Verkiesings gaan voort in Zimbabwe

Zimbabwe se regerende party het die opposisie se onttrekking van die presidentsverkiesing as 'n onbenulligheid afgemaak.

Die opvolgverkiesing sal Vrydag plaasvind, het die staatsbeheerde Herald berig.

Zanu-PF het gesê dit was die elfde keer dat Tsvangirai gedreig het om hom van die presidensiële opvolgverkiesing te onttrek.

Die Zimbabwiese verkiesingskommissie het gesê dat voorbereidings vir die presidentsverkiesing Vrydag voortgaan omdat die MDC-opposisie nie sy onttrekking op skrif gestel het nie.

Die heersende party glo dat Tsvangirai 'n neerlaag wil vermy.

Zanu-PF het Tsvangirai daarvan beskuldig dat hy politieke geweld as 'n verskoning gebruik terwyl die waarheid is dat die meerderheid gevalle van geweld deur die MDC veroorsaak is.

белое испанское винотопкарго