VSA moet ophou inmeng sê swart groep

‘n Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie het die Verenigde State van Amerika Woensdag skerp gekritiseer omdat hulle die “polisieman van die wêreld” probeer wees en inmeng in die interne sake van ander lande.

“Amerika moet ophou Big Brother en die polisieman van die wêreld speel,” het die Suid-Afrikaners vir Vrede in Afrika-inisiatief se woordvoerder David Maimela gesê.

“Wat is verkeerd met die Afrika-Unie se agenda?”

Hy het gepraat buite die Amerikaanse ambassade in Pretoria, waar sowat 50 betogers vergader het om die onttrekking van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) se magte uit Libië te eis.

Die VSA ondermyn ander lande met sy “kapitalistiese agenda”.

“Geen land het die reg om namens ‘n ander te besluit nie. Ons sal nie toelaat dat imperialisme die wêreld regeer nie,” het hy gesê.

Die groep het ‘n memorandum oorhandig waarin hulle eis dat NAVO moet “stop met die moord van onskuldige vroue en kinders” in Libië.

Elizabeth Trudeau, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade het die dokument in ontvangs geneem en gesê sy sal dit na Washington aanstuur. Sy sê sy neem die groep se eise “baie ernstig” op.

Libië het in ‘n burgeroorlog verval nadat opstande die leiers van Tunisië en Egipte in Januarie en Februarie verdryf het. Die Libiese leier weier om sy 41-jaar-lange greep op mag te laat gaan, en het beloof om sy “vyande” te verslaan.

NAVO-aanvalle teiken steeds plekke wat gebruik word deur magte lojaal aan kol. Gaddafi.

Gaddafi het die bombardemente beskryf as ‘n daad van koloniale aggressie wat daarop gemik is daarop om Libië se olie steel.

“NAVO het geen wettige reg om in Libië te wees nie. Hulle moet onttrek en dit onvoorwaardelik doen,” sê Maimela.

Hy het die Weste se “herkolonisering” van Afrika verwerp.

In die memorandum, het die organisasie, wat hulle vir ‘n vreedsame oplossing van konflikte op die vasteland beywer, sy kommer uitgespreek oor die vernietiging van klinieke, hospitale, skole, huise en ander fasiliteite in Libië.

Betogers het gedreunsing op pad na die ambassade. Lede van die Pan Africanist Congress was in wit T-hemde met die slagspreuk: “NAVO stop bombardement in Libië nou” geklee.

“Obama hoeveel Libiërs het jy vandag doodgemaak?” het ‘n plakkaat gelui, verwysende na die Amerikaanse president.

Ander plakkate was gerig aan Brittanje se eerste minister David Cameron en Frankryk se president Nicholas Sarkozy, wat beide wil sien dat Gaddafi afstap.

Die organisasie eis ‘n onmiddellike onttrekking van ‘n VN-resolusie wat die Suid-Afrikaanse regering ondersteun het toe dit aangekondig is, maar sedertdien kritiseer omdat die die VSA, Brittanje en Frankryk nie hou by die resolusiebepalings om burgelikes in Libië te beskerm nie.

Die groep het verdere kritiek op die “pretensieuse retoriek” van Brittanje, die VSA en Frankryk gelewer, wat gesê het hulle tree op in die belang van demokrasie, vryheid van spraak en die reg om te protesteer.

Die optog het ook ondersteuning van die Kommunistiese Jeugliga, die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en die Moslem Regsraad van Suid-Afrika geniet.

Optoggangers het ook by die Verenigde Koninkryk se Hoë Kommissariaat en die Franse ambassade aangedoen om dieselfde memorandum af te lewer.

путевки в хорватиюлобановский класс харьков

Skamele borg vir bruin babamoordenaar

‘n Vrou wat na bewering haar twee weke oue baba in ‘n mangat gegooi het, het Woensdag borgtog van R500 ontvang in die Wesselsbron-landdroshof in die Vrystaat, het die polisie gesê.

Volgens kapt. Steven Thakeng is die borgtog van R500 aan Anna Jaantjies toegestaan en is die saak tot 12 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Jaantjies (22) is verlede Dinsdag in Monyakeng in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Die polisie het ‘n oproep van ‘n inwoner ontvang wat gesê het ‘n vrou het haar kind op 28 Julie omstreeks 13:00 in ‘n mangat gegooi. Die baba is dood.

free bonus slotДанильченко Харьков

Buitelanders ontgeld dit in Limpopo

‘n Bangladesjiese winkeleienaar is Woensdag beroof en aan die brand gesteek in Dennilton, Polokwane, het die polisie gesê.

Volgens lt. kol. Mohale Ramatseba is die 35-jarige man van sy geld, kruideniersware en selfoon beroof voordat hy met paraffien deurdrenk is en aan die brand gesteek is.

Die man het in sy winkel geslaap toe drie mans die winkel deur die dak binnegekom het. Hy het ernstige brandwonde opgedoen en is in die hospitaal opgeneem.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

In ‘n afsonderlike voorval is ‘n Zimbabwiese paar Woensdag beroof en die vrou verkrag by hul huis in Musina, Limpopo, het die polisie gesê.

Volgens Ramatseba het twee gewapende mans en ‘n helper die paar se kamer met ‘n byl omstreeks 02:00 binnegedring.

Hulle het die man se regterhand afgekap en twee van die mans het die vrou verkrag.

Hulle het die twee slagoffers se paspoorte en geld gesteel, het Ramatseba gesê.

купить рюкзак для девочкипрокурор Фильчаков

Weermag se regskoste verdubbel

Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Lindiwe Sisulu, het in die parlement bekend gemaak dat die Weermag se totale regskoste verlede jaar (2010/11) R21,311 miljoen beloop het.
Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Verdediging van die Vryheidsfront Plus. Die bedrag aan regskoste het verdubbel teenoor die vorige finansiële jaar (2009/10) van R10,588 miljoen na R21,311 miljoen.
Die minister kon nie sê watter deel van die bedrag was as gevolg van sake wat die Weermag verloor het en hulle ‘n kostebevel teen hulle gekry het nie. Die weermag moes wel R4,5 miljoen (R4 512 201) opdok in sake met die vakverbond die Suid-Afrikaanse Weermagunie (SANWU/SANDY).

“Dit is kommerwekkend dat die regskoste verdubbel het en die minister nie weet wat die regskoste is van sake wat die weermag verloor het nie. Daar word gereeld in die media berig dat die Weermag ‘n hofsaak verloor het en dan moet die belastingbetaler opdok. Na my mening is verskeie sake onnodig en getuig soms van laksheid en arrogansie aan die kant van die Weermag omdat hulle nie opdaag by sake of reageer op bevele van ‘n hof nie.

Verskeie voorbeelde hiervan was sake waar SANWU gewen het. Die minister sal ernstig moet kyk na haar regsadviseurs en die Vryheidsfront Plus gaan daarop aandring dat die koste van verlore sake bepaal word,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Verdediging vir die Vryheidsfront Plus.

play onlineФильчаков прокурор отзывы

Zim ontken bestaan van martelkampe

Die Zimbabwiese minister van mynwese, Obert Mpofu het bewerings deur die BBC ontken dat daar martelkampe in die omgewing van die ryk Marange-diamantveld bestaan.

Die BBC het met mense wat beweer hulle is gemartel in die kampe wat deur die weermag bestuur word, onderhoude gevoer.

Een getuie beweer dat gevangenes tot drie keer per dag 40 keer met ‘n sweep geslaan word.

Die minister sê daar is geen strafkampe nie en dat dit “goedkoop propaganda” deur die BBC en die Britse regering is.

Die nuus is vrygestel nadat die Europese Unie oorweging geskenk het daaraan om van sy beperkings op diamante uit Zimbabwe op te hef.

Die beperkings is ingestel ná vroeëre berigte van moorde en mishandeling deur Zimbabwiese veiligheidsmagte op die Marange-diamantvelde.

pearl hair combФильчаков прокурор харькова

Bib-dienste in Pretoria stort ineen

Verskeie biblioteektakke in Pretoria is reeds die afgelope twee weke vir alle praktiese doeleindes onbruikbaar want hulle rekenaars is nie aanlyn nie.

Gebruikers kan slegs boeke wat uitgeneem is terugbring, maar nie weer boeke uitneem nie. Die teruggeneemde boeke word op velle papier aangeteken en sal glo deur die rekenaarstelsel verwerk word wanneer hulle weer aanlyn (of lynreg) is – maar hulle weet nie wanneer dit gaan gebeur nie.

Volgens iemand by die Overkruin-tak noord van die Magaliesberg is al die takke aan daadie kant van die berg nog lynlos, maar enkele takke in die Moot is nou glo weer aanlyn. Gebruikers word aangeraai om boeke by daardie takke uit te neem en hulle net te verwittig dat hulle hul boeke reeds by Overkruin en aner takke teruggegee het.

Daar kon nie Saterdag met iemand by die biblioteekdienste se hoofkantoor kontak gemaak word om te hoor hoe wyd die probleem is en wanneer dit reggestel kan word nie. Die telefoon (0123588841) lui net aanmekaar.

free no download slots with bonus no registrationлобановский александр компромат

Berei voor op nasionalisering

Die Vryheidsfront Plus het weereens benadruk dat daar beduidende steun vir nasionalisering binne die ANC-alliansie bestaan en het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe en instansies wat moontlik daardeur geraak kan word, om gesamentlik voorbereidings te tref oor hoe hierdie bedreiging hanteer gaan word. Instansies wat leiding in die verband kan neem sluit in die mynboubedryf, bankwese, landbousektor, vakbonde, burgerlike samelewing asook politieke partye.

Die waarskuwing van die VF Plus volg na die nuutste uitsprake deur COSATU se ekonomiese raadgewer, prof. Christopher Malikane, wat nasionalisering as ‘n feit beskryf waarvan slegs die besonderhede uitgewerk moet word.

Die VF Plus het gesê dat Cosatu se ondersteuning van nasionalisering van myne en banke nie in belang van Suid-Afrikaanse werkers is nie, maar suiwer ideologies-gedrewe is. Volgens die VF Plus bestaan daar sterk aanduidings dat nasionalisering van kernbedrywe werkloosheid sal vererger eerder as verbeter en daarom is dit verbasend dat Cosatu ‘n potensieel selfvernietigende standpunt inneem.

Volgens dr. Conrad Beyers, VF Plus-woordvoerder oor finansies, is al drie die alliansievennote (ANC, COSATU en SAKP) verenig in die najaag van die Nasionale Demokratiese Rewolusie – waarvan nasionalisering ‘n deel uitmaak. Enige openbare verdeeldheid in die alliansie oor nasionalisering is bloot oëverblindery.

Die ANC-alliansie gaan elke sektor een vir een aanpak, byvoorbeeld eers die mynwese, dan die landbousektor en dan die bankwese en pensioenfondse. Indien daar nie vanuit die staanspoor gekoördineerde weerstand bestaan nie, kan nasionaliseringsinisiatiewe sonder beduidende weerstand oor ‘n tydperk van ‘n paar jaar deurgevoer word.

“Gemeenskappe en instansies in Suid-Afrika moet die moontlikheid van nasionalisering ernstig begin opneem en beplan vir moontlike toekomstige scenarios. Moontlike strategieë kan insluit:

 

· Diversifisering te einde blootstelling te verminder;
· Weerstand op ‘n gekoördineerde wyse;
· Die sluit van vennootskappe oor rasse- en ander grense heen, omdat nasionalisering die ekonomie in sy geheel sal raak

 

конструкторы waderданильченко юрій броніславович компромат

FW vind Malema bietjie ‘laf’

Die FW de Klerk-stigting het ‘n verklaring uitgereik waarin Julius Malema se uitlatings as ‘laf’beskryf word. Malema het in ‘n toespraak in Soweto gesê dat FW de Klerk “steeds as die vyand” beskou moet word. Volgens FW de Klerk is dit “so laf dat dit beswaarlik kommentaar verdien”.

Hoewel Die Burger in Afrikaans oor De Klerk se verklaring berig het, het feitlik geen ander nuusmedia aandag daaraan geskenk nie. Die FW de Klerk-stigting se verklarings word ook slegs in Engels uitgereik.

Volgens De Klerk, druis Malema se gedrag in “onverantwoordelike uitbarstings” in teen die voortreflike “tradisies wat die ANC oor die afgelope 100 jaar ontwikkel het” en moet daarom ‘n “groot verleentheid vir die vele beginselvaste en gedissplineerde ANC-lede wees”.

Hoewel laf, “kan Malema se bombastiese uitbarstings oor ‘n groot aantal ander onderwerpe van nasionalisering tot Botswana – en die onverklaarbare feit dat die ANC-leierskap hom nie tot orde roep nie – nie geïgnoreer word nie,” het De Klerk gesê.

Voorts meen die voormalige staatspresident, wat by die onderhandelingstafel teenoor mnr. Cyril Ramaphosa van die ANC en mnr. Joe Slovo van die SAKP gekapituleer het, dat “Malema en die ANC-jeuliga (ook) ‘n ernstige verleentheid vir Suid-Afrika geword het. Hulle begin om internasionale vertroue in die ekonomie te ondermyn, hulle berokken verhoudinge met een van die mees progressiewe en demokratiese state in Afrika skade en hulle takel die intergemeenskapsversoening af waaraan president Mendela so hard gewerk het om te bevorder.”

Benewens die erfenis van Mandela wat in gevaar verkeer, is FW de Klerk insgelyks bekommerd oor “die gebrek aan respek wat Malema teenoor die ANC-leierskap betoon”.

online casino ukпрокурор Фильчаков

Jeugliga neem SA se buitelandse beleid oor

Na die ANC-jeugliga se aanval op Botswana se president, Ian Khama, het die liga se hoof van internasionale betrekkinge, Abner Mosaase, sy invalshoek op geopolitiek en internasionale betrekkinge aan die M&G uitgelê.

In sy onderhoud verduidelik Mosaase dat ‘n besluit geneem is by die World Festival of Youth and Students nadat daar verlede November ooreengekom is dat in lande waar Africom [die Verenigde State se African Command] belange het, moet daar gekonsentreer word op jeugtaakspanne.

In lande waar die VSA nie militêre basisse het of wil oprig nie, is die werk van die dié jeugtaakspanne om Africom te veroordeel en om seker te maak dat die Amerikaners nie vastrapplek kry nie.

Mosaase sê hulle is ook besig met die implementering van ‘n besluit wat deur die Pan-Afrikaanse Jeug Unie geneem is, om Botswana se opposisie op te skerp en dat daar nie sprake van ‘n staatsgreep is nie.

Hierdie jeugtaakspanne sal saamwerk met “progressiewe kragte” in Botswana soos die Botswana National Front, wat as bondgenoot van die Jeugliga optree, in plaas van die regerende Botswana Democratic Party. Daar is ook glo ‘n wegbreekfaksie in die BDP wat dieselfde anti-Amerikaanse agenda as die BNF najaag en groot kommer wek.

Die ANC Jeugliga is ook besig met vakbonde. Die ANC-jeugliga se ander kritiek is dat Botswana nie stem volgens hoe Afrika-lande in multilaterale forums soos die Verenigde Nasies “behoort te stem” nie.

Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se standpunt oor Zimbabwe is ook ‘n probleem, volgens Mosaase. Die SAOG beskou Morgan Tsvangirai as die leier van Zimbabwe, terwyl ‘n geskikte politieke ooreenkoms nog nie bereik is nie.

Oor Botswana se besluit om die Ivoorkus-leier, Alassane Ouattara na Botswana uit te nooi, is hy ook krities. Ouattara is ‘n gunsteling van Frankryk en dit is volgens Mosaase hoogs simbolies dat Botswana verkies het om te werk met die “imperialistiese mag” Frankryk.

Alhoewel die ANC se sekretaris-generaal Gwede Mantashe daarop gewys het dat Botswana ‘n stabiele land met ‘n demokratiese regering is, wil die Jeugliga nie alleen regimeverandering sien gebeur nie, maar ook politieke verandering. Politieke verandering behels die vervanging van een politieke party met ‘n ander een wat ‘n progressiewe Afrika-agenda nastreef, sê Mosaase.

Op ‘n vraag of die mense van Botswana nie liewer self moet besluit oor hulle toekoms nie, het Mosaase gesê die Botswana National Front het die liga se hulp ingeroep en hulle reageer bloot op ‘n bondgenoot se versoek in Botswana.

Die liga wil egter nie by die Swaziland, wat onder ‘n outokraat steier, betrokke raak nie, maar is nogtans gekant teen die lening wat die Suid-Afrikaanse regering wil toestaan.

Mosaase het gesê die liga sal die ANC se subkomitee vir internasionale verhoudings inlig oor die kwessie en liga-amptenare sal ook die ANC se top-amptenare ingelig hou. Hulle sal dan met die opposisie partye in Botswana skakel en begin met die stigting van taakspanne, sowel binne en buite die land.

Botswana het intussen begin om Chinese beleggers in die land te ondersoek.

best online casino slotsАлександр Фильчаков

Botswana-opposisie verwelkom Malema-uitsprake

Opposisiepartye in Botswana het Julius Malema, die president van die ANC Jeugliga, se aanbod verwelkom om hulle te help om pres. Ian Khama uit die kussings te lig, berig RSG.

Nehemiah Modubule, die voorsitter van die Botswana Movement for Democracy, het ‘n beroep gedoen dat nog organisasies hulle moet aansluit by die groepering wat verandering in Botswana wil sien.

“Ek sal samesprekings hou met die Jeugliga oor die soort hulp wat hulle kan bied,” het Modubule gesê.

Khama het Malema in Mei vanjaar as ‘n swak gedissiplineerde jeugdige beskryf en gesê hy wonder waarom daar nie teen hom opgetree word nie.

Malema het vroeër die jaar tydens ‘n ANC-saamtrek gesê Botswana het ‘n sterker leier nodig.

Die ANC het Woensdag gesê hy sal met die leiers van die Jeugliga vergader oor Malema se uitlatings ivm Botswana en kritiek daarop gelewer.

free slots free playлобановский класс