Regter Herbert Msimang, wat die korrupsieklagte teen Zuma van die rol geskrap het in 2006, is oorlede.
“Ons het met groot skok verneem van regter Msimang se afsterwe,” het Jeff Radebe, minister van justisie, Donderdag in ‘n verklaring bekend gemaak.
“Ek het Msimang reeds vir ‘n geruime tyd geken en weet dat hy een van die beste studente aan die Universiteit van Zoeloeland was.
“Hy is ook redelik onlangs aangestel as regterpresident en heelwat van sy kamerade het nog groot verwagtinge vir hom gehad.”
Msimang het vir opspraak gesorg toe hy president Jacob Zuma se korrupsieklagte van die rol geskrap het kort nadat Zuma sy pos as adjunk-president kwyt was.
Zuma is daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld vanaf ‘n Franse wapenmaatskappy ontvang het tydens ‘n omstrede wapentransaksie.
