas by Radio Sonder Grense was, het onlangs ‘n boekkontrak losgeslaan.

Krige sê Louw het die gesig van hedendaagse Afrikaanse debatte verander toe hy uitvoerende regisseur van RSG was en dat hy ‘n “baie liberale Afrikaner” was. Krige is tans die regisseur van Monitor.

Hy het ook die afgelope tyd gereeld oor ‘n vlaag misdade in die gebied vir Beeld geskryf en het sy kommer oor die toestand in die land te kenne gegee.

“In sy laaste artikels het hy die ontnugtering van baie Suid-Afrikaners, wat se verwagting van die nuwe Suid-Afrika nie ‘n werklikheid geraak het nie, uitgebeeld,” het Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus, oor Louw gesê.

Louw het bekendheid verwerf met sy opspraakwekkende “Ope brief aan Willem de Klerk, Boetman is die bliksem in”, wat deur PRAAG uitgegee is. Die ope brief is net gedeeltelik in Media24 weergegee.

Die ope brief het aanleiding gegee tot die Boetmandebat. Hy het in sy brief aan de Klerk die ouer generasie Nasionale Partyleiers daarvan beskuldig dat hulle papbroekige verraaiers was wat bereid was om jong lewens vir hulle ideaal van apartheid op te offer maar daarna eenvoudig oorgestap het na die ANC.

Louw was deel van ‘n sending Afrikaners wat in 1987 met die toe-nog-verbode ANC ontmoet het in Senegal. Hy het eerstehandse kennis gedra van die oorgawe en verraad van die Nasionale Party. Hy gee ‘n omvattende beskrywing daarvan in sy opvolgboek “Boetman en die swanesang van die verligtes”.

Hy was ‘n joernalis vir verskeie publikasies soos Mail & Guardian, Die Landbouweekblad, Vaderland en Oggendblad en het baie artikels vir Beeld geskryf.

Louw word deur sy vrou, seun en dogter oorleef.

Mulder het Louw se eerlikheid geprys. “Ek het groot waardering gehad vir die eerlike wyse waarop hy ander gekritiseer het, ook homself. Die vreeslose manier waarop hy alles en almal gestorm het wat hy as oneerlik beskou het, sal sy groot bydra tot die Suid-Afrikaanse debat bly.”

 

 

 

online casinoОлександр Васильович Фільчаков

‘Dakar-ganger se ontnugtering’

Dit is met groot skok dat ek verneem het van Chris Louw se skielike dood. Ek het deur die loop van jare talle sinvolle gesprekke met hom gehad as mediapersoonlikheid maar ook as vriend.

Die uitgesproke wyse waarop Chris Louw met Suid-Afrika se probleme geworstel het, het gemaak dat niemand koud teenoor hom kon staan nie. In sy laaste artikels het hy as oud-Dakar-ganger die ontnugtering van baie Suid-Afrikaners, wie se hoë verwagtinge van die nuwe Suid-Afrika nie gerealiseer het nie, verwoord.

Ek het groot waardering gehad vir die eerlike manier waarop hy andere, maar ook homself gekritiseer het. Die onverskrokke wyse waarop hy alles en almal wat hy as oneerlik beleef het, gestorm het, bly sy groot bydrae tot die Suid-Afrikaanse openbare debat.

My opregte simpatie gaan uit aan sy vrou en familie.

 

большого размераФильчаков Харьков

Chris ‘Boetman’ Louw skiet homself met AK-47

Chris LouwVolgens kollegas en vriende van die veteraanjoernalis Chris Louw het hy selfmoord gepleeg deur hom met ‘n AK-47 op die dak van sy huis te skiet. Blykbaar het Louw, ‘n voormalige redakteur van RSG se aktualiteitsprogramme Monitor en Spektrum, finansiële probleme gehad en is daar die afgelope tyd ook 40 keer by sy huis op ‘n kleinhoewe by Silkaatsnek tussen die Hartebeespoortdam en Brits ingebreek.

Louw het in die jaar 2000 vir ‘n opskudding gesorg toe hy ‘n ope brief aan Willem de Klerk, broer van FW de Klerk, geskryf het wat aanstons as die “Boetman”-brief bekendgestaan het. PRAAG het die volledige brief van 5 000 woorde in boekvorm uitgegee.

In die onlangse tyd het Louw meer en meer krities oor die huidige bestel begin raak, ook as gevolg van sy werk as vryskutlandbouskrywer en die toenemende inbrake en aanvalle op sy eie plasie by Silkaatsnek. Hy het skerp kritiek op prof. Jonathan Jansen, nuut aangestelde bruin rektor van die Vrystaatse Universiteit, gelewer in artikels wat in Rapport en in Beeld gepubliseer is. Onder andere het hy Jansen as ‘n “wolf in skaapsklere” bestempel wat beplan om Kovsies stelselmatig te transformeer en te verengels.

Hy laat sy vrou Johanita en twee kinders, ‘n seun en ‘n dogter, agter.

подвесные потолочныеданильченко юрій броніславович компромат

‘Christus was met my’ teen swart aanvallers

Mnr. Jannie Fourie het aangehou veg teen twee gewapende swart aanvallers nadat hy nege keer geskiet is. Drie gewapende swartes het in die vroeë oggendure op 15 April 2008 by die Fouries se huis in Pretoruispark, Pretoria ingebreek.

Fourie is deur die gille van sy vrou Bernice wakker gemaak. Die volgende oomblik sien hy hoe twee swartes poog om die slaapkamerdeur van sy oudste seuntjie oop te forseer, met sy vrou wat dit aan die ander kant probeer toedruk om haar en die kind te beskerm.

Mnr. Fourie het gister in die Pretoriase streekhof getuig: “Hulle het my vrou deur die deur geskiet. Toe hardloop ek na die eerste, korter figuur, en slaan hom ‘n hele paar keer. Toe hy ineen sak, het ek my na die ander man gewend.”

Volgens Fourie was een van hulle gewapen met ‘n semi-outomatiese pistool en die ander met ‘n rewolwer. Self was hy ongewapen.

Jonas Masemola (27) en Romeo Maota Nkwagatse (24) pleit onskuldig op aanklagte van poging tot moorde, roof met verswarende omstandighede, die rig van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. ‘n Derde verdagte het ontkom.

“Hulle het op my gevuur,” het Fourie voortgegaan. “Ek kon voel toe hulle my middelvinger afskiet. Ek het die een agterna gesit toe hy by die gang af hardloop op pad na ons eenjarige baba se slaapkamer. Ek het gevoel daar is iets fout met my knie, maar ek het hom beetgekry en geslaan, terwyl hy aangehou het om skote teen my af te trek.”

Terwyl hy sy aanvallers met die vuis bygedam het en hulle op hom gevuur het, het “die lafaards soos maervarke geskree”.

As gevolg van die skoot deur sy knie en erge bloedverlies, het Fourie egter by die babakamer se ingang geval. Sy eenjarige seuntjie het regop in die bed gesit en van angs geskree. Hierna het die swart aanvaller tussen Fourie se bene kom staan om hom die doodskoot te gee. Die koeël het hom net onder sy hart getref.

Teen dié tyd het Jannie Fourie gevoel hy gaan dalk sterf. In die hof het hy gesê: “Ek is ‘n Christen. Ek glo dat die Here Jesus Christus daardie nag met my was. As ek moes doodgaan, het ek geweet ek gaan hemel toe. Hierdie aanvallers is kinders van Satan. Hulle was daar om te moor, nie om te steel nie. Dus het ek hulle weer aangeval, met die besluit om een laaste hou te slaan.”

Daarom het hy opgestaan om die swarte wat intussen na die slaapkamer gegaan het waar sy vreesbevange, gewonde vrou in ‘n kas weggekruip het. Mev. Fourie het in die hof gesê: “Ek het gedink dat my gesin besig was om uitgemoor te word en ek kon niks doen nie omdat ek besig was om my een seun vas te hou. Ek het hardop gebid.”

Volgens Fourie, het hy “geweet dat ek nog ‘n bietjie bloed in my oor gehad het en ek was bereid om dit alles te gee om my gesin te red. Ek het opgestaan en hom weer gejaag. Die lafaard het weggehardloop.”

Hierna het Fourie inmekaar gesak. Slegs sy selfoon en beursie met R90 daarin was weg.

Volgens mev. Fourie “was die hele gang van ons huis met bloed bedek. Dit het soos ‘n slaghuis gelyk. Die bloed het uit Jannie gepomp. Ek was vreesbevange.”

Die dapper vegter het twee weke in die intensiewe eenheid deurgebring, voordat hy op krukke huis toe is. Hy wou so gou moontlik terugkom by die huis omdat sy twee seuns in sy afwesigheid nagmerries gehad het.

“Ek het vir my gesin gebid, dat ons heel word en dat daar vergifnis kom. Ek het vrede gemaak, met die wete dat die Here die laaste regter is. Die aanvallers sal gestraf word en ek is vandag lewendig hier om oor die wonderwerk van ons oorlewing te getuig,” het hy verder getuig.

Die saak sal in Februarie 2010 voortgaan.

воронеж кресла,лобановский александр харьков