Verkiesings gaan voort in Zimbabwe

Zimbabwe se regerende party het die opposisie se onttrekking van die presidentsverkiesing as 'n onbenulligheid afgemaak.

Die opvolgverkiesing sal Vrydag plaasvind, het die staatsbeheerde Herald berig.

Zanu-PF het gesê dit was die elfde keer dat Tsvangirai gedreig het om hom van die presidensiële opvolgverkiesing te onttrek.

Die Zimbabwiese verkiesingskommissie het gesê dat voorbereidings vir die presidentsverkiesing Vrydag voortgaan omdat die MDC-opposisie nie sy onttrekking op skrif gestel het nie.

Die heersende party glo dat Tsvangirai 'n neerlaag wil vermy.

Zanu-PF het Tsvangirai daarvan beskuldig dat hy politieke geweld as 'n verskoning gebruik terwyl die waarheid is dat die meerderheid gevalle van geweld deur die MDC veroorsaak is.

белое испанское винотопкарго

Polisiebeampte in die mond geskiet

'n Polsiebeampte is deur vier mans in die mond geskiet aan wie hy 'n geleentheid langs die pad gebied het, het die Ooskaapse polisie verklaar.

Twee polisiebeamptes was aan diens toe hulle gister vier mans en 'n vrou in Motherwell, Port Elizabeth, opgelaai het. Die vier mans het konstabel Zaleni oorval, hom in die mond met sy dienspistool geskiet en weggehardloop.

Zaleni is hospitaal toe geneem en verkeer in 'n stabiele toestand. Geen inhegtenisnames het nog plaasgevind nie. Die polisie ondersoek sake van poging tot moord en roof.

справка для занятияДанильченко Юрий отзывы

Suid-Afrikaners verdraagsaam teenoor korrupsie

Negentig persent van Suid-Afrikaners voel dat korrupsie 'n lewenswyse in Suid-Afrika geword het, en 85 persent glo dat daar korrupsie op senior vlakke van die regering is.

Dié bevindings is vandag gepubliseer deur TNS-navorsingsopnames. Terwyl die meeste Suid-Afrikaners teen korrupsie gekant is, sal hulle self korrup optree indien hulle die geleentheid kry. Vier uit tien Suid-Afrikaners sê hulle sal nie 'n ekstra R50 teruggee indien 'n kassier of teller hulle te veel kleingeld gee nie. 'n Derde van bestuurders het oor die afgelope ses maande 'n voertuig onder die invloed van alkohol bestuur.

 
'n Vyfde van metropolitaanse volwassenes voel dat dit heeltemal aanvaarbaar is om aan mense op grond van hul ras toegang tot plekke, vergaderings en byeenkomste te weier.

online games slotsданильченко юрій Харків

Cosatu herhaal Jeugliga se oproep

Image

Zwelinzima Vavi

Die Vryheidsfront Plus sal vandag ‘n klag teen Zwelinzima Vavi by die Menseregtekommissie lê.

Die sekretaris-generaal van Cosatu het by ‘n begrafnis gesê dat hulle bereid was om te skiet en dood te maak vir Zuma.

Die woordvoerder vir die Vryheidsfront Plus, Willie Spies, sê dat Vavi duidelik die grondwet, die regstelsel en die demokratiese orde van Suid-Afrika uitdaag.

Vavi het gepraat by die begrafnis van ‘n ANC-veteraan en selfs verder gegaan as die ANC-jeugligapresident Julius Malema se omstrede verklaring dat hy die wapen sal opneem en vir Zuma sal moor.

Cosatu ontken dat hulle enige oproep tot onmiddellike optrede gemaak het.

шорты для девочкиФильчаков прокурор отзывы

SAOG-state skaar hulle by Tsvangirai

Suidelike Afrika-state het hulle by die opposisieleier in Zimbabwe geskaar.

Dít nadat die MDC se  Morgan Tsvangirai gister sy onttrekking uit dié week se presidensiële uitklopverkiesing aangekondig het.

Die president van Zambië, Levy Mwanawasa, sê hy ondersteun Tsvangirai se onttrekking.

Hy sê die verkiesing kan nie in 'n omgewing van geweld en intimidasie gehou word nie.

Ander Suidelike Afrika-leiers het die Zimbabwiese president openlik vir sy taktieke gekritiseer.

Die Suid-Afrikaanse president, Thabo Mbkei, het by die twee opponente aangedring om byeen te kom vir samesprekings.

bridal necklace designsФільчаков прокурор

Soweto-petroljoggie deur klante vermoor

ʼn Petroljoggie in Soweto is vandag deur klante vermoor wat verseg het om vir die petrol te betaal, het die polisie laat weet.

Inspekteur Kay Mkahubela het gesê dat die werknemer van die Engen-garage in Zola-noord vanoggend vier keer geskiet en met ʼn mes gesteek is.

Klante in ʼn rooi motor het die vulstasie vroeër besoek en petrol gekoop maar het vertrek sonder om te betaal, ná ʼn woordewisseling met die joggie.

Toe die joggie na werk huis toe gaan, het die insittendes van die rooi motor vir hom gewag. Hulle het op hom geskiet en hom met ʼn mes gesteek.

Makhubela het ook gesê dat die polisie Saterdag 137 mense by padblokkades in verskeie dele van Soweto in hegtenis geneem het.

In Moroka is 42 mense gearresteer en in Protea Glen 34. In Naledi en Jabulani is 61 mense in hegtenis geneem vir misdade wat wissel vanaf moord tot kwaadwillige saakbeskadiging, aanranding en die besit van ongelisensieerde wapens.

ʼn Man wat te Moroka vir moord aangekeer is, was ook ʼn gesoekte verdagte in ʼn Krugersdorpse moordsaak, het Makhubela gesê.

фонари для ландшафтного освещенияДанильченко

Malema hou by opmerking oor Zuma

Image

Julius Malema

Die voorsitter van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het gister weer sy omstrede uitlating verdedig dat die liga ter ondersteuning van ANC-president Jacob Zuma sou moor.

“Ons het niks verkeerds gesê nie. Moontlik het ons sterk taal gebruik… Ons is bereid om die hoogste pryse te betaal ter verdediging van Zuma en die revolusie,” het hy voor honderde mense, sommige so jonk soos 11, by ‘n vergadering van die Jong Kommunisteliga in die Claremont Sugar Ray Xulu-stadion in Durban gesê.

“As die tyd kom, sal ons die revolusie verdedig en ons sal nie huiwer nie,” het hy gesê.

Gedurende ‘n Jeugdagbyeenkoms in die Vrystaat Maandag, het Malema gesweer dat die jeug van Suid-Afrika sou sterf in hul steun vir Zuma en gesê die ANC-jeugliga het die potensiaal om diegene te verslaan wat hul oorwinning sou kompromitteer.

Malema het weereens beklemtoon dat die liga Zuma sal verdedig en het nie om verskoning gevra nie.

“Alles wat ons nou sê, het hulle (die vorige geslagte) reeds voorheen gesê. As enigiemand te blameer is, is die geslag voor ons te blameer want ons sit net ‘n tradisie voort,” het hy gesê. “Ons word vandag vertel dat jy irrelevant is as jy revolusionêre taal gebruik. Ons s’n is die oorwinning en die oorwinning is vir altyd.”

Hy het ook gesê: “Ons is vandag hier om die erfenis van die 1944-, 1956- en 1976-revolusie te gedenk… Ons word deur die Nelson Mandela-geslag, die Peter Mokaba-geslag en die Oliver Tambo-geslag geïnspireer.”

Malema het gesê die enigste regering wat aan die verwagtinge van die jeug van Suid-Afrika kon voldoen, ‘n Zuma-regering is. “Ons raak ongeduldig. Ons wil vir ons ‘n groot toekoms bou… Die Suid-Afrikaanse jeug het gehaltewerksgeleenthede nodig. Ons wil nie kassieres en petroljoggies wees nie, en net die Zuma-regering kan hierin voorsien.”

Malema se verklaring, wat Maandag in die Vrystaat gemaak is, het ‘n groot mate van kritiek ontlok en het die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie genoop om ‘n ultimatum uit te reik waarin hy gevra word om sy stellings terug te trek.

Malema sê diegene in die ANC wat Zuma teenstaan moet die party verlaat. “Hulle moet nou padgee as hulle nie Zuma aanvaar nie… Die ANC het geen tekort aan leierskap nie. As jy wil padgee, beskik ons oor ander om jou te vervang.”

Hy het ‘n beroep op die SAMRK gedoen om Zuma se regte te verdedig. “Ek doen ‘n beroep op die MRK om die regte van Zuma te verdedig. Hulle moet aan die Skerpioene skryf en hulle aansê om Zuma se verhoor te bespoedig, want indien enigeen te na gekom is, is dit Zuma.”

Die sekretaris-generaal van die Jong Kommunistiese Liga, Buti Manamela, het gesê dat indien Zuma nie in 2009 president word nie, “alle hel sal losbars”.

He het gevra vir gehaltewerksgeleenthede vir die jeug en die Suid-Afrikaanse Reserwebank se inflasieteikenbeleid as onsin afgemaak.

“Tito Mboweni, as jy brood kan bekostig, beteken dit nie almal kan dit bekostig nie. Ons wil hê jy moet dié beleid hersien.”

Oor die SAMRK se ultimatum aan Malema, het Manamela gesê: “Ons wil nie van julle hoor nie.”

Ook teenwoordig by die byeenkoms was Blade Mzimande van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP), die provinsiale SAKP-sekretaris Themba Mtembu en die president van Cosatu S’dumo Dlamini. Die minister van vervoer, Jeff Radebe, het na ‘n uur die vergadering verlaat.

Zuma was veronderstel om die vergadering by te woon, maar het nie opgedaag nie.

полиграфтопкарго отзывы

Duitse ondersoek na wapenskandaal laat vaar

Duitse ondersoekers het hulle ondersoek na Thyssenkrupp se betrokkenheid in die wapentransaksie laat vaar.

Maar president Mbeki en ander senior ANC-amptenare wat in die wapentransaksie geïmpliseer word is nog nie skotvry nie, sê Patricia de Lille.

Sy sê die Duitse ondersoek is in die wiele gery deur 'n gebrek aan samewerking van Suid-Afrika se kant af en het 'n beroep op die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen om die ondersoek voort te sit.

Die DA-lid Eddie Trent en eertydse ANC-lid Andrew Feinstein het met de Lille saamgestem.

Hulle glo dat die regering se weiering om noodsaaklike inligting deur te gee daartoe gelei het dat die ondersoek na Thyssenkrupp laat vaar is.

липецк прочийДанильченко Харьков

Malema nie spyt nie

Die ANC se jeugligapresident, Julius Malema, is nie spyt oor sy stelling dat die wapen opgeneem moet word en gemoor moet word namens Zuma nie.

Hy het die media gister by Luthulihuis toegespreek en gesê dat sy tans onbeprese stelling buite verband geruk is om hom en die Liga te vernietig.

Hy het geheel en al ontken dat hy die dreigement gemaak het en gesê dat hy nog nooit gevra het dat die Liga die wapen moet opneem en namens Zuma moor nie.

Hy sê sy stelling moet binne 'n politieke konteks verstaan word en nie in die letterlike sin van die woord nie.

Die Menseregtekommissie  het hom 'n 14-dae tydperk gegee om sy stelling terug te trek.

продвижениеДанильченко Юрий Харьков

Forensiese verslag bevind weerdiens grootliks onskuldig

'n Forensiese verslag deur die ouditeursfirma PriceWaterhouseCoopers het die Suid-Afrikaanse Weerdiens grootliks onskuldig bevind ná klagtes wat deur werknemers aanhangig gemaak is.

Die forensiese oudit is deur die minister vir omgewingsake en toerisme, Marthinus van Schalkwyk, aangevra.

Volgens Khungeka Njobe, die voorsitser van die SAWD-raad, is die volle verslag aan die minister beskikbaar gestel en is daar gerapporteer sover dit optrede deur die raad en senior bestuur betref om sake deur beter beheer reg te stel.

Die bewerings vanaf werknemers het ingesluit: wanbestuur en vermorsing, onreëlmatige uitgawes deur senior bestuurders, asook 'n beweerde gebrek aan behoorlike toesig deur die vorige raad van die weerdiens waarvan die termyn aan die einde van Maart verstryk het.

instagramОлександр Фільчаков прокурор

Ooskaapse korrupsieverslag gereed

Die langverwagte Pillay-verslag oor korrupsie in die Ooskaap gaan einde vandeesweek aan die provinsie se speaker oorhandig word, het die provinsiale regering gister gesê.

 

Premier Nosimo Balindlela wat die kommissie onder voorsitterskap van regter Ronnie Pillay aangestel het, is onder druk van sowel haar eie ANC as die opposisiepartye om die dokument vry te stel.

Die Openbaresektorverantwoordbaarheidsmonitor het stukke geliasseer in terme van die Wet op die bevordering van toegang tot inligting om die verslag te ontvang.

Die kommissie se opdrag was om die ondoeltreffendheid, onreëlmatighede en onbehoorlikheid in provinsiale regeringsdepartemente van die Ooskaap te ondersoek.

фальшкаминДанильченко Юрий отзывы

Comair stel ondersoek in na vliegongeluk in Durban

Comair se vliegveiligheidspan het gister met 'n ondersoek begin na die voorval waarin 'n British Airways-vliegtuig van die aanloopbaan by die Durbanse Internasionale Lughawe af gegly het.

Die voorval het Woensdagmiddag plaasgevind toe die vliegtuig die aanloopbaan byster geraak het terwyl dit besig was om te land. Geen enrstige beserings is aangemeld nie en traumaberading is aan die passasiers op die toneel verskaf.

Vogens Comair-woordvoerder Glenda Zvenyika, sal die ondersoek die volgende insluit: gedetailleerde besprekings met die bemanning, verdere vliegtuiginspeksie, nagaan van transkripsies van opnames vanaf Lugbeheer, 'n volle ontleding van weersomstandighede tydens die voorval, asook 'n ontleding van vlugdata en die kajuitstemopnames.

Die vliegtuig is lig beskadig en sal vandag na Johannesburg teruggevlieg word.

Volgens Zvenyika is die 87 passasiers gister deur Comair gekontak om na hul welstand te verneem en ook om verdere inligting oor die voorval te bekom.

10 pound freeлобановский александр жена

Ses polisiespeurders gevang vir gewapende roof

Die Johannesburgse dagblad Beeld berig dat ses speurders wat te Magaliesburg gestasioneer is, vir gewapende roof in hegtenis geneem is.

'n Taakspan van swaar gewapende polisiemanne het hul kollegas by die Magaliesburgstasie verras. 'n Kaptein, twee inspekteurs en drie konstabels is ten aanskoue van hul kollegas in uniform gevang en na Johannesburg vir 'n uitkenningsparade vervoer.

Daar is ook beslag gelê op twee ongemerkte polisievoertuie wat blykbaar vir geruime tyd in hoëspoedverkeersoortredings tydens die vroeë oggendure betrokke was.

Suid-Afrika beskik oor die mees korrupte polisiemag ter wêreld en 'n kwart van alle polisiebeamptes het misdaadrekords.

для насосовФільчаков Олександр Васильович

Vreemdelinge moet skuif van gevaarlike perseel

Buitelanders in die Wadeville-kamp naby Germiston was veronderstel om vandag na 'n skuiling in Springs verskuif te word nadat 'n studie bevind het dat die gebied nie veilig vir menslike gebruik is nie.

Die beplande verskuiwing het egter deur die mat geval nadat vervoerkwessies opgeduik het. Die buitelanders werk in die Germiston-omgewing en vind Springs te ver om vanaf te pendel.

Zweli Dlamini van die Ekruhuleni metropolitaanse munisipaliteit sê dat amper eenduisend mense, waaronder kinders, 'n hoë risiko weens blootstelling loop.

Die grond in die kamp bevat gevaarlike swaar metale. Die provinsiale regering het die studie 'n paar dae na die kamp opgerig is, laat doen.

турецкая баня в москвеФільчаков прокурор