“Veralgemenings wat maak asof die verhoudinge tussen kommersiële boere en hulle werkers sleg is, is totaal verkeerd en op sulke propaganda-aannames gegrond. ‘n Wetenskaplike navorsingsondersoek wat deur die bekende navorser professor Lawrie Schlemmer uitgevoer is, het bevind dat die verhoudinge tussen boere en hulle plaaswerkers oorweldigend positief en harmonieus is. Dit is ook my persoonlike ervaring die afgelope twee jaar as adjunkminister waar ek baie plase besoek het,” het dr. Mulder gesê.
“Netso is plaasmoorde nie die gevolg van swak verhoudinge tussen kommersiële boere en hulle plaaswerkers nie. Die ondersoek na plaasaanvalle wat in 2003 gepubliseer is, het 2600 gevalle van plaasmoorde bestudeer. Slegs 1,6% van hierdie gevalle het met arbeidsgeskille op plase verband gehou. ‘n Swak verhouding tussen ‘n fabriekseienaar en sy werkers, of ‘n kommersiële boer en sy werkers, kan in elk geval nooit ‘n moord regverdig nie,” volgens Mulder.
Dr. Mulder het ook na die Groenskrif op grondhervorming verwys. “Die feit dat die Groenskrif nog nie gepubliseer is nie, dui daarop dat daar nog steeds gesprekke en debatte agter die skerms plaasvind. Boere en georganiseerde landbou moet aktief elke moontlike geleentheid om insette hieroor te maak, benut. Dit geld ook die nuut beoogde wet op Verblyfsekerheid,” het hy gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.