SAAB-omkopery moet ondersoek word

Pres. Jacob Zuma se kantoor het vandag ‘n skrywe ontvang van die Vryheidsfront Plus waarin hy versoek word om ‘n regterlike kommissie van ondersoek in te stel na bewerings van omkoopgeld deur SAAB met die aankoop van die Gripen-vegvliegtuie. SAAB het erken dat omkoopgeld van R24 miljoen betaal was aan persone in Suid-Afrika, deur hulle destydse Suid-Afrikaanse filiaal Sanip wat deur BAE Systems beheer was.

“Die wapenaankope het oor die tyd verskeie opslae gemaak van beweerde korrupsie en omkopery. Vir die eerste keer word omkopery bevestig deur een van die vervaardigers. Die hele wapentransaksie skaad nie net die beeld van die SANW nie, maar van die hele Suid-Afrika. Die enigste werklike oplossing is dat daar nou vir eens en vir altyd ‘n finale ondersoek gedoen word oor die hele aangeleentheid. Zuma is op rekord dat hy gesê het dat die regering ernstig is oor die uitroei van korrupsie en dit nie sal duld nie. In die lig hiervan versoek ek hom om ‘n kommissie van ondersoek, verkieslik ‘n regterlike kommissie, aan te stel om die saak te ondersoek. Hierdeur kan finaliteit oor die aangeleentheid verkry word en kan die boeke dan gesluit word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus, in die skrywe aan pres. Zuma.

Groenewald het ook gesê dat hy bewus is daarvan dat die Direktoraat vir Prioriteitsmisdade (Valke) tans besig is met ‘n opvolg oor die bewerings, maar bedenkinge het of die saak verder sal vorder.

accessories for weddingФильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae