SAAB-omkopery moet ondersoek word

Pres. Jacob Zuma se kantoor het vandag ‘n skrywe ontvang van die Vryheidsfront Plus waarin hy versoek word om ‘n regterlike kommissie van ondersoek in te stel na bewerings van omkoopgeld deur SAAB met die aankoop van die Gripen-vegvliegtuie. SAAB het erken dat omkoopgeld van R24 miljoen betaal was aan persone in Suid-Afrika, deur hulle destydse Suid-Afrikaanse filiaal Sanip wat deur BAE Systems beheer was.

“Die wapenaankope het oor die tyd verskeie opslae gemaak van beweerde korrupsie en omkopery. Vir die eerste keer word omkopery bevestig deur een van die vervaardigers. Die hele wapentransaksie skaad nie net die beeld van die SANW nie, maar van die hele Suid-Afrika. Die enigste werklike oplossing is dat daar nou vir eens en vir altyd ‘n finale ondersoek gedoen word oor die hele aangeleentheid. Zuma is op rekord dat hy gesê het dat die regering ernstig is oor die uitroei van korrupsie en dit nie sal duld nie. In die lig hiervan versoek ek hom om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek. Hierdeur kan finaliteit oor die aangeleentheid verkry word en kan die boeke dan gesluit word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus, in die skrywe aan pres. Zuma.

Groenewald het ook gesê dat hy bewus is daarvan dat die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade (Valke) tans besig is met ‘n opvolg oor die bewerings, maar bedenkinge het of die saak verder sal vorder.

accessories for weddingФильчаков

Botswana moet Malema van sedisie aankla

Die Vryheidsfront Plus glo dat daar genoeg regsgronde vir die Botswana-regering blyk te wees om Julius Malema en die ANC-jeugliga vir die misdaad, sedisie, te ondersoek en aan te kla na aanleiding van uitsprake wat onlangs deur die organisasie gemaak is waarvolgens hulle ‘n Botswana Command Team wil skep om die Botswana-regering uit die kussings te lig. Hierdie uitsprake teen die Botswana-regering is sleg vir handel tussen Suid-Afrika en Botswana en daarom is dit goed dat die ANC vir ‘n slag Malema en die ANC-jeugliga in die openbaar gerepudieer het.

Die ANC-jeugliga het egter, volgens Beeld van 03 Augustus 2011, die teregwysing op ‘n arrogante wyse verwerp. “Dit bewys dat die ANC-jeugliga van plan is om voort te gaan met hulle planne om die regering van Botswana omvêr te werp. In terme van artikel 50 van die Botswana Strafkode word sedisie gedefinieer as dade wat daarop gerig is om haat, disrespek en ongelukkigheid by ‘n spesifieke deel van die populasie op te stook teen die President van Botswana of die regsadministrasie. Dit blyk dus dat Malema en die Jeugliga se uitsprake dat ‘n regimeverandering nodig is, dat die huidige Botswana-regering bloot ‘n marionetregering van die VSA en voetstoel van imperialisme is, asook hulle voorneme om die opposisie-politiek in die land te beïnvloed tot regimeverandering, moontlik kan kwalifiseer as sedisie,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake, gesê.

“Daar behoort genoeg gronde te wees om Malema of enige ander lid van die ANC-jeugliga te arresteer sodra hulle in Botswana sou aankom. Weens die destabiliserende effek van ekonomiese verhoudinge tussen Botswana en Suid-Afrika, het die VF Plus ‘n skrywe aan die kantoor van die Prokureur-Generaal van Botswana gerig om aan hierdie kwessie aandag te gee,” het Alberts verder gesê. “Alternatiewe klagtes kan ook gebring word op grond van crimen injuria en ondermyning in terme van artikel 73 van die Botswana Strafkode.”

As die VF Plus met hierdie aksie net daarin kan slaag dat mnr. Malema en sy ANC-jeugliga bestuurslede nie hulle voete in Botswana sal mag sit nie, was die aksie reeds ‘n sukses.

Die VF Plus is ook van mening dat dit baie laat in die dag vir die ANC is om Malema en die ANC-jeugliga nou te wil berispe oor hulle uitsprake. Die kern van die probleem lê daarin dat die ANC se grondwet nie genoegsame jurisdiksie oor die ANC-jeugliga het nie, omdat die jeugliggaam as ‘n aparte organisasie erken word wat nie onder die ANC se direkte beheer val nie. Daarom sal die ANC hulle grondwet moet wysig as hulle in die toekoms die ANC-jeugliga genoegsaam wil beheer ten einde skade aan Suid-Afrika se ekonomiese beeld te verhoed.

Die VF Plus beskou ook die ANC se skielike teregwysing van Malema en die ANC-jeugliga as tekenend van dubbele standaarde. “Die ANC is bereid om saam met die Jeugliga ‘n lied wat mense aanspoor om Afrikaners (boere) te vermoor te verdedig, maar wil nou skielik intree noudat ‘n SAOG-land in die spervuur staan. Die feit dat Malema en die ANC-jeugliga nie amptelik gedissiplineer word nie, dui daarop dat die ANC of elemente daarbinne steeds Malema en die ANC-jeugliga beskerm. Daarom gaan die VF Plus voort met sy veldtog om Malema aan bande te lê,” het Alberts gesê.

купить детскую одежду для новорожденныхФильчаков прокурор

‘Mosambiek is veilig’

Die vakbond AgriSaMoz sê Mosambiek se regstelsel en bilaterale ooreenkomste sal daarvoor sorg dat Suid-Afrikaanse boerdery-belange beskerm word, het RSG berig.

Grondhervormingsontleders het bekommerd geraak toe daar op ‘n oord in Suid-Afrikaanse besit in die Bilene-gebied van die Gaza-provinsie beslag gelê is.

Dirk Hanekom, AgriSaMoz se uitvoerende hoof, het gesê hy is tevrede dat daar genoeg regskanale is wat grondbesitters kan gebruik om hulle beleggings te beskerm, veral lang-termyn grondhuurders wat ooreenkomste met die Mosambiekse regering gesluit het.

Mosambiek het onlangs inwoners uit 13 huise by die La Perla do Bilene-oord gesit.

интернет магазин игрушек киевДанильченко Юрий прокурор

Polisie ontvang berading na skietery by stasie

Lt.kol. Thandi Mkhize, ‘n bevelvoerder van die Rosebank-polisiestasie wat deur ‘n polisieklerk geskiet is, is steeds in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal, het die Gautengse polisie gesê.

Volgens lt.kol. Tshisikhawe Ndou kan geen verdere inligting oor haar toestand verskaf word nie.

Mkhize is Maandagmiddag ná die skietery per helikopter na die Milpark-hospitaal geneem.

Die klerk, David Kekana, het Maandag om 15:45 by die Rosebank-polisiestasie in Johannesburg ingestap, na Mkhize se kantoor gegaan en haar geskiet. Hy het ook kapt. Neelavathi Naidu geskiet.

Naidu en Kekana, wat die wapen op homself gerig het, is beide op die toneel dood.

The Star het Woensdag berig dat Naidu twee kinders gehad het. Hulle is elf en nege jaar oud.

Nalline Naidoo, ‘n vriendin van Naidu, het aan die koerant gesê die kaptein se man het drie maande gelede selfmoord gepleeg.

Volgens Ndou kry al die werknemers by die stasie behandeling ná die voorval.

эстетическая стоматологияФільчаков прокурор

SA koop Swaziland oor

Suid-Afrika het ooreengekom om ‘n lening van R2,5 miljard aan sy buurland Swaziland, wat ‘n finansiële krisis probeer afweer, te maak, het die Reserwebank Woensdag gesê.

Woordvoerder Hlengani Mathebula het die ooreenkoms bevestig, maar wou geen besonderhede ivm die lening gee nie.

“Die Suid-Afrikaanse Reserwebank is slegs ‘n fasiliteringsmeganisme,” het hy aan AFP gesê.

Pravin Gordhan, die minister van finansies, sal na verwagting later in die dag oor die lening praat, wat glo slegs ‘n kwart is van die versoek wat deur die Swazi-koning Mswati III gemaak is.

Suid-Afrika se vakbonde het saam met Swazi-aktiviste versoek dat Pretoria op demokratiese hervorming in ruil vir die lening sal aandring.

Mswati is Afrika se laaste absolute despoot en die finansiële krisis het ‘n reeks betogings sedert April tot gevolg gehad.

play free slotsлобановский александр игоревич класс

Avusa klap sweep, dank redakteur af

Beeld berig dat Justice Malala, Avusa se uitgewer, van die Sowetan se redakteur ontslae geraak het. Len Maseko was glo met verlof toe ‘n omstrede rubriek gepubliseer is, maar selfs dit kon hom nie red van die toorn van sy Brits-gesinde base nie.

“Al was Maseko met verlof in dié tydperk, aanvaar hy die gevolge van dié gebrekkige oordeel aan die kant van die koerant,” lui die verklaring.

Avusa het Woensdag besluit om huis te skoon maak ná Eric Miyeni se rubriek oor Ferial Haffajee.

Haffajee, City Press se redakteur, is Maandag deur Miyeni beskryf as ‘n lakei van wit kapitaliste.

Mondli Makhanya, hoofredakteur van die Avusa-groep se koerante, het in ‘n verklaring gesê Maseko het “volle verantwoordelikheid” vir die rubriek aanvaar en bedank. Hy wou nie enige verdere kommentaar lewer oor die drastiese besluit om van Maseko ook ontslae te raak nie.

Miyeni is Dinsdag, ‘n dag ná die verskyning van sy gewraakte stuk, as rubriekskrywer afgedank.

Die aankondiging is tydens ‘n vergadering met redaksielede by die Sowetan gemaak. Willie Bokala, die koerant se nuusredakteur, was ook te bang om op die bedanking kommentaar te lewer nadat die uitgewer die sweep geklap het.

Mpumelelo Mkhabela is as redakteur van die Sowetan aangestel in die plek van Maseko. Hy het by die universiteit van Stellenbosch studeer, en het sy loopbaan by City Press, ‘n koerant in die Naspers-stal, begin.

 

 

купить ходунки детские в интернеттопкарго отзыв

Vark vreet baba

Die polisie het die oorskot van ‘n weggooibaba wat deur ‘n vark geëet is langs die oewer van ‘n rivier in Taung, Noordwes, gevind.

“Volgens die eienaar van die vark het hy gesien die dier eet iets en dat daar bloedvlekke om sy bek is,” het Lesego Metsi, ‘n polisiebeampte, gesê.

“By nadere ondersoek het hy gesien dit is ‘n baba. ‘n Klein linkerarm, die dy en ‘n halwe skedel het oorgebly.”

Die polisie soek tans die ma van die kind.

Sy sal heel moontlik daarvan aangekla word dat sy die dood van haar kind vir die owerhede weggesteek het.

Metsi het gesê dit is nie duidelik of die baba nog gelewe het voordat die ma haar kind langs die rivier weggegooi het nie.

игра для девочэкданильченко юрий брониславович прокурор

Omgewingspesialis vrees cholera in Jukskei

Mnr Paul Fairall, ‘n omgewingsaktivis wat ook ‘n deskundige oor vleilande en die rivieroewers is en die voorsitter van die Jukskei-opvanggebied se bestuursforum, het gesê die Jukskeirivier in Johannesburg is besmet met cholera.

Die stroom wat die begin vanaf Bruma, deur Morninghill, deur Oriel en verby Alexandra is hoogs besmet, volgens Fairall. Hy het gesê die onlangse plaattelling wat gedoen is in die rivier, het dit bevestig.

“Die stroom het ‘n hoë konsentrasie van cholera, maar dit is nog nie aktief nie, as gevolg van die koue weer. As die stroom is nie nou skoongemaak word nie, sal daar in Oktober ‘n uitbreking van cholera wees,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dat in die winter se koue weer cholera nie so vinnig manifesteer soos dit doen wanneer dit warm is nie.

“Daar is rou riool en ander vuil wat in die stroom loop. Dit is afkomstig van die middestad van Johannesburg. Daar is groot getalle gekaapte geboue daar. Hierdie geboue is nie gebou om voorsiening te maak vir die aantal mense wat daar nou in woon nie. Die rioolstelsel se kapasiteit is dus oorskry. Hierdie die riool het ‘n oorloop in die stormwaterpype tot gevolg en vloei in die stroom in,” het hy gesê.

Hy het gesê dat die oorbevolking in die stadsentrum aangespreek moet word en die verbetering van algemene higiëne moet dringend aandag kry. Die metro wou geen kommentaar lewer oor die haglike toestand nie.

общегаражное оборудованиеОлександр Фільчаков прокурор

City Press se redakteur ‘agent vir wit kapitaliste’

Ferial Haffajee, redakteur van City Press, gaan Eric Miyeni dagvaar oor opmerkings wat hy Maandag in ‘n rubriek in die Sowetan gemaak het.

Die rubriek, ‘Haffajee does it for white masters’, is intussen van die Sowetan se webwerf afgehaal. In die rubriek beskuldig Miyeni vir Haffajee dat sy ‘n agent vir wit kapitaliste is. Haffajee ontmoet glo verteenwoordigers van die Amerikaanse ambassade op ‘n gereelde grondslag.

“Ek glo wat ek geskryf het in die rubriek,” sê die Sowetan se rubriekskrywer ná sy omstrede stuk.

“Ek het dit nie geskryf om myself afgedank te kry nie. Ek het geglo wat ek geskryf het,” het Miyeni aan eNews gesê, en bygevoeg: “Ek dink sy [Haffajee] is ‘n fantastiese mens as persoon.”

Miyeni sê die redakteurs by die Sowetan lees alles voor publikasie en dat hulle dae gehad het om seker te maak oor die stuk.

Die Sowetan het Miyeni se rubriek beëindig omdat hy “oor die lyn tussen robuuste debat en die kondonering van die geweld” getree het.

Haffajee het aan Beeld gesê die stuk het haar laat snik omdat dit haatspraak teen haar as persoon was. Max du Preez het Haffajee verdedig en Miyeni ook van haatspraak beskuldig.

Miyeni het in sy rubriek die metafoor gebruik dat Haffajee in die tagtigs “waarskynlik ‘n brandende band om haar nek sou gehad het”.

Hieronder is die gewraakte stuk wat intussen verwyder is:

JULIUS Malema must never answer a Ferial Haffajee. Who the devil is she anyway if not a black snake in the grass, deployed by white capital to sow discord among blacks?

In the 80s she’d probably have had a burning tyre around her neck. We know where she comes from. She was groomed by The Mail & Guardian, the same newspaper that produces the Jacob Dlaminis of this world, black people who say it was nice to live in the townships under apartheid.

And today we must believe that Haffajee’s utter hatred of ANC politicians is based on journalistic integrity. Quadruple crap. I am more inclined to think that people like Haffajjee, who edits City Press, are most likely to be the kind that wakes up in the morning, sees their black faces in the mirror only to feel a wave of self-hatred rising up to nauseate them.

Who’s this mystery businessman that apparently paid R200 000 into Malema’s family trust? Which government tender did Malema grant him and how?

Can we be sure that City Press did not manufacture these facts? If it didn’t, how do we know it did not break the law to obtain them and then twisted these “facts” to ruin Malema? We know that News Of The World was closed down in England because its journalists illegally hacked into people’s private phones for news. Who’s to say that Haffajee’s City Press isn’t doing the same?

And let’s say Malema does have a family trust, that the trust is funded by black businesspeople and that these businesspeople made their fortune through government tenders. What the hell is wrong with all that?

It’s clear to everybody that white South African business is locking black people out. The only real source of business for us is our government. Are we now being told that if we make money through government contracts, our only hope, we cannot use that money to help fellow black people who are in politics, who need private funding to function?

Where then should black politicians get financial support?

Trusts are legal entities. There is no legal limit to how much legally earned money can be put in them or by whom. If Malema has a family trust that is not in breach of any law, it is none of Haffajee’s or anybody’s business. The man is not a government official.

Mandela has trusts in his name, but because white people put money in them there are no Haffajee complaints. The white DA receives money largely from white business, which is the main economic beneficiary of the government’s tender system.

The Haffajees of this racist world are not digging up any dirt on DA officials. Instead, they sickeningly presume that white fortune is legitimately earned until proven otherwise and that it’s the opposite for black success.

To hell with Haffajee and her kind.

uk mobile casinoДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Jeugliga gaan Afrika binnevaar teen imperialiste

Die ANC-jeugliga se nasionale uitvoerende komitee gaan ‘n afvaardiging na Botswana stuur om dié land se plaaslike opposisiepartye te help “konsolideer”.

Julius Malema, leier van die jeugliga, het dié naweek aan die Oos-Rand gesê Botswana is “in volle samewerking met die imperialiste … en die (Botswana-)regering ondermyn die Afrika-agenda”.

Hy het by dié afsluiting van dié komitee se vergadering in Boksburg gesê die liga gaan nie stilsit “terwyl bure hulle so gedra nie”.

Hy meen Botswana het ‘n progressiewe regering nodig en die opposisie is nie “behoorlik” gekonsolideer om die regering omver te kan werp nie.

Hy het gesê die afvaardiging sal mense oplei wat politieke veldtogte in ‘n moontlike gesamentlike opposisieparty voer.

Die liga glo vandat oudpres. Thabo Mbeki nie meer as voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap dien nie, is die Afrika-agenda nie meer ‘n prioriteit nie.

“Die Jeugliga is van mening dat daar ‘n vakuum in die ideologiese en politieke leierskap van Afrika en die substreke is, en dit word gereflekteer deur hoe die kwessies van Libië en die Ivoorkus wanbestuur word,” het hy gesê.

Die Liga beplan om in “progressiewe jeugbewegings” regdeur Afrika betrokke te raak om die behoefte aan die kontinent se onafhanklikheid en ekonomiese vryheid te “herbevestig”.

Die uitvoerende bestuur sê hulle sal veg vir ekonomiese vryheid, veral die nasionalisering van myne, die besetting van grond sonder vergoeding en die daarstelling van gratis kwaliteitsonderwys.

фильтр для компрессора купитьАлександр Фильчаков Васильевич