Die diplomatieke chaos wat gevolg het op Tony Blair en George W. Bush in 2002-03 het waarskynlik ‘n nuwe tydperk van Amerikaanse isolasionisme ingelei, bloot omdat daar skielik te veel anti-Amerikaanse vure ontbrand het om dood te slaan.
Barack Obama is in 2008 op ‘n golf van anti-oorlog sentiment ingestem, terwyl David Cameron Downing Street 10 verlede jaar betree het deur aan te dring daarop dat die Weste “nie demokrasie vanaf 40.000 m kan laat val nie”. Cameron het natuurlik daarmee bedoel dat Amerikaanse lugaanvalle nie die antwoord op alles kan wees nie.
Tog het die afgelope drie weke bewys – hierdie keer met minder medialawaai en allerlei beloftes oor ‘n “beter wêreld” – dat die Anglo-Amerikaanse beleid van kragdadigheid weer uit die dode opgewek is.
Beide resolusie 1973 oor Libië en resolusie 1975 oor die Ivoorkus gee aan eksterne magte die gesag om “al die nodige” maatreëls te neem om “burgerlikes te beskerm teen geweld”. Vir alle praktiese doeleindes, is die Veiligheidsraadbesluit ‘n blanko tjek vir ingryping in die werkinge van ‘n soewereine staat. Waar dit die wil van die kiesers laat, is tans ‘n ope vraag.
Westerse diplomate konsentreer op die “bedreiging wat ‘n humanitêre katastrofe inhou”. Die gesprekke in die gange van die VN lui dat mense nie wil wag vir ‘n bloedbad soos in Rwanda nie.
Alhoewel daar gemeen word dat die kragdadige optrede van die VSA, Brittanje en Frankryk voortvloei uit die “Verantwoordelikheid om te beskerm”-doktrine wat in 2006 aanvaar is deur die VN-lidlande, dien sulke optrede vanselfsprekend die om belange van die VSA en sy bondgenote te beskerm.
“Humanitêre” aksie is deur die onderskeie plaaslike owerhede ondersteun. In Libië, het die Arabiese Liga die groenlig gegee en in die Ivoorkus, was dit Ecowas en die Afrika-Unie.
Rusland of China kon kwalik “nee” sê nadat die Arabiere en die Afrikane self vir die Anglo-Amerikaanse intervensie gestem het. Daar sal egter ‘n prys later wees om te betaal vir die Britte en die Franse, aangesien lande soos Indië erg gekant is teen sulke ingryping.
