Zuma-regter oorlede

Regter Herbert Msimang, wat die korrupsieklagte teen Zuma van die rol geskrap het in 2006, is oorlede.

“Ons het met groot skok verneem van regter Msimang se afsterwe,” het Jeff Radebe, minister van justisie, Donderdag in ‘n verklaring bekend gemaak.

“Ek het Msimang reeds vir ‘n geruime tyd geken en weet dat hy een van die beste studente aan die Universiteit van Zoeloeland was.

“Hy is ook redelik onlangs aangestel as regterpresident en heelwat van sy kamerade het nog groot verwagtinge vir hom gehad.”

Msimang het vir opspraak gesorg toe hy president Jacob Zuma se korrupsieklagte van die rol geskrap het kort nadat Zuma sy pos as adjunk-president kwyt was.

Zuma is daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld vanaf ‘n Franse wapenmaatskappy ontvang het tydens ‘n omstrede wapentransaksie.

cleopatra slots forалександр лобановский супермаркет класс

Maandag begin Malema-saak

Maandag is die aanvang van een van die mees prominente hofsake sedert die vryspraak van pres. Jacob Zuma in sy korrupsieverhoor, wanneer die haatspraakverhoor van AfriForum teen mnr. Julius Malema, president van die ANC-Jeugliga, in die Suid-Gautengse hooggeregshof in Johannesburg begin.

AfriForum het ‘n klag van haatspraak teen Malema ingedien nadat hy herhaaldelik ‘n omstrede struggle-lied by onderskeidelik sy verjaardagpartytjie in Polokwane, ‘n saamtrek van die ANC-Jeugliga, ‘n saamtrek by die Universiteit van Johannesburg, in Rustenburg, Mafikeng en Oos-Londen in Maart 2010 gesing het.

Malema het selfs die lied, Dubul’ iBhunu (Skiet die Boer), in Harare, Zimbabwe, gesing ná die Noord-Gautengse hooggeregshof ‘n interdik teen hom toegestaan het om hom te verbied om die lied te sing totdat die regsproses in die gelykheidshof afgehandel is. In dié tyd het Malema beweer die Suid-Afrikaanse howe se beslissings geld nie in Zimbabwe nie. Hy het ook beweer die hofbevel is toegestaan deur ‘n “ongetransformeerde regstelsel, dieselfde een wat tydens apartheid gefunksioneer het”.

Die ANC het almal verras toe hy besluit het om in Februarie vanjaar by die verrigtinge aan te sluit, kort nadat hulle hulleself effektief van Malema se uitsprake gedistansieer het. Die ANC en Malema gaan nou deur dieselfde regspan verteenwoordig word, onder die leierskap van adv. Vincent Maleka SC. In wese ontken die ANC en Malema nie die woorde of die betekenis van die omstrede struggle-lied nie, maar beweer hulle die lied is nie gesing met die bedoeling om enigiemand skade te berokken nie. Om sy standpunt te ondersteun, gaan Malema en die ANC die hulp van verskeie hooggeplaastes inroep om as getuies te dien. Mnr. Gwede Mantashe, die ANC se sekretaris-generaal, mnr. Colin Chabane, minister in die presidensie, dr. Wally Serote, ANC-veteraan, mnr. Derek Hanekom, adjunkminister van wetenskap en tegnologie, en Malema gaan as getuies geroep word.

online betting gamesЛобановский

Stop straatrenne in Pretoria

Die VF Plus stel voor dat praktiese alternatiewe dringend oorweeg moet word om die motorwedren-probleem in Pretoria op te los omdat die lewens van onskuldige padgebruikers in gedrang is.

Volgens me. Cindy Cory, wykskandidaat vir die VF Plus-Moot, is die uitnodiging van die DA-raadslid, me. Elmarie Linde, aan die burgemeester, mnr. Kgosientso Ramakgopa, om die straatwedrenne op ‘n Sondagaand in Voortrekkerweg by te woon nutteloos. Daar moet praktiese voorstelle gemaak word en die VF Plus gaan self sodanige voorstelle aan die burgemeester lewer.

‘n Werkbare voorstel is dalk om die infrastruktuur van die geaffekteerde paaie, onder andere dié van Voortrekkerweg, te verander deur ‘n tipe intrekspoedhobbel te ontwerp en dit in die paaie op te sit. Die hobbels moet so ontwerp word sodat dit op ‘n Sondagaand onder die padoppervlak uitgetrek of opgeslaan word en dan weer onder die padoppervlak ingetrek of platgetrek word wanneer dit nie meer benodig word nie en om sodoende nie die normale vloei van verkeer te belemmer nie. Die nodige navorsing hiervoor moet aangevra word by die tersaaklike departement in die Tshwane-metroraad. Die VF Plus sal toesien dat hieraan aandag gegee word.

Daar is reeds inligting rondom die sogenaamde “smart speed bumps” op die internet beskikbaar. Hierdie spoedhobbels word in Mexiko vervaardig en word reeds in oorsese lande nuttig aangewend.

‘n Ander moontlike voorstel is om slegs een of twee bane vir die vloei van verkeer in Voortrekkerweg op ‘n Sondagaand toe te laat waar die ander bane dan sodoende afgesper word. Die VF Plus is dit eens dat daar nie van Polisie-teenwoordigheid afgesien moet word nie, maar dit is duidelik dat dit tot op hede, as enigste middel, nog nie die straatwedrenne kon verhoed nie.

Die straatwedrenne wat al in die afgelope jare in Voortrekkerweg en ander dele van Pretoria aan die gang is, kon nog nooit deur die huidige denke en versoekskrifte van die DA sowel as die ANC, gestop word nie. Die VF Plus sê dat die DA sowel as die ANC die gemeenskap gefaal het.

Op 13 Februarie 2011 het Cory self die straatwedren bygewoon en het mnr. Nickey Smith, iemand uit die entoesiaste se binnekring wat gereeld die straatwedrenne bywoon, in ‘n onderhoud gesê dat dit nooit sal ophou nie. Dit gaan om die adrenalien juis weens die feit dat dit onwettig is. Dit sal ook nie meer “street racing” wees as dit wettig gemaak word nie.

Cory het gesê dat ten spyte van die Polisie se taktiese eenheid se teenwoordigheid, was die toeskouers en die renjaers nie afgeskrik nie en het hulle daar bly staan vir ‘n ren om plaas te vind.

Cory het verder gesê dat dit algemene kennis is dat hierdie straatwedrenne ‘n groot probleem is in die Moot en al op meer as een geleentheid mense se lewens geëis het, maar ten spyte daarvan word die renjaers en toeskouers nie afgeskrik nie. Die DA en die ANC se huidige plan dat meer Polisie teenwoordigheid die antwoord is, sal dus nie werk nie.

Daar bestaan ook tans nie voldoende nasionale- en provinsiale wetgewing om swaarder strawwe vir hierdie tipe oortreders op te lê nie en moet daar na strenger wette gekyk word waar tronkstraf die enigste opsie is.

slots playлобановский александр

PWV-inwoner skiet inbreker dood

‘n Man het ‘n vermeende rower doodgeskiet wat Dinsdag saam met twee medepligtiges by sy huis ingebreek het, het die polisie in Gauteng bekend gemaak.

“Die man het die drie verdagtes in sy huis gevind nadat hy vanaf die lughawe teruggekeer het,” het die polisiewoordvoerder, Balan Muthan, gesê.

Die inbrekers het die man met ‘n vuurwapen gedreig en beveel om op die vloer te lê.

“Die drie het ‘n aantal waardevolle horlosies en selfone gesteel voordat hulle op vlug geslaan het,” het Muthan gesê.

Nadat die verdagtes uit die huis weg is, het die man opgestaan en gesien hoe hulle in ‘n goue Toyota Corolla klim.

“Die verdagtes het die man gewaar en op hom losgebrand. Hy het teruggeskiet en een van die mans gewond.”

Volgens Muthan het die gewonde verdagte se medepligtiges hom by die Laretong-kliniek afgelaai en weggejaag. Hy het later aan sy beserings beswyk.

“Twee horlosies en ‘n selfoon is in sy sak gevind.”

Die saak word deur die polisie ondersoek.

оборудование дляданильченко юрій броніславович

Zille ‘n ‘dansende aap’

Die leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, het die opposisieleier Helen Zille met ‘n aap vergelyk.

Sonder om haar direk by name te noem, het Malema die afgelope naweek in Polokwane gesê: “Het jy al ooit ‘n lelike vrou in ‘n blou rok soos ‘n aap gesien dans omdat sy stemme soek?” het die Sowetan en The Star berig.

In dieselfde asem het hy die manier waarop die Demokratiese Alliansie (DA) die Wes-Kaap regeer, gekritiseer.

“Wie het oop toilette vir bruinmense in die Wes-Kaap gebou? Dit was nie die ANC nie, maar die DA,” het Malema gesê.

Mbali Ntuli, jeugleier van die DA, het die aanmerkings as “walglik” bestempel.

“Wat hy gesê het sal ons nie ernstig opneem nie. Hy is bloot betrokke in rassepolitiek en ons gaan nie deel wees daarvan nie.”

Zille en Malema was al ‘n paar keer in die verlede in onderonsies betrokke.

цены в хорватииФильчаков прокурор отзывы

Geen belasting as dienste uitbly

Die Vryheidsfront Plus het gewaarsku dat die ANC uit ‘n klein minderheid Suid-Afrikaanse belastingbetalers se hand eet, maar dat hierdie minderheid toenemend voel dat hulle byna geen waarde vir hul geld terug ontvang nie.

 

Die VF Plus het ook gesê dat die party se slagspreuk vir die munisipale verkiesing, “geen dienste, geen belastings”, fokus op die basiese beginsel dat mense verwag om iets in ruil vir hulle belastinggeld te ontvang, eerder as om mense aan te moedig om belasting te weerhou.

Dit volg op navrae deur die publiek wat die party se plakkate met die slagspreuk raakgesien het.

Volgens die VF Plus se woordvoerder oor finansies, dr. Conrad Beyers, skep die ANC ‘n “magtige minderheid” wat die meerderheid subsidieer met hulle belastinggeld.

‘n Krimpende groep belastingbetalers, tans ongeveer 5 miljoen mense, moet meer as 15 miljoen mense uit ‘n bevolking van 50 miljoen finansieel dra in die vorm van maatskaplike toelaes. Dieselfde situasie geld in munisipaliteite, waar munisipale inkomste deur ‘n relatief klein persentasie inwoners gedek word om die munisipaliteite finansieel te dra.

“Belastingbetalers is bereid daartoe dat ‘n deel van belastinggeld gaan vir armoedeverligting, ontwikkeling van agtergeblewe gemeenskappe en werkskepping, maar hulle eis ook behoorlike dienste in ruil vir hulle geld. Daar begin ernstige ongemaklikheid ontstaan oor hoe die regering die belastinggelde spandeer. Suid-Afrika kan tot stilstand kom indien hierdie magtige minderheid besluit om die hand waaruit die ANC so lustig eet, toe te maak,” het Beyers gesê.

Die VF Plus wil met hierdie veldtog ‘n boodskap aan die regering stuur dat behoorlike dienste aan belastingbetalers sulke toekomstige scenario’s kan verhoed.

синус лифтинг открытый и закрытыйДанильченко Харьков

FW erken ‘dit was ‘n groot fout’

FW de KlerkMnr. FW de Klerk, die voormalige president van Suid-Afrika, het erken dat hy “’n groot fout begaan het deur summier aan die ANC oor te gee. Ek en Roelf Meyer het onlangs met mekaar gepraat en hy was ook van mening dat ons aanvaarding van die Pretoria-minuut destyds ‘n ramp was.”

Volgens De Klerk het Meyer tydens hul gesprek in trane uitgebars. “Hy was baie emosioneel, want hy voel verantwoordelik vir alles wat vandag in die land verkeerd loop. Veral die tienduisende moorde op Afrikaners en die grootskaalse verkragtings sedert 1994 teister sy gewete. Ons het egter ook gepraat oor wat ons kan doen om die skade te beperk en hoe ons ten minste die oorlewingskanse van die blanke minderheid in die land kan verbeter.”

Die FW de Klerk-stigting ondersoek tans die moontlikheid om die skikking van 1994 te repudieer, ten einde die verskillende groepe in die land weer na die onderhandelingstafel te dwing. “Ons het dié keer regtig wigte en teenwigte nodig,” het De Klerk gesê. “Ons kan nie bloot ‘n ‘tirannie van die meerderheid’ in die land toelaat nie. Dan is dit nie meer demokrasie nie. Ek was ook in verbinding met die Britse eerste minister, mnr. David Cameron, en hy het my aangemoedig om die grondwetlike balans in Suid-Afrika te herstel. Eintlik het ons geen ander keuse nie: Ons moet vandag erken dat 1994 ‘n groteske fout was.”

De Klerk het ook verwys na die tweede referendum wat hy in 1992 belowe het om enige grondwetlike voorstelle eers by die blanke kiesers te toets alvorens daar ‘n magsoordrag sou plaasvind. “Ek weet ek het so ‘n tweede referendum belowe, maar in die geharwar van destyds het dit skoon by my uitgewaai. Maar ons kan nog steeds so ‘n tweede referendum hou. Trouens, ek en Roelf het ‘n afspraak met die Onafhanklike Verkiesingskommissie gemaak en ons beplan om ‘n jaar van vandag af, op 1 April 2012 oplaas die tweede referendum te hou. Die vraag sal eenvoudig wees: ‘Stem u saam dat alle Weermag- en polisietoerusting aan Umkhonto we Sizwe oorhandig word en dat korrupte ANC-politici die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings tot Jesus weer kom moet regeer?’ Ons dink dit gaan ‘n naby uitslag wees, maar waarskynlik gaan die ‘nee’-stem dié keer seëvier.”

Volgens mnr. FW de Klerk kan so ‘n “nee”-stem aanstaande jaar verreikende internasionale gevolge hê en selfs ‘n bewindsverandering in Suid-Afrika veroorsaak. “Ons het onlangs gesien hoe sowel Amerika as Frankryk lugaanvalle op Libië geloods het die oomblik toe daar gevoel is dat die Ghadaffi-bewind nie meer legitiem is nie. Vanweë die grootskaalse korrupsie en geweld in Suid-Afrika is die ANC-bewind ook lank nie meer legitiem nie. Dis nou vir ons om die Amerikaners, die Britte en die Franse te oorreed om ook lugaanvalle op Luthuli-huis en ander setels van ANC-mag te loods.”

Op ‘n vraag of hy dus militêre optrede teen die ANC steun, het mnr. De Klerk ontwykend geantwoord. “Kyk, dis nie vir ons om te besluit of daar militêre optrede moet wees nie. Al wat ons gaan doen, is om referendum te hou. Agterna sal die internasionale gemeenskap moet besluit hoe hy bewindsverandering (“regime change”) in ons land gaan bewerkstellig. Ek is egter vol vetrroue dat die VSA en enkele Europese lande ons nie in die steek sal laat nie.”

Die ANC het by monde van sy woordvoerder, mnr. Jimmy Manyi, gereageer deur te beweer: “De Klerk is besig om seniel te raak. Eers het die Boere die plaas weggegee en nou wil hulle hom terughê? Dis absurd! Die meeste Afrikaners en blankes in die land is baie tevrede, behalwe die regses en meeste van hulle het lankal geëmigreer. Ons gee nie om as ‘n tweede referendum gehou word nie, want die ‘ja’-stem sal weereens wen. Mev. Zille sal ook die ‘ja’-stem ondersteun. Sy is een van ons en het jare lank in die Black Sash teen apartheid en wit oorheersing geveg. De Klerk het nie ‘n kat se kans nie.”

Dr. Pieter Mulder van die Vryheidsfront Plus was nie seker hoe sy party op die tweede referendum sou reageer nie. “Ons sal ons seker vir die ‘nee’-stem beywer, maar ek sal dit met die nasionale dagbestuur van die Vryheidsfront Plus moet uitklaar. Die kalkoene het egter al een keer in die geskiedenis vir Kersfees gestem. Is hulle slim genoeg om ‘n tweede keer teen die ANC-krismis te stem? Dit kan dié kant toe of daai kant toe gaan.”

Op ‘n vraag hoe dit sy adjunkministerspos in die ANC-kabinet kan beïnvloed, het Mulder geantwoord: “Dis nou bietjie voortydig om te reageer. Die Amerikaanse lugmag het nog nie ‘n aanval geloods nie. ‘n Mens moet maar versigtig tusen die klippers deur.”

бурение артезианских скважин на водупрокурор Фильчаков

Opwindende week vir Malema

Dit was ‘n opwindende week vir die ANC-Jeugliga (ANCYL).

Woensdag was sy president Julius Malema die gas op Metro FM, The Star het ‘n apologie gepubliseer vir valse beriggewing oor Malema en die Jeugliga se webwerf is deur plaaslike “hackers” aangeval.

‘n Boodskap deur die aanvallers waarin Malema sê dat hy besluit het om te bedank is rondgestuur, maar is blitsvinnig gestop.

Kennelik het die Jeugliga tegniese vaardighede as dit by sulke dinge kom. Hulle het nog nie kommentaar gelewer oor die kwessie nie.

Malema het Zuma se buitelandse beleid gekritiseer en gesê Suid-Afrika behoort die VSA en sy bondgenote se houding jeens Libië te heroorweeg.

Malema het egter nie, soos die Star beweer het, gesê Zuma is deur slegte raadgewers omring nie.

 

 

гольф для девочки с описаниемФильчаков прокуратура харьков

Intelligensiehoof het glo bande met rampokker

Genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie, word glo gesoek nadat hy na bewering ingemeng het met die Valke-ondersoek in die saak teen ‘n Tsjeggiese voortvlugtige, Radovan Krejcir.

‘n Lasbrief is Woensdag uitgereik vir Mdluli se inhegtenisname.

“Ja, daar is ‘n lasbrief uitgereik en die polisie sal daarop reageer,” het kol. Vish Naidoo, polisiewoordvoerder, gesê.

“Ek kan egter nie bevestig waarvoor hy in hegtenis geneem sal word nie.”

Die Mail & Guardian het verlede week berig dat Mdluli en genl. maj. Joey Mabasa, omstrede hoof van die Gautengse polisie se misdaadintelligensie-eenheid, albei ondersoek word nadat hulle glo ingemeng het in die Valke-ondersoek tydens die Krejcir-saak.

“Die ondersoek fokus na bewering op gerugte dat misdaadintellingensie telefoonoproepe van die Valke se lede onderskep het wat betrokke was in die Krejcir-ondersoek,” het die Mail & Guardian geskryf.

Dit word beweer dat hierdie opnames glo later in die hande van Krejcir en sommige van sy vennote beland het.

Mabasa is voorheen daarvan beskuldig dat hy vergaderings met Krejcir by die Michaelangelo-hotel in Sandton gehou het. Beide mans het hierdie bewerings ontken.

Na bewering het Mabasa se vrou en Krejcir se vrou ook saam ‘n besigheid op die been gebring.

Mabasa het beweer dat hy en sy vrou reeds die afgelope 15 jaar geskei is, ten spyte van die feit dat beide dieselfde huisadres gebruik vir die afgelope vier jaar.

Vroeër Woensdagaand het Eyewitness News berig dat Mdlulu gesoek word in verband met ‘n moord wat in 1999 plaasgevind het.

casino registerФильчаков Александр Васильевич

Brandstofprys moet dringend hersien word

Die VF Plus eis dat die belastingheffing op brandstof verlaag moet word in die lig van die verwagte skokstyging van die petrolprys op 7 April. Ekonome verwag dat die brandstofprys met sowat 30c en die dieselprys met ongeveer 45c gaan styg. Die brandstofheffing van 10c/l sal ook in April in werking tree.

“Die regering het ‘n verantwoordelikheid om die skerp prysstygings wat die verbruiker te wagte kan wees te versag en moet daarom weer na die belastingheffing op brandstof kyk. Die regering kan nie eens aandui wat hulle met daardie inkomste doen nie. In ‘n parlementêre vraag van adv. Anton Alberts aan die minister van finansies, het die minister aangedui dat die inkomste wat verkry word uit belastingheffings op brandstof bloot in die algemene fiskus gestort word. Dit beteken dat die fondse nie geoormerk word vir vervoer-verwante uitgawes nie. Mens kan dus met geen sekerheid sê of die inkomste gemors word nie. Padverbruikers het ‘n reg op deursigtigheid en sekerheid en daarom is die heffings ongeoorloof,” het adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie gesê.

“Die brandstofprysverhogings is slegs een van vele verhogings van belastings wat gehef word, soos tolhektariewe, die komende verhoging in elektrisiteitstariewe en die moontlike verhoging van rentekoerse later vanjaar. Indien die staat nie ingryp om die algemene belastinglas te verlig nie, gaan die middelklas begin kwyn en daarmee saam sosiale kohesie,” het Alberts bygevoeg.

free real casinoалександр лобановский класс