Wynboere dreig om belasting te weerhou

Die Stellenbosse wynboere is warm onder die kraag oor die moord op wynboer Alberto Costa. Hulle het gedreig om belastinggeld terug te hou indien die Regering nie misdaad wat dié dorp en omgewing teister, vasvat nie.

‘n Buurman van die vermoorde het die voorstel van belastingweerhouding aan ‘n vergadering oor geweldsmisdaad gemaak. 

“My voorstel is dat al die Stellenbossers hul belasting weerhou as hier nie iets gebeur nie. Ons kan die geld in ‘n trustfonds sit en ons eie dorp en omgewing beveilig.” Dit is ook deur die wynmaker Beyers Truter ondersteun.

“Al beveiliging wat ons het, kom reeds uit ons eie sakke. Ons betaal ook belasting vir die dorp en is deel van die dorp.”

Die vergadering is deur die provinsiale regering, ontstoke boere en dorpenaars bygewoon.

Jean Engelbrecht, nog ‘n bekende wynboer, het gevra na “die herinstel van die kommando-stelsel vir die beveiliging van ons eiendom en mense.”

Volgens mnr. Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse minister van landbou, beloop die koste van ernstige misdaad 20% van die land se BBP. Hy het voorgestel die sowat 400 000 onwettige vuurwapens wat in omloop is, moet opgespoor word. Van Rensburg sê ‘n eenheid wat “24 uur per dag misdadigers genadeloos jag” moet op die been gebring word.

“As ons besig is om die boere uit te moor, vernietig ons mos langtermyn ekonomiese ontwikkeling,” het Albert Fritz, minister van veiligheid en sekuriteit in die Wes-Kaap, by die vergadering gesê.

 

 

 

 

автоматическая насоснаятопкарго отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae