“Uit die begroting self is dit onmoontlik om so iets af te lei, aangesien dit onder verskillende items geplaas is en nie as sodanig geïdentifiseer is nie. Dit het egter reeds geblyk dat die belastingbetaler moes pa staan vir ‘n konferensie in Addis Abeba as deel van die eeufeesvieringe, asook toelaes aan voltydse amptenare wat afgedeel is om met die voorbereidings te help.
Ons beskou dit as niks minder nie as korrupsie en die misbruik van openbare fondse, en ons doen ‘n beroep op die regering om dié praktyk te staak en dit wat reeds gespandeer is, terug te betaal.
“Hierdie saak opper weer die vraag: ‘Hoekom vind die regering dit moontlik om geld op onvanpaste sake te spandeer, maar trek noustrop om geld te vind vir basiese dienslewering?’ vra ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).
“Met die ANC se bankbalans wat op die oog af daagliks groei danksy hulle wat deur SEB bevoordeel is en deur beleggings van die ANC self, sou ‘n mens verwag dat die ANC sy eie fondse sou gebruik, eerder as fondse bedoel vir werkskepping en armoedeverligting.
“So lank die kwessie nie opgelos word nie, sal ‘n wolk oor die jongste begroting bly hang.
“Die R100 miljoen wat onlangs op die Jeugfees vermors is, laat steeds ‘n wrang smaak in die monde van Suid-Afrikaners.
“Die CDP doen ‘n beroep op hulle wat gesagsposisies beklee om korrupsie te beveg en om behoorlike spandering van openbare fondse te bewerkstellig, en om streng teen oortreders op te tree. Dit beteken ook dat hulel nie in ander soustreinposte herontplooi word nie.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.