Shaik en Derby-Lewis: Dubbele standaarde

Terwyl Schabir Shaik op mediese parool gholf speel, ontvang Clive Derby-Lewis in die tronk chemoterapie teen ernstige prostaatkanker. Volgens korrektiewe dienste kwalifiseer Derby-Lewis blykbaar nie vir soortgelyke mediese parool nie. Geen logiese of regsverduideliking bestaan vir hierdie dubbele standaarde nie.

Hierdie dubbele standaarde tas die geloofwaardigheid van die Departement van Korrektiewe Dienste asook die van die betrokke ANC-ministers baie ernstig aan. Parool is nie ‘n vryskelding van ‘n persoon se misdaad nie, maar afslag van vonnis volgens vaste reëls en regulasies.

Shaik is twee jaar gelede op parool vrygelaat omdat hy as “terminaal siek” gediagnoseer is. Hy het so “herstel” dat hy kan gholf speel en na bewering genoeg verdere energie het om ‘n fotograaf te kon aanrand.

Clive Derby Lewis is tans 75 en sy lewensverwagting is minder as 24 maande as die kanker nie effektief deur chemoterapie bestry kan word nie. Hy kwalifiseer volgens alle riglyne vir mediese- en normale parool. Hy moes reeds in Oktober 2008 parool gekry het op grond van sy ouderdom en volgens aanbevelings van die paroolraad. Die proses is telkens deur politici gekelder. Dit wil voorkom asof sy nuwe aansoek om mediese parool ook berekend vertraag word.

Die VF Plus gaan vra dat ‘n ondersoek na mnr. Shaik se paroolvoorwaardes gedoen word in die lig van die gholf voorval asook na die vertragings in Clive Derby-Lewis se aansoek.

kids modaданильченко юрій броніславович компромат

R1,2 miljard aan NYDA onverantwoordelik

Die Vryheidsfront Plus-jeug is geskok dat die Nasionale Tesourie ‘n astronomiese bedrag van R1,2 miljard oor die volgende drie jaar aan die sukkelende Nasionale Jeug Ontwikkelingsagentskap (NYDA) toegeken het. Dit is veral kommerwekkend dat so ‘n groot bedrag aan die agentskap gegee word te midde van die talle bewerings van ongerymdhede wat die rondte doen. Hierdie bewerings is nog nie as vals bewys nie.

“Die feit dat daar talle bewerings van ongerymdhede rakende die Wêreld-jeugfees bestaan en die feit dat die NYDA tot op datum nie daadwerklike uitvoering aan hul mandaat gegee het nie, maak die toekenning van so ‘n groot bedrag aan die agentskap onaanvaarbaar en die Ouditeur-Generaal (OG) sal dit moet ondersoek. Hierdie nuwe fondse gaan moontlik weereens deur die agentskap vermors word. Die agentskap betaal R188 miljoen per jaar vanuit hul begroting van R386 miljoen net aan salarisse. Dit is ‘n bewys dat hierdie agentskap belastingbetalers se geld op die salarisse van ANC Jeugliga-leiers mors en nie voldoende jeugontwikkeling of werkskepping bevorder nie,” het Wouter Wessels, woordvoerder van die VF Plus-jeug gesê.

Die VF Plus-jeug het op 17 Januarie ‘n klagte rakende die beweerde ongerymdhede, onder andere die vervoer van die Kubaanse afvaardiging na die Wêreldfees by die Openbare Beskermer (OB) ingedien. Die OB het tot op datum slegs ontvangs van die klagte erken.

Die VF Plus-jeug sal klagtes by die kantoor van die OG asook by die Openbare Dienskommissie (PSC) indien. Die VF Plus eis dat daar ondersoek ingestel word na alle beweerde ongerymdhede met betrekking tot die NYDA en dat die toekenning van die nuwe begroting ook ten volle ondersoek moet word.

бачок дляДанильченко Юрий Брониславович

Umalusi nog nie duidelik nie

“Die VF Plus het die Umalusi-verslag bestudeer en bevind dat baie van die vrae wat die party gehad het rakende anomalieë wat op grondvlak plaasgevind het ten opsigte van die 2010-matriekpunte, nog nie beantwoord is nie. Die verslag dui op die oog af op geen onreëlmatighede aan Umalusi se kant nie, maar los sekere raaisels nie op nie,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, gesê nadat die party inligting gekry het van sekere skole rakende punteverstellings wat problematies blyk te wees en wat steeds nie deur die verslag verduidelik word nie.

Die belangrikste kwessies wat, onder andere, nie deur die verslag verklaar word nie is as volg:

1. Op ‘n makrovlak, die rede waarom 2010 se matrieks so ‘n hoë slaagsyfer het wat duidelik nie korreleer met die vorige jare s’n nie. Umalusi het aangedui dat hulle nie aanpassings op ‘n globale skaal maak nie, maar wel per vak op ‘n nasionale vlak. Hoe die per-vak-aanpassings gesamentlik tot ‘n hoër slaagsyfer gelei het is nie deur Umalusi ondersoek of verduidelik nie en bly ‘n raaisel.

2. Op ‘n mikrovlak, waarom sekere skole in dieselfde area ‘n geweldige styging in slaagsyfers getoon het terwyl andere staties gebly of gesak het. Hierdie kwessie het rasselyne waar ‘swart’ skole se slaagsyfer statistiese uitskieters blyk te wees. Daar kan weliswaar ander redes vir die fenomeen wees, maar die verslag verklaar dit nie.

Die verslag en mediakonferensie van Umalusi het wel die volgende insigte verskaf:

1. Die vak Engels Huistaal is opwaarts aangepas om te kompenseer vir die feit dat leerlinge, wat nie Afrikaans of Engels as huistaal het nie en wat inskakel by vorige model C-skole wat Afrikaans is, gewoonlik dan Engels Huistaal as vak neem. Aangesien Engels nie in werklikheid die leerlinge se huistaal is nie, maar eerder ‘n ander inheemse taal, doen die leerlinge nie juis goed in die vak nie. Hierdie situasie dui egter aan dat die departement van basiese onderwys nie genoeg skole beskikbaar stel waarin moedertaalonderrig kan geskied nie. Dit is skreiend dat Afrikaanse skole deur die departement, soms met regstappe, gedwing word om anderstalige leerlinge in te neem en dan hulle te onderrig in Engels wat nie eens die leerlinge se moedertaal is nie. Dit is diskriminerend teen beide die Afrikaanssprekende en die anderstalige leerlinge en die departement moet sy beleid hieroor dringend hersien.

2. Umalusi het aangedui dat die departement van basiese onderwys ook punte-aanpassings aanbring nadat Umalusi sy proses voltooi het. Die aanpassings blyk aangebring te word aan taalvakke. Die VF Plus het alreeds ‘n parlementêre vraag hieroor ingedien om vas te stel watter vakke in werklikheid hierdeur geraak is, hoeveel die verstellings in elke vak was en wat die grondslag van die aanpassings was. Moontlik kan hierdie intervensie deur die departement verduidelikings verskaf vir die hoër slaagsyfer van 2010.

3. Umalusi het erken dat die departement van basiese onderwys nog baie werk het om die standaard van Suid-Afrikaanse skole en vakke te verhoog. Die VF Plus is dit hier eens met Umalusi.

Die VF Plus doen verder ‘n beroep op alle bekommerde onderwysers en skoolhoofde om die Umalusi-verslag te bestudeer en self te peil of die inligting hulle insigte bied oor die verskeie anomalieë wat hulle op grondvlak ervaar het. Die VF Plus is bereid om verdere parlementêre vrae aan die minister van basiese onderwys te stel om enige dwingende kwessies aan te spreek.

Die verslag kan by die volgende webadres gevind word: www.umalusi.org.za.

зимняя одеждаАлександр Фильчаков Васильевич

Landboudebat vra feite

“Landboudebatte moet op feite en nie op propaganda-aannames gevoer word nie,” het dr. Pieter Mulder, adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye gesê. Dr. Mulder was die spreker by ‘n boeredag op Christiana in die Noordwes-provinsie en het dit as een van die landbou-uitdagings vir 2011 genoem.

“Veralgemenings wat maak asof die verhoudinge tussen kommersiële boere en hulle werkers sleg is, is totaal verkeerd en op sulke propaganda-aannames gegrond. ‘n Wetenskaplike navorsingsondersoek wat deur die bekende navorser professor Lawrie Schlemmer uitgevoer is, het bevind dat die verhoudinge tussen boere en hulle plaaswerkers oorweldigend positief en harmonieus is. Dit is ook my persoonlike ervaring die afgelope twee jaar as adjunkminister waar ek baie plase besoek het,” het dr. Mulder gesê.

“Netso is plaasmoorde nie die gevolg van swak verhoudinge tussen kommersiële boere en hulle plaaswerkers nie. Die ondersoek na plaasaanvalle wat in 2003 gepubliseer is, het 2600 gevalle van plaasmoorde bestudeer. Slegs 1,6% van hierdie gevalle het met arbeidsgeskille op plase verband gehou. ‘n Swak verhouding tussen ‘n fabriekseienaar en sy werkers, of ‘n kommersiële boer en sy werkers, kan in elk geval nooit ‘n moord regverdig nie,” volgens Mulder.

Dr. Mulder het ook na die Groenskrif op grondhervorming verwys. “Die feit dat die Groenskrif nog nie gepubliseer is nie, dui daarop dat daar nog steeds gesprekke en debatte agter die skerms plaasvind. Boere en georganiseerde landbou moet aktief elke moontlike geleentheid om insette hieroor te maak, benut. Dit geld ook die nuut beoogde wet op Verblyfsekerheid,” het hy gesê.

интернет магазины детских игрушекАлександр Фильчаков прокурор

Waar is daardie geld heen?

“Sal die ANC oop kaarte speel oor hoeveel die belastingbetalers uiteindelik sal opdok vir die ANC se eeufeesvierings nadat die regering erken het dat die belastingbetalers reeds begin betaal het, en steeds sal opdok?

“Uit die begroting self is dit onmoontlik om so iets af te lei, aangesien dit onder verskillende items geplaas is en nie as sodanig geïdentifiseer is nie. Dit het egter reeds geblyk dat die belastingbetaler moes pa staan vir ‘n konferensie in Addis Abeba as deel van die eeufeesvieringe, asook toelaes aan voltydse amptenare wat afgedeel is om met die voorbereidings te help.

Ons beskou dit as niks minder nie as korrupsie en die misbruik van openbare fondse, en ons doen ‘n beroep op die regering om dié praktyk te staak en dit wat reeds gespandeer is, terug te betaal.

“Hierdie saak opper weer die vraag: ‘Hoekom vind die regering dit moontlik om geld op onvanpaste sake te spandeer, maar trek noustrop om geld te vind vir basiese dienslewering?’ vra ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Met die ANC se bankbalans wat op die oog af daagliks groei danksy hulle wat deur SEB bevoordeel is en deur beleggings van die ANC self, sou ‘n mens verwag dat die ANC sy eie fondse sou gebruik, eerder as fondse bedoel vir werkskepping en armoedeverligting.

“So lank die kwessie nie opgelos word nie, sal ‘n wolk oor die jongste begroting bly hang.

“Die R100 miljoen wat onlangs op die Jeugfees vermors is, laat steeds ‘n wrang smaak in die monde van Suid-Afrikaners.

“Die CDP doen ‘n beroep op hulle wat gesagsposisies beklee om korrupsie te beveg en om behoorlike spandering van openbare fondse te bewerkstellig, en om streng teen oortreders op te tree. Dit beteken ook dat hulel nie in ander soustreinposte herontplooi word nie.”

дизайн баниДанильченко

Praag: ‘Skiet die boer’ oortree internasionele reg

Praag, die Pro-Afrikaanse Aksiegroep, het Donderdag toestemming gevra om as vriend van die hof, amicus curiae, toegelaat te word in die saak tussen Julius Malema en Afriforum. Die ANC het ‘n aansoek om verlof ingedien om as party toe te tree tot die haatspraaksaak teen Julius Malema.

Dr. Dan Roodt van Praag het gesê die versoek om toe te tree is gemaak sodat Praag belangrike inligting omtrent die saak kan indien. Die versoek is aan Regter Colin Lamont gerig.

Dr. Roodt het aan die media gesê die lied kom neer op aanhitsing tot volksmoord en dat Afrikaners se regte deur die internasionale reg beskerm moet word.

Adv. Vuyani Ngalwana, die ANC se regsverteenwoordiger, het Donderdag in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg aangevoer dit sal net so absurd wees om die lied “De La Rey” te verbied, as om “Skiet die Boer” te verbied.

AfriForum voer aan die lied is haatspraak waar dit by openbare byeenkomste soos in Polokwane en by die Universiteit van Johannesburg, deur Malema gesing word.

Ngalwana voer aan dat die ANC se reg tot vryheid van spraak benadeel word.

Die Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika (TLU SA) en die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) het ook Donderdag die hof toestemming gevra om as partye toe te tree.

Adv. Martin Brassey SC, AfriForum se regsverteenwoordiger, is gekant teen die toetrede van partye tot die saak omdat hul deelname die hofsaak sal vertraag.

Adv. Muzi Sikhakhane, Malema se regsverteenwoordiger, het die ANC se aansoek verwelkom, maar dié van die ander partye teengestaan.

Lamont sal Vrydag beslis of ander partye tot die saak toegelaat sal word.

wedding accessories for saleДанильченко Юрий Брониславович компромат

Wynboere dreig om belasting te weerhou

Die Stellenbosse wynboere is warm onder die kraag oor die moord op wynboer Alberto Costa. Hulle het gedreig om belastinggeld terug te hou indien die Regering nie misdaad wat dié dorp en omgewing teister, vasvat nie.

‘n Buurman van die vermoorde het die voorstel van belastingweerhouding aan ‘n vergadering oor geweldsmisdaad gemaak. 

“My voorstel is dat al die Stellenbossers hul belasting weerhou as hier nie iets gebeur nie. Ons kan die geld in ‘n trustfonds sit en ons eie dorp en omgewing beveilig.” Dit is ook deur die wynmaker Beyers Truter ondersteun.

“Al beveiliging wat ons het, kom reeds uit ons eie sakke. Ons betaal ook belasting vir die dorp en is deel van die dorp.”

Die vergadering is deur die provinsiale regering, ontstoke boere en dorpenaars bygewoon.

Jean Engelbrecht, nog ‘n bekende wynboer, het gevra na “die herinstel van die kommando-stelsel vir die beveiliging van ons eiendom en mense.”

Volgens mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, beloop die koste van ernstige misdaad 20% van die land se BBP. Hy het voorgestel die sowat 400 000 onwettige vuurwapens wat in omloop is, moet opgespoor word. Van Rensburg sê ‘n eenheid wat “24 uur per dag misdadigers genadeloos jag” moet op die been gebring word.

“As ons besig is om die boere uit te moor, vernietig ons mos langtermyn ekonomiese ontwikkeling,” het Albert Fritz, minister van veiligheid en sekuriteit in die Wes-Kaap, by die vergadering gesê.

 

 

 

 

автоматическая насоснаятопкарго отзыв

Te veel bruines, sê Manyi

Regeringswoordvoerder Jimmy Manyi het namens die Black Management Forum (BMF) gepraat toe hy gesê het daar is te veel bruin mense in die Wes-Kaap.

“Ek het net geartikuleer wat die regering se standpunt, is,” het Manyi Donderdagmiddag aan die Suid-Afrikaanse Persassosiasie gesê.

“Dit is die BMF se posisie Ek het geen gevoelens oor enige kwessie nie. Ek praat as BMF-voorsitter of as die regering se woordvoerder,” het hy gesê.

Manyi is verlede jaar as voorsitter van die BMF herkies.

“Dit het niks te doen met my persoonlik nie,” het hy gesê. “Ek het ‘n rol te speel as boodskapper, of ek vir die BMF of die regering optree. Dit het niks te doen met Jimmy Manyi nie. Hoekom is dit ‘n persoonlike kwessie?” het hy gevra.

Sy opmerkings kom enkele dae nadat die vakbond Solidariteit gekritiseer is omdat hulle daarop gewys het dat oor ‘n miljoen bruin mense hul werk kan verloor as wysigings aan die Wet op Diensbillikheid aanvaar word.

“Laat my net enkele opmerkings maak oor die laaste gesprek oor gekleurde mense,” het Manyi gesê tydens ‘n onderhoud met Freek Robinson op die TV-program Robinson Regstreeks.

Die onderhoud is op KykNet in Maart 2010 uitgesaai, terwyl Manyi nog steeds die direkteur-generaal van die departement van arbeid was.

“Ek dink dit is baie belangrik vir bruin mense in hierdie land om te verstaan dat Suid-Afrika aan hulle in totaliteit behoort, nie net die Wes-Kaap nie.

“So ‘n oor-konsentrasie van kleurlinge in die Wes-Kaap werk nie vir hulle nie.

“Hulle moet oor die res van die land versprei… so hulle moet dié oor-konsentrasie situasie stop omdat hulle in ooraanbod is waar hulle is. So jy moet soek in die land en sien waar jy die vraag kan tegemoetkom.

“Hierdie Wet op Gelyke Indiensneming (WGI) is ‘n baie goeie ding in hierdie land,” het hy gesê.

In die onderhoud, het Manyi ook gesê dat in die res van die land gekyk moet word om te sien waar daar ‘n vraag vir bruin werkers bestaan.

Donderdag, Manyi het gesê “die probleem” word deur die departement van arbeid aangespreek.

“As jy meer besonderhede wil hê, kan jy dit kry van die departement van arbeid,” het hy gesê.

Solidariteit het gesê: “Die wysiging maak voorsiening vir ‘n grootskaalse sosiogeneringsprogram waarvolgens die hele land ‘n presiese replika van die nasionale demografie moet wees.”

Volgens die koerant Beeld, het Manyi op 12 Mei gesê dat die Steel and Engineering Industries Federation of South Africa die enigste maatstaf vir billike indiensneming is.

“Die voorgestelde wysiging in die WGI is dus nie dubbelsinnig is,” sê Solidariteit.

“Trouens, die wysiging is ‘n duidelike weerspieëling van die effek van Manyi se ideologiese raamwerk van verteenwoordiging en is nie ‘n onbedoelde fout nie.”

Benewens die bruines sal meer as 300 000 Indiërs in KwaZulu-Natal ook geraak word.

“Wat ons gedoen het met die syfers was om te wys op die absurde gevolge van die ideologie van absolute verteenwoordiging.

“Die ideologie is nou vervat in ‘n voorgestelde wysiging aan wetgewing. Ons stel voor dat die voorgestelde verandering onmiddellik teruggetrek word,” sê die adjunk-uitvoerende hoof van Solidariteit.

Solidariteit het gesê die probleem met die wetsontwerp is nie alleen beperk tot die opheffing van die plaaslike demografiese profiel van die ekonomies aktiewe bevolking nie.

In terme van die huidige wetgewing, kan die huidige en toekomstige finansiële en ekonomiese faktore in ag geneem word om te bepaal of ‘n werkgewer voldoen het aan die WGI.

Die beskikbaarheid van gekwalifiseerde persone kan ook in ag geneem word.

Die nuwe wet het nie voorsiening vir hierdie faktore gemaak nie.

Solidariteit se “navorsing” is verwerp deur die beide die African National Congress (ANC) en die Kongres van Suid-Afrikaanse Vakverbonde (COSATU).

ANC Hoofsweep Mathole Motshekga het gesê dat die “sogenaamde navorsing” is ‘n “gevaarlike politieke spel” en dat dit ondenkbaar is dat die ANC sal poog om diegene te benadeel wat hy bevry het en probeer bemagtig.

Cosatu beskryf die vakbond se eise as “opruiend en onverantwoordelik”.

магазин игрыданильченко юрій броніславович